Die Argentynse afrigter Daniel Hourcade het geen verandering aan sy beginspan vir Saterdag se tweede toets in die Rugbykampioenskap teen Suid-Afrika aangebring nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Augustus 2016
Heelwat op die spel in al vier wedstryde
Dit is ʼn naweek wat, anders as gewoonlik, in elk van die vier wedstryde in die Curriebekerreeks se Premierliga ʼn groot uitdaging aan ten minste een van die spanne bied.
Appèl kom teen Eskom-hofuitspraak
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gaan appèl aanteken teen ʼn hooggeregshofuitspraak dat Nersa ʼn vroeëre besluit moet hersien, waarin hy Eskom toegelaat het om elektrisiteitspryse met 9.4% vanaf 1 April te verhoog.
Solidariteit nader hof oor regskostes van SAUK8-saak
Die vakbond Solidariteit het vandag die hof versoek om die argument aan tehoor oor wie vir die koste van die hofsaak tussen die SAUK en die vier joernaliste wat in ʼn omstrede besluit van die uitsaaier afgedank is, aanspreeklik gehou moet word.
Vier vas oor ‘beplande renosterstropery’
Cassie Steyn, Gilbert Chalmers, Phillip Ndlovu en Fanaloti Lekhuleni het Donderdag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn.
Verdagte voertuig lei tot skokvonds in begraafplaas
Die polisie is omstreeks 10:00 na die begraafplaas ontbied, nadat lede van die publiek ʼn wit Nissan X-trail-voertuig gesien het wat vir ʼn lang tyd daar gestaan het.
Video: Marita van der Vyver gesels oor nuwe fliek
Die skrywer, Marita van der Vyver, is tans in Suid-Afrika vir die bemarking van die rolprent “Dis koue kos, skat “, wat op haar boek gebaseer is. Maroela Media het met Marita gesels by die Silwerskermfees in Kampsbaai.
Wynlandgoed-moord: Saak hervat môre
Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, het Donderdag aan die hof gesê hy is ongeveer R30 miljoen werd en kan dus enige borgtogbedrag bekostig wat die hof vasstel.
WP trek leenspelers nader na nóg verliese
Die Westelike Provinsie – en lees ook maar die Stormers – is besig om naarstiglik rond te skarrel om die jongste verlies van drie van hulle spelers, insluitende ʼn Springbok, te kompenseer.
SAID-beamptes swyg na ontmoeting met Valke
Intussen het die presidensie Donderdag in ʼn verklaring ook gereageer op die briewe wat die Valke aan Pravin Gordhan, minister van finansies en ander voormalige Said-beamptes gestuur het.
Video: Keer só dat staaldraad kinkels maak
As jy al in jou lewe met groot rolle staaldraad gewerk het, sal jy die krisis verstaan wanneer die draad kort-kort kinkels maak. ʼn Boer van Geysdorp in Noordwes, het nou die eenvoudigste manier bedink om dié penarie te verhoed en dit sal jou boonop nie ʼn sent kos nie.
Na 40 jaar steeds agter die rugby-mikrofoon
Op 31 Julie was dit presies 40 jaar sedert Hugh Bladen sy eerste tree as rugbykommentator gegee het en vandag, na 160 Springboktoetse, 27 Curriebeker-eindstryde, 20 ‘ander’ toetse en te veel Superrugbywedstryde om te tel, is hy steeds aan die gang.
Jayde Panayiotou-‘skieter’ se saak uitgestel
Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan op die moord van die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is siek en moet ʼn operasie ondergaan.
GB: haglike toestande stuit College Rovers nie
Haglike speeltoestande Saterdag in Durban kon nie verhoed nie dat College Rovers (Sharks) deurdring tot die laaste uitspeelronde om vir die internasionale Goue Bekerreeks in aanmerking te kom.
Thulsie-tweeling kan eers dan borgtog vra
Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die sogenaamde terreur-tweeling, is al amper twee maande in aanhouding en sal nou nog langer moet wag voordat hul borgtogaansoek kan voortgaan.
Luister: Hoe hanteer jy die moeilike dinge in jou verhouding?
Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare, gesels met Mia Slabbert oor elke mens se unieke fondasie waarop hy of sy alles in hul lewe bou.
Só werk verkeersboetes
Jaagduiwels met uitstaande boetes gaan binnekort aan die pen ry. Die stad Kaapstad het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dat ʼn toename in lasbriewe beplan word vir diegene wat nie in die hof verskyn oor boetes nie, selfs al is geen kennisgewing ontvang nie.
Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Wynlandgoed-moord: ‘My lewe is vernietig’
Die inhegtenisneming van Jason Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, was onregmatig en het sy lewe vernietig, het die Stellenbosch-landdroshof Donderdag gehoor.
Video: Kaapstad open park vir blindes
Kaapstad het Woensdag sy eerste park vir blindes in Bellville geopen. Dié park spog met ʼn unieke ontwerp en spesiale funksies, soos ʼn geurige tuin en ʼn stelsel wat klank eggo om blindes rond te lei.