ʼn Munisipale werker wat besig was met skoonmaakwerk ná swaar reën in ʼn straat in Durban, is Woensdagoggend dood toe ʼn vragmotor hom getref het.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 Julie 2016
[Video] Hersien ons werksure, vra junior dokters
Oorwerkte junior Suid-Afrikaanse dokters sê skofte van 30 uur stel nie net hulle lewens in gevaar nie maar ook dié van hulle pasiënte. Hulle doen nou ‘n dringende beroep dat werksure hersien word.
$125 miljoen om Botswana se diamantbedryf te versterk
Die Amerikaanse regering het ʼn lening van $125 miljoen toegestaan wat gebruik sal word om Botswana se plaaslike diamantslyp- en poleringsbedryf sal verstewig om meer werk te skep en die ekonomiese groei te bevorder.
AfriForum en Solidariteit kap KSA oor rassekwotas
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit het Krieket Suid-Afrika (KSA) se besluit om rassekwotas voortaan ook op nasionale krieketspanne van toepassing te maak, skerp gekritiseer.
OVK gereed vir rekord-verkiesing
Die nasionale uitslagbedryfsentrum van die OVK het Woensdag in Pretoria sy deure oopgemaak vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie om ʼn vry en regverdige verkiesing te verseker.
Oud-SAID-werker gevonnis vir bedrog en korrupsie
Engelbertus Petrus Meyer (55) is Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op drie aanklagte van bedrog en een van korrupsie.
SAUK gaan joernaliste weer aanstel
Die SAUK het Woensdagmiddag ʼn ommekeer gemaak en aangekondig dat hy sewe van die agt joernaliste wat vroeër afgedank is, weer gaan aanstel.
Staking in petroleumbedryf
Die Automobiel Assosiasie (AA) het motoriste aangeraai om seker te maak hulle het genoeg brandstof in hul motors, nadat die vakbond Ceppwawu aangekondig het sy lede in die petroleumsektor begin Donderdag staak.
Mercedes-Benz gaan voort met sy naamplaatjie-veranderings
Mercedes gaan die naamplaatjies vervang op sy SL-reeks.
Hof beslis Unisa-aansoek nie dringend
Die hooggeregshof in Pretoria het vandag besluit ʼn aansoek teen die implementering van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se nuwe taalbeleid, is nie ʼn dringende kwessie nie.
Jong seun red vrou uit vloedwater: ‘Ek is hom my lewe verskuldig’
“Ek het my venster ʼn entjie afgedraai en my hand uitgedruk en gewaai, net sodat mense kan sien daar is iemand in die motor. Ek het gedink ek gaan dood.”
US Taalbeleid: ‘Afrikaans gelyk met Engels’
Afrikaans bly ’n onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch, en studente kan steeds alle assesserings in Afrikaans voltooi, het ’n afvaardiging aan die US in ’n verklaring bevestig.
ANC-kandidaat naby PE doodgeskiet
Nceba Dywili, ʼn kandidaat vir die ANC in die komende munisipale verkiesing, is Dinsdagaand in die Zwide informele nedersetting, naby Port Elizabeth, doodgeskiet.
Die wêreld in foto’s – 27 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Skaars beeld van Never Die te koop
ʼn Skaars borsbeeld van die Oos-Londense slangbesweerder en natuurkundige, Never Die, is vandeesweek op Gumtree geadverteer en het opnuut belangstelling in dié besonderse randfiguur aangevuur.
SAUK-joernaliste toegang tot werkplek geweier
Drie van die vier joernaliste wat deur die SAUK afgedank is, het Woensdag by die SAUK se kantore in Auckland Park opgedaag, maar is toegang geweier.
Beseerde vrou lê twee dae in veld
ʼn Vrou van Limpopo moes twee nagte lank buite in die reën lê nadat sy haar enkel gebreek het terwyl sy in ʼn bergagtige gebied gras gesny het.
[Video] Toring verander besoedelde lug in diamante
Lugbesoedeling is dalk binnekort iets van die verlede danksy ʼn Nederlandse kunstenaar wat onlangs ʼn “stofsuier vir lugbesoedeling” ontwerp het wat vuil lug opsuig en die koolstof daarvan onttrek om diamante te vervaardig.
Luister: Gorillas ‘sing’ as hulle eet, wys navorsing
Die mens en gorillas deel nie net bykans 98% identiese genetika nie. Nuwe navorsing toon ook dat dié diere hul tevredenheid met maaltye uitdruk deur te neurie en selfs te sing wanneer hulle eet.
Gedig: Kindertuin
“jy het die taal in blom help bêre op my tong…” Zandra Bezuidenhout se gedig, “Kindertuin”