Die kommissie van ondersoek na universiteitsfooie is op die been gebring om ʼn langtermyn oplossing te vind, nie om die huidige onluste op universiteitskampusse te hanteer nie, het regter Jonathan Arthur Heher Woensdag gesê.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 September 2016
Unisa gaan vir eers voort met nuwe taalbeleid
Die Pretoriase hooggeregshof het vandag beslis die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) kan vir nou voortgaan met die implementering van sy 2017-taalbeleid, hangende ʼn hofaansoek deur AfriForum om die beleid ongrondwetlik te laat verklaar.
Trollip sê nee vir adjunk se luukse motor
Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro, het vandeesweek ʼn stokkie gesteek voor die koop van ʼn luukse nuwe Audi Q5 vir die adjunk-burgemeester wat deur die vorige administrasie aangevra is.
‘Tuks gee betogers die oormag’
AfriForum Jeug het Woensdag die Universiteit van Pretoria (UP) gekap oor hul besluit om die universiteit te sluit weens betogings oor studiefooie en gesê die besluit is ʼn verbreking van ʼn onderneming deur prof. Cheryl de la Rey, die UP-rektor.
Broer en suster vas oor ‘bedrog’
ʼn Broer en suster het Woensdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn nadat hulle glo die Stad Kaapstad uit R3 miljoen bedrieg het.
‘Rowers’ vasgetrek ná rooftog misluk
Vyf gewapende rowers is vasgetrek oomblikke nadat hul poging om ʼn juwelierswinkel by ʼn winkelsentrum in Kaapstad te beroof, misluk het.
ToekomsVenster: Die gawe van profesie
Here, ek is tot U beskikking. Heilige Gees as U my stem wil gebruik om Godgegewe profetiese woorde, wysheid en insig met iemand te deel, is U baie welkom.
Die wêreld in foto’s – 21 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Foto’s] Kawasaki Ninja H2 – Kunswerk met ʼn byt
Ek hou steeds nie van superfietse nie, maar as jy my vandag sê ek kan enige fiets weer toets, sal my antwoord dadelik die Kawasaki H2 wees, skryf Brian Cheyne.
Polisie, Wits-studente slaags in Jhb-strate
Betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en polisiebeamptes het Woensdagmiddag slaags geraak in die strate van Braamfontein en skokgranate en rubberkoeëls is afgevuur.
Ambulans ry drie dood
Drie voetgangers is dood nadat ʼn ambulans van ʼn private ambulansdiens hulle Woensdag in die Oos-Kaap raakgery het.
Twee met volop ervaring gekies vir Bok-groep
Twee ervare Springbokke wat nog nie deel van vanjaar se Rugbykampioenskap oorweeg kon word nie, is in die groep vir die laaste twee toetse teen die Wallabies en die All Blacks ingesluit.
Greenpower ZA wek belangstelling in talle vakgebiede
Die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine het vandeesweek aangekondig dié skool gaan deelneem aan Greenpower ZA se Forumle 24-projek. Dié inisiatief wil met ʼn reeks prettige kompetisies vir die jongspan die jeug in Suid-Afrika se belangstelling in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en wiskunde opnuut aanwakker.
Maskers word afgehaal, harte blootgelê in ‘Dop’
André Odendaal en Wilhelm van der Walt is van 28 September tot 23 Oktober in die nuwe Afrikaanse verhoogproduksie, Dop, te sien. Dié produksie, deur Retief Scholtz, maak sy teaterdebuut in die Studio-teater by Montecasino in Fourways.
Projek verskaf meer as net sanitêre produkte
Die terugvoer van skoolverteenwoordigers bevestig dat dié projek ʼn groot gaping vul en meisies se selfvertroue drasties verbeter.
OPVOLG: Hond oorleef panga-aanval
Die hond, wat Dinsdag tydens ʼn inbraak by ʼn huis in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp, moontlik ʼn panga, in die bors gesteek is, se lewe kon gered word.
Aardklop 2016: Taxiteater wil Potch se diversiteit wys
Die Taxiteater maak ʼn draai by drie uithangplekke in Potchefstroom, Ikageng en Promosa, waar feesgangers kans kry om saam met inwoners van dié gebiede te kuier en kos en drank te koop wat eie is aan die drie kuierplekke.
Tuks-studente moet Hatfield-kampus ontruim
Alle akademiese bedrywighede by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP), is Woensdag onbepaald opgeskort weens die studentebetogings wat al sedert Maandag op die kampus woed.
ʼn Droom het waar geword, sê Garsies-leerder oor Nasa ruimteskool
Divan Beukman, ʼn leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, het vandeesweek gesê hy is sprakeloos nadat sy droom om Nasa se ruimteskool in Houston, Texas, te besoek danksy weldoeners bewaarheid is.
Gedig: Gesig van die liefde
“gesig wat ek liefhet, die gesig van liefde…” skryf Ingrid Jonker in haar gedig.