AfriForum Jeug het ʼn beurs- en studiefonds gestig ten bate van Afrikaans en studente wat in dié taal wil studeer.
Lees meerAlles vir Maandag 27 Junie 2016
Tsvangirai het kolonkanker
Morgan Tsvangirai, leier van die MDC, die opposisieparty in Zimbabwe, het Maandag bekend gemaak dat hy kolonkanker het.
AfriSake gereed om grondgrype in Brits stop te sit
Die sakewaghond AfriSake het Maandag sy regspan en partye van Brits ontmoet wie se eiendom die afgelope naweek onwettig beset is.
Vuwani-matrikulante probeer inhaal
Matrikulante in Vuwani in Limpopo het met programme begin om agterstallige werk in te haal nadat hulle vir byna nege weke lank skool gemis het weens gewelddadige betogings in die gebied.
Meesterbrein van ‘grootste bedrogsaak’ skuldig bevind
Die Nasionale Vervolgingsgesag het Maandag gesê hy verwelkom die skuldigbevinding van Johannes van Staden in een van die grootste bedrogsake ooit in die Wes-Kaap.
Wetsontwerp om vry, regverdige verkiesing te verseker
Die Demokratiese Alliansie sal binnekort ʼn wetsontwerp by die parlement indien wat vry en regverdige verkiesings vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal verseker.
Annatjie Myburgh-saak: Twee in hof
Die twee verdagtes wat aangekla word in verband met die verdwyning en dood van Annatjie Myburgh (58), het Maandag saam in die Witrivier-landdroshof verskyn.
Man op Pta-kleinhoewe vermoor; gesin vasgebind
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na vier mans wat ʼn 63-jarige man op sy kleinhoewe buite Pretoria vermoor het.
Helfte van jou Twitter-skakels dalk net vir die spoke
ʼn Onlangse studie deur Microsoft en die Universiteit van Colombia het bewys dat meer as helfte van die skakels wat op Twitter gedeel word, nooit geklik word nie.
Die wêreld in foto’s – 27 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vier dood, 11 beseer in taxi-ongeluk
Die N3-Noord is Maandagmiddag gesluit na ʼn gru-ongeluk waarin vier mense dood en elf ander beseer is.
Rusie lei glo tot Boksburg-skietdood
Die Gautengse polisie het bevestig ʼn man het glo Maandagoggend sy dogter by ʼn huis in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet, voordat hy selfmoord gepleeg het.
Hondgevegte-advertensie ʼn foefie
Die advertensie op ʼn sleepwa in Johannesburg, wat skynbaar hondgevegte adverteer en verskeie mense warm om die kraag gelaat het, was toe ʼn publisiteitsfoefie.
Soveel moet Zuma vir Nkandla opdok
Die Tesourie het Maandag bekend gemaak hoeveel pres. Jacob Zuma uit sy eie sak vir Nkandla moet betaal.
Krugersdorp-moorde: Broer en suster in hof
ʼn Broer en suster het Maandag saam met nog twee verdagtes in die Roodepoort-streekhof verskyn in verband met drie opspraakwekkende moorde in Krugersdorp aan die Wesrand.
[Resensie] Fliek: ‘Twee grade van moord’: Wat sou die liefde doen?
Enige gereelde Afrikaanse fliek- of teaterganger weet sommer as jy die name “Marius Weyers” en “Sandra Prinsloo” langs mekaar in ‘n produksie sien, kan jy maar moeite doen om dit te gaan kyk. ‘Twee grade van moord’ is nie ‘n uitsondering nie.
Luister: ʼn Huldeblyk aan Adam Small
Hierdie naweek was ʼn hartseer naweek. Toe dit bekendgemaak is dat Afrikaans nóg ʼn reus verloor het, het mense uit verskeie oorde hulle hartseer uitgepreek.
170 vas in Uitenhage
Die polisie in Uitenhage het die afgelope week meer as 170 verdagtes tydens operasies vasgetrek.
Advertensie lei tot ondersoek na hondgevegte
ʼn Advertensie op ʼn sleepwa wat skynbaar hondgevegte adverteer, word deur die Johannesburgse metropolisie (JMPD) en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ondersoek.
‘Groen Namibië’ terug met nog ʼn seisoen
Die tweede seisoen van die gewilde reeks, Groen Namibië, is van 6 Julie af weer op die kassie.