Fikile Mbalula, minister van sport, het Dinsdag die Suid-Afrikaanse span van Rio de Janeiro terugverwelkom waar hulle aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Augustus 2016
R500 000 vir Kasrils ná Zuma-verkragtingbewering
Kebby Maphatsoe, adjunkminister van verdediging, het Dinsdag ingestem om R500 000 plus regskoste aan Ronnie Kasrils oor te betaal as ʼn skikking nadat Maphatsoe hom glo daarvan beskuldig het dat hy agter pres. Jacob Zuma se verkragtingsaak sit.
Mislukte transitorooftog: Verdagte was oud-polisieman
Een van die verdagtes wat Maandagaand doodgeskiet is in ʼn skietery tussen die polisie en ʼn transitorooftog-bende in Secunda, Mpumalanga, was ʼn polisiebeampte wat vroeër afgedank is nadat hy skuldig bevind is op aanklag van poging tot roof.
Wynlandgoed-moord: Verdagte sou homself oorgee
Jason Rohde (47) wat Dinsdag in verband met sy vrou, Susan (47), se moord in hegtenis geneem is, sou homself glo aan die polisie oorgegee het indien dit nodig was, maar 10 polisiebeamptes het op sy huis toegeslaan.
ANC is nuwe speaker, burgemeester in Ekurhuleni
Twee ANC-raadslede is Dinsdag as speaker en burgemeester van Ekurhuleni aangewys ná die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.
Studentepaar oorval: Verdagte vas vir verkragting, moord
ʼn Man (18) is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn studentepaartjie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), waartydens die man doodgeskiet en die vrou verkrag is.
Ma se verkoolde lyk in kar gekry
ʼn Vrou (35) van Pretoria, wie se verkoolde liggaam oor die naweek in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Krugersdorp aan die Wes-Rand gevind is, se kêrel het Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn.
[Foto’s] Groot bohaai toe sy ‘dwelms’ in dogter se kamer kry
Toe Lisa Banks, van Texas in die VSA, ʼn verdagte sak vol ‘dwelms’ in haar 16-jarige dogter se bedkassielaai gekry het, het sy gedoen wat enige ouer in só situasie sou doen: sy het haar dogter huis toe ontbied en haar voorberei op die loesing van haar lewe.
‘Mashaba moet nou vasstaan by beginsels’
“Aanstellings op grond van ras en politieke affiliasie moet einde kry, sodat die beste mense die inwoners met hul kennis en vaardighede kan dien.”
Vrou jok glo oor ontvoering; kêrel ook vas
Berdine Jordaan en die tienermeisie is by ‘n huis in Musina gevind waar hulle in ʼn kas weggekruip het.
‘n Luisterapparaat lieg mos nie
Die hele storie is waar, die Wallabies het presies geweet wat die All Blacks sou doen in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets in Sydney.
Jong Pretorianer sterf tydens heldedaad
Agtien dae nadat Reinhard Louw sy mondigwording gevier het, het hy met sy lewe geboet om dié van ʼn 63-jarige vrou, by wie hy die…
US‑satelliet gereed vir lansering vanuit Internasionale Ruimtestasie
ʼn Nanosatelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) en CubeSpace, ʼn inkubasie-maatskappy in die Nedbank Universiteit Stellenbosch Launchlab besigheidsinkubator, ontwikkel is, word in Januarie 2017 saam met 49 ander nanosatelliete vanuit die Internasionale Ruimtestasie (ISS) gelanseer.
Amerikaanse verkiesing in die pylvak
Amerikaanse verkiesings is meestal vol verrassings. Die volgende paar weke gaan gekenmerk word deur harde politiek, wisselende peilings, eksterne faktore wat kiesers se denke beïnvloed, maar bowenal deur kandidate wat goeie en slegte oomblikke gaan beleef.
Pendoring kry groot oes inskrywings
Dit is vanjaar die derde keer in Pendoring se 21-jarige bestaan dat meer as 400 reklameskeppers hul advertensie vir dié gesogte beeldjie ingeskryf het.
Vrou vas oor gesteelde voertuig by kompleks
ʼn Vrou is by ʼn meenthuiskompleks in Randfontein in hegtenis geneem nadat ʼn BMW X5 wat verlede week tydens ʼn rooftog gesteel is, in haar besit gevind is.
Depressie: Op pad na herstel
Ons, ek en Vader, het al ’n pad gestap. Hy lei my na genesing. Dit was en is ’n proses. Ek moes my verhouding met Hom anders begin sien; ek moes begin vergewe het. Elke dag vat ek sy Vaderhand en vertrou Hom dat Hy my sal lei na waters waar daar rus is.
Twee sterf in geweld by Inchanga
Die KwaZulu-Natalse polisie het Dinsdag gesê hulle kan nie bevestig dat die geweld wat sedert Sondag in Inchanga buite Durban woed, waarin twee mense reeds gesterf het, polities gemotiveerd is nie.
Die wêreld in foto’s – 23 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Motorwasser afgedank ná vrou sterf
“Dit is ʼn verskriklike tragedie wat gebeur het.”