ʼn Labrador wat oor die naweek in Strand in die Wes-Kaap vermis geraak het, is uit die see gered.
Lees meerAlles vir Maandag 13 Junie 2016
Sakeman skenk vloot voertuie aan ANC
ʼn Sakeman het Maandag 10 Ford Ranger-bakkies, vier minibusse en 20 iPad’s aan die ANC in Mpumalanga geskenk.
Microsoft koop LinkedIn vir reusebedrag
Microsoft het ingestem om die sosialemedia-diens vir beroepslui, LinkedIn, vir ʼn reusebedrag te koop, en dit in kontant.
Restauranteienaar vas oor kreef
ʼn Restauranteienaar van Glencairn in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kreef in haar besit gevind is en sy beamptes glo probeer omkoop het.
Polisiebeampte by vulstasie doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte van die Wes-Kaap is Maandagoggend tydens ʼn rooftog by ʼn vulstasie doodgeskiet.
SA man kan doodstraf opgelê word
ʼn Suid-Afrikaanse man is in Viëtnam in hegtenis geneem.
Stellenbosch-bylmoorde: Polisie bevestig, familie reageer
Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is op 27 Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch met ʼn byl vermoor.
Verdagte vas oor Stellenbosch-bylmoorde
ʼn 21-jarige man is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op die drie lede van die Van Breda-gesin wat in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch vermoor is.
Oscar Pistorius-saak: ‘Getuie is bevooroordeeld’
Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het Maandag die getuie wat deur Oscar Pistorius se regspan ingeroep is, as bevooroordeeld beskryf.
Moot-moord: ‘Waarskynlikheid bestaan dat res van gesin in gevaar is’
Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55), het Maandag emosieloos gestaan en luister toe landdros Kiru Pillay op die vierde dag van sy borgtogaansoek, wat op 6 Mei begin het, in die Pretoria-landdroshof haar uitspraak gelewer het.
360 grade-foto’s op Facebook
Met Facebook se nuwe 360 grade-foto’s gaan jy foto’s kan sien soos nog nooit vantevore nie.
KZN-liga: Rovers, Toti aan die wenkant
College Rovers en Amanzimtoti was Saterdag aan die wenkant in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga-Top5 om die Moorbeker.
Kwalata-grondbesetters vinnig gestuit
Vermeende grondbesetters wat Sondagaand glo probeer het om hul huise op private grond naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat op te rig, is blitsig deur die polisie verwyder en daar is op van hul boumateriaal beslag gelê.
Die wêreld in foto’s – 13 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Só lyk Elon Musk se planne vir Mars
Dit is die Suid-Afrikaans-gebore baas van Space X, Elon Musk, se ideaal om teen 2024 mense na Mars te stuur, maar dit is nie sy einddoel nie. Hy wil uiteindelik ook ’n selfonderhoudende stad op die Rooi Planeet vestig.
[Luister] Blou Hond se baas vind weer liefde
“Ek het my maat gevind en die tydsberekening was net perfek,” sê Philip Moolman, eienaar van die Blou Hond-teater.
Bejaarde in kattebak toegesluit tydens huisroof
Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 86-jarige vrou in haar huis in Reddersburg in die Vrystaat oorval is.
Só lyk die lesse van 1976 vir 2016
Almal moet vry wees om die taal van hulle keuse in onderwys te gebruik. Maar omdat die 1976-opstand op die oog af teen Afrikaans as onderrigtaal was, kan verwag word dat die gebeure steeds teen Afrikaans as onderrigtaal misbruik gaan word. Lees Flip Buys se rubriek.
Oscar Pistorius ‘het nie werklik berou’
Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het Maandag uitgevaar tydens kruisondervraging van die eerste getuie wat deur Oscar Pistorius se regspan ingeroep is.
Lid van provinsiale wetgewer vas oor winkeldiefstal
ʼn Vrou, glo ʼn lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, is in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om naellak en oorbelle uit ʼn bekende kettingwinkel in Kaapstad te steel.