Drie mense is Saterdag in twee afsonderlike ongelukke in Gauteng dood.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Junie 2016
Vrou in parkeergebied aangerand, beroof
ʼn Vrou in haar 50’s is Saterdag in ʼn kelderparkeerarea van ʼn gebou in Glenvista, Johannesburg, aangerand en beroof.
Brexit: Britte het dalk kopersberou
Die Business Insider sê dit wil voorkom of Britse kiesers dalk Brexit-kopersberou het nadat Brittanje Donderdag in ʼn referendum besluit het om die Europese Unie (EU) te verlaat.
Spioenasiebande: Zuma bestudeer hofuitspraak wat appèl weier
Pres. Jacob Zuma bestudeer tans die uitspraak van die hooggeregshof wat hom verlof tot appèl geweier het teen ʼn vorige hofbeslissing dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen hom oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was.
Gevierde digter sterf
Die Afrikaanse skrywer en digter prof. Adam Small is Saterdagoggend in ʼn ouderdom van 79 oorlede.
Kleuterskoolhoof se ope brief
Rassisme… Ons hoor dit daagliks, lees daarvan orals, maar die laaste twee dae het dit my gedagtes oorheers en my persoonlik geraak.
Oscar praat van die bloedige Valentynsdag in eerste TV-onderhoud
Oscar Pistorius het in sy heel eerste televisieonderhoud sedert hy op Valentynsdag in 2013 vir Reeva Steenkamp doodgeskiet het, huilend vertel dat hy haar bloed nog ruik en voel.
Taalbeleid: ‘Ystervuis tref Afrikaans’
Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Stellenbosch (US) se besluite vandeesweek insake hul taalbeleid tref Afrikaans met ʼn ystervuis en lui eintlik op korter termyn die doodsklok vir Afrikaans as taal van onderrig en navorsing by dié instellings.
R8 000 vergoeding oor k-woord
Bruce Allan (35) moet ʼn jong swart vrou R8 000 vergoeding betaal nadat hy haar verlede jaar in ʼn winkel in Pinelands in Kaapstad verneder, beledig en die k-woord toegesnou het.
Zuma verklaar vakansiedag
Pres. Jacob Zuma het die munisipale vierkiesingsdag, 3 Augustus, amptelik as ʼn openbare vakansiedag verklaar.
Sandveldliga: Welkom verras vir oulaas
Welkom het Donderdag vir oulaas vir `n groot verrassing in die Griffons se Sandveldliga gesorg.
Geen borgtog vir pastoor skuldig aan verkragting
Die pastoor wat die kerklike bediening Christ Healing Fountain in Mannenberg op die Kaapse Vlakte gestig het, is borgtog geweier nadat hy skuldig bevind is dat hy dieselfde vrou twee keer verkrag het.
Pretoria-onluste: 24 vas wat glo plunder
Minstens 24 mense is Vrydag in hegtenis nadat ʼn winkelsentrum vroeër vandeesweek tydens die Pretoria-onluste in die noorde van die stad geplunder is.
GLRU-liga: Pirates steek Pukke verby
Pirates het die NWU Pukke verbygsteek in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker.
SWD-liga: Evergreens se titel lyk veilig
Tensy `n verrassing in die uitspeelronde opduik, lyk die Suidwestelike Distrikte se kampioen en Goue Bekerspan, Evergreens van Pacaltsdorp, se titel veilig.
Gedagte vir die dag: Ons is nooit alleen nie
Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien. (Psalm 31:20)
Limpopoliga: Potties kan oorheersing stuit
Dit lyk of Potgietersrus op pad is om Pietersburg Noordelikes se oorheersing die afgelope klompie jare in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick- Senior Liga (BFSL) te stuit.