As jy dink jy het te veel kleinkinders en agterkleinkinders se verjaarsdae om te onthou, kan jy jouself net indink hoe Marie Frei voel!
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Julie 2016
Simonstad-rooikat suksesvol aangekeer wat pikkewyne jag
Die Stad Kaapstad het suksesvol ʼn rooikat aangekeer wat verantwoordelik was vir aanvalle op bedreigde Afrika-pikkewyne in Simonstad.
Denel ontken Gupta-invloed
Die staatsbeheerde verdedigingskonglomeraat Denel het Donderdag gerugte ontken dat die Gupta-familie hom oorgehaal het om ʼn R1 miljard-kontrak aan VR Laser in plaas van LMT Holdings toe te ken.
Namibië die eerste Afrika-land wat vleis aan VSA mag verkoop
Die Verenigde State van Amerika het die invoer van ontbeende vleis en ander beesvleisprodukte van Namibië goedgekeur, het die Amerikaanse ambassade in Windhoek aangekondig.
JSE oorweeg Oakbay-skorsing
Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) het Vrydag gesê hy het Oakbay Resources and Energy in kennis gestel dat hy oorweeg om die maatskappy se registrasie op te skort omdat die maatskappy versuim het om ʼn borg aan te stel om Sasfin Capital te vervang.
Geskorste SAUK-joernaliste wend hulle tot konstitusionele hof
Agt senior joernaliste wat by die SAUK geskors is, het Vrydag die konstitusionele hof genader sodat hul saak aangehoor kan word.
Hoekom sal skole-afrigters tyd op vaardighede waag?
Dit is seker so na aan amptelik as wat ʼn mens dit kry, dié beroep Donderdag van Oregan Hoskins dat Suid-Afrika se skole-afrigters hulle deel moet doen om die aanvalsvaardighede van Suid-Afrikaanse spelers te verbeter.
Die wêreld in foto’s – 15 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Foto’s] Skreeusnaakse foto’s ná sy alleen wittebrood hou
Toe Huma Mobin van Lahore, Pakistan, se man vir haar gesê het dat hy nie op hulle tweede wittebrood kan gaan nie, het sy nie laat dít haar afskrik nie.
Emmy-benoemings: ‘Game of Thrones’ kraai koning
Die reeks is al vir 106 Emmy-pryse benoem waarvan hulle 26 gewen het.
Klag laat vaar teen man wat ‘inbreker’ doodskiet
Die aanklag van moord teen die man wat Vrydag ʼn gewapende rower by sy huis in Pretoria doodgeskiet het, is laat vaar.
Nuuskommentaar: Impak van Solidariteit se DKD-saak wydlopend
Die regsimplikasies van Solidariteit se oorwinning in die konstitusionele hof oor die departement van korrektiewe dienste sal nou oor ʼn wye front en uit uiteenlopende hoeke deeglik ontleed word. Wat seker is, is dat dit ʼn rimpeleffek deur die staat sal hê.
[Foto’s] Hond kry blitsvinnig ʼn tuiste ná skattige fotosessie
Die San Francisco-dieresorgeenheid (SFACC) por diereliefhebbers gereeld aan om ʼn troeteldier by dié skuiling aan te neem, onder meer met behulp van skattige foto’s. Nou het een chihuahua se “vreemde” fotosessie die hartsnare behoorlik geroer!
Indië plant 50 miljoen bome in 24 uur
Meer as 800 000 mense van Uttar Pradesh in Indië het byna 50 miljoene bome in dié staat geplant – alles in die bestek van ʼn skamele 24 uur.
Nice-aanval: SA-gesin se noue ontkoming
ʼn Paar minute later en dan sou ʼn Suid-Afrikaanse gesin moontlik onder die slagoffers getel het van die dodelike aanval in Nice, Frankryk.
AWB-hoë, nog ʼn lid vas oor arsenaal wapens
ʼn Hoë in die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) in die Vaaldriehoek is saam met nog ʼn AWB-lid deur die Valke in hegtenis geneem nadat daar glo wapens en ammunisie in hul besit gevind is.
Broodknippies help honderde met rolstoele
Meer as 700 rolstoele is sedert die begin van die “Breadtags for Wheelchairs”-projek aan minderbevoorregtes regoor Suid-Afrika geskenk, waaronder 80 in 2016.
Seisoene in die son – Adam Barnard
Adam Barnard se Christelike album, Ruk my tot stilstand, het die groot treffer, “Hy is”, opgelewer en nou is hy terug met sy eerste sekulêre album, Seisoene in die son. Adam het die titelsnit geskryf en dit is reeds ʼn groot radiotreffer.
Hy moet op Facebook vir wittes jammer sê
“Die plasing diskrimineer teen en ondermyn die waardigheid van die klaer asook alle wit Suid-Afrikaners,”
[Video] Filantroop steek $100-note dwarsoor stad weg
ʼn Anonieme filantroop het die afgelope drie jaar al meer as $50 000 dwarsoor Salem in Oregon, Amerika, weggesteek.