Ná Vrydag se eerste twee Curriebekerwedstryde wil dit ál lyk of Suid-Afrikaanse spanne besluit het om meer te hardloop. Die Sharks het dit met rukke uitstekend in Nelspruit gedoen en die Pumas 33-10 geklop.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 Augustus 2016
ANC nie ‘arrogant’, sê Ramaphosa
Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Vrydag gesê die persepsie dat die regerende party arrogant, selfgesentreerd en ʼn selfdienende politieke organisasie is, is onwaar.
Polisiebeamptes tronk toe na hulle skape steel
Twee polisiebeamptes van Mpumalanga is tot tronkstraf gevonnis nadat hulle meer as 50 skape gesteel het.
Bulle hardloop, klop die WP oortuigend
Ondanks ʼn lakse vertoning van die Blou Bulle na rustyd en die Westelike Provinsie wat na ʼn uur se spel effens reggeruk het, het die tuisspan die Curriebekerbotsing op Loftus maklik 45-26 gewen.
‘EFF het ANC nederig gemaak’
Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag gesê sy party het die ANC “nederig” gemaak in vanjaar se munisipale verkiesing.
[Verkiesing] Só lyk die finale uitslag in Mpumalanga
Die ANC het soos verwag weereens ʼn wegholoorwinning in Mpumalanga behaal, maar die party se steun het gedaal in vergelyking met die munisipale verkiesing in 2011.
Pumas-vaskopstut speel in 150ste wedstryd
Die Pumas se vaskopstut, De-Jay Terblanche, speel Vrydag in sy 150ste wedstryd in die bond se trui wanneer hy in in die Mbombelastadion, Nelspruit, in `n Curriebekerwedstryd teen die Sharks uitdraf.
Baba kritiek ná hy in swembad val
“Die ma het die seuntjie in die swembad gesien en onmiddellik uitgehaal.”
‘Tshwane is blou,’ sê Maimane
Met nagenoeg 20% van die munisipale stemme wat nog in die Tshwane-metro getel moet word, het Mmusi Maimane, die DA-leier, gesê sy party gaan die leisels van die hoofstad oorneem.
Tuks uit Carltonfinaal geskors; bekyk feite
Die Tukkies ondersoek die omstandighede wat tot die span se skorsing uit die eindstryd van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A gelei het, en sal ooreenkomstig die feite optree.
Skink vir jou kat, hond ook ʼn glasie wyn
Jy kan nou ook vir jou hond ʼn glasie, of eerder ʼn houertjie, wyn skink wanneer jy ʼn glasie saam met ʼn ete of tydens ʼn geselligheid geniet.
[Verkiesing] Só lyk die finale uitslag in die Vrystaat
“Die ANC moet bekommerd wees oor die afname in steun in die Vrystaat.”
Man spring uit bewegende trok toe polisie hom jaag
ʼn Gekaapte vragmotor het Donderdag in stilstaande motors by ʼn motorhandelaar in Rustenburg ingeploeg nadat ʼn man daaruit gespring het in ʼn poging om die polisie te ontduik.
DA grootste in Nelson Mandelabaai
Die DA is amptelik die grootste party in die Nelson Mandelabaai-metro ná Woensdag se munisipale verkiesing.
[Resep] Kersie-sillabub
Só moet ʼn mens mos die naweek begin, of hoe?
Een van SAUK-8 se hofaansoek geweier
Vuyo Mvoko, een van die sogenaamde SAUK-8, se aansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, is Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys.
Hollywood-sterre in Namibië vir nuwe fliek
“Namibië het ons met ope arms verwelkom. Dit is net te danke aan die harde werk van die Namibiese span en hul gasvryheid dat ons in staat is om die projek te voltooi.”
Vrou soek weldoeners op Facebook ná gru-ongeluk
“Die hele tyd wat ek in die hospitaal was, het ek na hierdie armband om my arm gekyk. Dit het my regtig hoop gegee dat ek ten volle sou herstel en my herinner aan hierdie twee vroue wat my daardie aand gered het.”
Akkedis ‘rock’ voort in trefferalbum
Hierdie Boland-rockers het geen bekendstelling in die Afrikaanse rockwêreld nodig nie. Met dié nuwe album bewys die groep weereens waarom Akkedis steeds een van Suid-Afrika se bestes bly. Die groep, wat gestig is in die destydse alternatiewe era, is steeds meer aktief as ooit.
Gratis inentings vir hondsdolheid in Boksburg
Die Ekurhuleni-metro het Vrydag gesê alle inwoners van Boksburg kan hul troeteldiere gratis teen hondsdolheid inent nadat gevalle van hondsdolheid in die gebied geïdentifiseer is.