Vaal Reefs moes Saterdag klou vir wat hy werd is om Rovers van Welkom sy eerste pak slae in twee en `n half jaar te gee.
Lees meerAlles vir Saterdag 28 Mei 2016
Heimlich (96) red vrou vir die eerste keer met sy eie tegniek
Die 96-jarige afgetrede chirurg, wat die Heimlich-maneuver ontwikkel het, het vir die eerste keer in sy lewe dié tegniek gebruik om ʼn 87-jarige vrou se lewe te red.
Publiek gewaarsku oor tronkposte-slenter
Zach Modise, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, het die publiek gewaarsku teen ʼn slenter oor beskikbare poste by die departement.
Lufthansa voeg Kaapstad-roete by
Die lugredery Lufthansa het Vrydag bevestig hy bied binnekort direkte vlugte tussen Frankfurt en Kaapstad.
Eskom tree proaktief op voor die winter
Eskom het sy naweekinstandhoudingsplanne gewysig om seker te maak die kragvoorsiener kan voldoen aan die groter aanvraag gedurende die winterseisoen.
SAIRR versoek Zuma om Onteieningswetsontwerp te wysig
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het ʼn beroep gedoen op pres. Jacob Zuma om nie die omstrede Onteieningswetsontwerp te onderteken nie, maar eerder na die Nasionale Vergadering terug te verwys.
Polisiebeampte in Tzaneen doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte is doodgeskiet toe hy reageer het op ʼn toneel in Dan-uitbreiding buite Tzaneen im Limpopo, waar ʼn rooftog aan die gang was.
Miljoene rand se dwelms by OR Tambo onderskep
Doeanebeamptes het Vrydagaand miljoene rand se kristalmetamfetamien by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.
WGO verwerp versoek om Olimpiese Spele uit te stel
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê daar is “geen regverdiging” om die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro uit te stel of te kanselleer oor die Zika-uitbreking nie.
Nog geen beslissing oor Mandela se Qunu-huis
Eksekuteurs van Nelson Mandela se boedel, het die oudpresident se huis in Qunu in die Oos-Kaap uitgelaat, aangesien sy voormalige vrou, Winnie Madikizela-Mandela, die eienaarskap van die eiendom in die hof betwis.
Brand by Noordwes-hoërskool
ʼn Hoërskool in Ledig buite Rustenburg in Noordwes, is Vrydag afgebrand.
Renosters gestroop: Rietvlei-natuurreservaat gesluit
Die stadsraad van Pretoria het bevestig die Rietvlei-natuurreservaat is tot verdere kennisgewing gesluit. Twee renosters, waaronder ʼn koei wat dragtig was, is Donderdag in dié reservaat gestroop.
Amcu-staking by Sibanye-myn is onwettig
Sibanye Platinum het bevestig lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Vrydag by sy Kroondal-myn in Rustenburg begin staak.
Maatskaplike toelaes: Bedrogsindikaat oopgevlek
Altesaam 14 persone is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogsindikaat wat binne die Sassa-toelaagstelsel bedrywig was.
Valse inligting op pamflette saai paniek
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê hy distansieer homself van pamflette wat valse boodskappe oor kinderhandel versprei.
Gedagte vir die dag: Hulle sal kinders van God genoem word
‘Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.’ (Matteus 5:9)