Die 23-jarige ma van ʼn drieling, Roman, Rocco en Rohan, het sopas uitgevind dat hulle identies is – die kans daarvoor is een uit elke 200 miljoen.
Lees meerAlles vir Dinsdag 31 Mei 2016
1 000 vlugtelinge het afgelope week verdwyn, verdrink
Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) reken meer as 1 000 persone het die afgelope week in die Middellandse See verdwyn of verdrink.
Groen lig vir SABMiller en AB InBev om saam te smelt
Die Mededingingskommissie het Dinsdag sy goedkeuring gegee aan die wêreld se grootste brouery, Anheuser-Busch InBev om SABMiller vir $100 miljard aan te skaf.
Laaste kans om jou kind in te skryf
Aansoeke vir die 2017 akademiese jaar by enige openbare skool in Gauteng sluit môre, 1 Junie 2016.
Munisipaliteit R423 miljoen kwyt weens stakings
Rustenburg in Noordwes het nog nie ten volle herstel ná ʼn uitgerekte staking in 2014 by platinummyne nie.
Uitdrukking: Jou moses teenkom
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “jou moses teenkom”
Luister: Hoe renosters deur lugbesoedeling in China geraak word
Lugbesoedeling in China het ‘n impak op renosters in Suid-Afrika en elders in die wêreld.
Twee in hof vir Limpopo-meisies se moord
Harry Sebola (31) en Herbert Serumula (24) het Dinsdag in die Mokerong-landdroshof in Mahwelereng verskyn, nadat twee vermiste vyfjarige meisies van Limpopo se naakte liggame oor die naweek aan ʼn boom gevind is.
Moedersdag-moord: Buurman kry borgtog
Jan Rheeders (31), wat aangekla word van die moord op sy buurvrou, Annatjie Kruger (89), van Orkney in Noordwes, is Maandag op borgtog vrygelaat.
Die wêreld in foto’s – 31 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Piekniek saam met Pieter Koen
Pieter Koen hou vanjaar op 31 Julie vir die derde keer sy jaarlikse piekniek, waar aanhangers saam met hom en ander bekendes, soos Refentse en Charlize Berg, kan kuier met musiek en heerlike kos vir oud en jonk.
[Video] Dagsorgskok: Ouers het gedink baba is baie gelukkig
Die ouers van die baba wat by ʼn dagsorgsentrum in Centurion so woes in sy wiegstoel geskud is dat sy kop op en af geruk het, het gesê hulle het gedink hul seun is baie gelukkig by die skool.
Sportliggame rig hul eie galg op
Sportliggame bestaan juis om in die belang van sport op te tree en moet magsvergryp balanseer. Hulle tree egter op soos lojale onderdane en voed so magsmisbruik.
Hofsketse: Dié kunsvorm lank nie dood nie
Vir Jaco is dit belangrik om eg te wees en so akkuraat moontlik te skets wat hy sien. “Daar is soveel emosie vasgevang in ʼn hof, veral as dit ʼn ernstige saak is.”
Plaaswerker vry ná moord op Limpopo-meisies
Die 42-jarige plaaswerker wat in hegtenis geneem is nadat twee vermiste vyfjarige meisies van Limpopo se naakte liggame aan ʼn boom gevind is, kan nie met hul moord verbind word nie.
[Foto’s] Jayvan sterk aan ná operasie
Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is, sterk mooi aan ná ’n baie geslaagde operasie.
Roodepoort-kaping: ‘Goeie nuus’ vir ma Marilize
“Ons Heer is groot en goed vir my.”
UP-taalbeleid: Sê jou sê
Die werkgroepe wat die Universiteit van Pretoria (UP) se taalbeleid ondersoek, het die naweek tydens ʼn bosberaad vorderingsverslae ter tafel gelê. Lede van die publiek het nog die week om voorleggings in te dien.
Hondekos toe dwelms
ʼn 46-jarige man is Maandagaand by ʼn hotel in Bedfordview, oos van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat hy betrap is met nagenoeg 7 000 Mandrax-tablette wat hy in verseëlde hondekossakke versteek het.
Roodepoort-eiendomsagent se liggaam gevind
ʼn Liggaam van ʼn vrou wat Dinsdagoggend in Randfontein gevind is, is dié van Hanle Lategan, die eiendomsagent van Roodepoort wat Maandagaand verdwyn het nadat sy ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys het.