Skitterende keerwerk het Old Georgians (Zimbabwe) Saterdag in staat gestel om geskiedenis in die oop klubs se reeks om die Goue Beker te maak.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 September 2016
GB: Northam vasbeslote om sterker te wedywer
Northam Platimum Rhinos (Limpopo Blou Bulle) is vasbeslote om strawwer teenstand in die res van die reeks om die Goue Beker te bied.
Sharks sal Lambie vir ‘maklike’ wedstryd kan kies
Die Sharks se ‘maklike’ wedstryd teen die OP Kings die naweek kon nie op ʼn beter tyd gekom het nie. Die groot aantal beserings kan die Durbaniete die nodige kans vir asemskep gee – en ook vir Pat Lambie die kans om geleidelik sy voete in wedstrydsituasies te vind.
Departement gereed vir matriek-eksamen
Die departement van basiese onderwys het Dinsdag bevestig hy is gereed vir die 2016 Graad 12 Nasionale Sertifikaat-eksamen.
Video: Zuma verdedig SAL se Myeni
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag sy vertroue in die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, bevestig en gesê die lugredery se probleme het al voor haar aanstelling begin en talle het al probeer, maar was onsuksesvol om dit op te los.
Vrystaat kies ʼn nuwe skakelpaar teen Leeus
Namibië se Wêreldbekerhaker Torsten van Jaarsveld sal die Vrystaat Cheetahs Donderdagaand in Bloemfontein teen die Goue Leeus aanvoer.
Kry die huis in orde, hou op om my te mishandel, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die gedrag van LP’s in die Nasionale Vergadering veroordeel en gesê hulle mishandel hom, en speaker Baleka Mbete versoek om iets daaromtrent te doen.
OVK maak datum bekend vir tussenverkiesings
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Dinsdag die datum bekend gemaak vir tussenverkiesings wat in verskeie provinsies sal plaasvind ná die plaaslikeregeringsverkiesing.
Kumba skuld dalk nog R1 miljard belasting vir Sishen
Kumba Iron Ore Limited het Dinsdag gesê hy het ʼn kennisgewing van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ontvang van ʼn moontlike bykomende belastingrekening van R1 miljard vir sy filiaal, Sishen Iron Ore Company (SIOC), waarvan hy 73,9% besit.
Homofobiese pastoor SA verbied
Die minister van binnelandse sake het Dinsdag aangekondig die omstrede Amerikaanse pastoor, Steven Anderson, word verbied om Suid-Afrika te besoek.
ToekomsVenster: Woord van wysheid vra hoe
Woorde van wysheid help ons om in lyn te kom met wat God vir ons/Sy gemeente beplan en verhinder dat ons vasgevang raak in gebeure en omstandighede.
Die wêreld in foto’s – 13 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Pta-reservoirs loop leeg, waterbeperkings ingestel
Die Tshwane-metro het Dinsdag ook waterbeperkings ingestel, terwyl reservoirs in die suide van die stad leeggeloop het.
Ackermann maak net twee veranderinge vir Vrystaat
Die Goue Leeus-afrigter Johan Ackermann het net twee veranderinge aangebring aan die beginspan wat die Westelike Provinsie geklop het vir Donderdag se wedstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein.
EFF bots met polisie buite raadsvergadering
ʼn Skermutseling tussen die polisie en lede van die EFF het Dinsdag tydens die tweede metroraadsvergadering in Johannesburg uitgebreek, toe betogers buite die gebou geld geëis het vir verkiesingswerk wat hulle glo vir die DA gedoen het.
Video: Sparrow betaal boete vir naamskending
Penny Sparrow, wat van naamskending aangekla is nadat sy op Facebook na swart strandgangers as ape verwys het, het skuldig gepleit en is beveel om ‘n boete van R5 000 te betaal, of ‘n jaar agter tralies deur te bring.
Studie wys dolfyne praat met mekaar
ʼn Onlangse studie deur die St. Petersburg Politegniese Universiteit in Rusland het vasgestel dolfyne ‘praat’ met mekaar deur middel van ʼn hoogs-ontwikkelde gesproke taal.
Voormalige senior staatsbeampte vas oor ‘tenderbedrog’
ʼn Voormalige hooggeplaaste regeringsbeampte is deur die Valke in hegtenis geneem in verband met tenderbedrog van miljoene rande.
SAUK8 bring hofaansoek oor ‘kultuur van vrees’ by SAUK
Volgens die sogenaamde SAUK-8 joernaliste ontvang sommige joernaliste anonieme dreigende boodskappe sedert hulle teruggekeer het werk toe en werk joernaliste in vrees dat hulle hul werk sal verloor as hulle die bestuur probeer teengaan.
Pa vas vir moord op baba
ʼn 21-jarige man van Port Elizabeth is in hegtenis geneem nadat hy glo sy babadogtertjie van vier maande aan die voete gegryp en haar lyfie op die grond geslaan het.