Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ʼn man gevonnis vir die wrede verkragting en poging tot moord op ʼn 14-jarige meisie in Grabouw verlede jaar.
Lees meerAlles vir Woensdag 19 Oktober 2016
Guptas versoek Gordhan om hofaansoek terug te trek
In ʼn oënskynlike ommeswaai het die Gupta-familie Woensdag gesê dat hulle Pravin Gordhan, minister van finansies, versoek het om ʼn hofaansoek terug te trek, nadat hulle Dinsdag gesê het die familie is “verheug” oor die aansoek.
Bankbestuurder ontken sy het Jayde se bankbesonderhede gedeel
ʼn Sakebestuurder van Nedbank is Woensdag in die getuiebank tydens die Jayde Panayiotou-moordsaak daarvan beskuldig dat sy Jayde se vertroulike bankbesonderhede met haar man, Christopher, gedeel het die dag waarop Jayde vermis geraak het.
31 vas ná betogings by NMMU
Minstens 31 mense is Woensdag op die kampus van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat #FeesMustFall-betogers weer eens met polisiebeamptes gebots het.
Motoris maak gru-vonds langs grondpad
ʼn Motoris het Woensdagoggend ʼn gru-ontdekking langs die Wolkberg-grondpad in die Ga-Molepo gebied, sowat 50 km van Polokwane, gedoen.
OB weier dat DA staatskaping-verslag sien
Busisiwe Mkhwebane, die nuutaangestelde openbare beskermer (OB), het Dinsdag gesê sy sal nie haar voorganger se verslag oor bewerings van staatkaping aan die DA oorhandig nie, aangesien die saak voor die hof is.
ToekomsVenster: God bring gemoedsrus
Geloof in die beskerming en sorg van God bring gemoedsrus in die hart van die digter. Ongeag wat die lewe bring en inhou, God is en bly op die troon (Hy regeer) en staan nooit verleë voor die uitdagings waarmee ons gekonfronteer word nie.
Krejcir wil glo ooreenkoms aangaan
Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir is glo gereed om ʼn staatsgetuie te word en hooggeplaaste polisiebeamptes wat glo by sy kriminele ondernemings betrokke is te ontbloot.
Optog kan Pta-middestad môre tot stilstand bring
Die Tshwane-metropolisie het motoriste Woensdagmiddag gewaarsku oor ʼn moontlike optog Donderdag in die middestad wat verkeer erg kan ontwrig.
Ouers verpletter toe babaseun skielik sterf
Dit het té vinnig gebeur – só vinnig dat Coenie en Chantel Botha van Alberton steeds nie die gebeure kan verwerk nie. Drie maande gelede, ná die geboorte van hul jongste kind, was hulle die ouers van ʼn gesonde babaseun.
BRU: naelbyter-halfeind beloof vuurwarm finale
`n Handvol naelbyterstryde, gekenmerk deur aangrypende terugvegpogings, in die halfeindronde van die Bolandse Rugbyunie (BRU) se klubreekse laat ondersteuners die lippe aflek vir die vuurwarm mededinging wat die eindstryde beloof.
SA juig oor reën
Mense landwyd het gejuig toe die druppels Dinsdag begin val en vir ʼn wyle ʼn klein bietjie verligting van die droogte gebring het.
Howick-‘rower’ spoedig vasgetrek
ʼn 29-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die voorval Dinsdagoggend by ʼn gewilde toerisme-aantrekkingspunt naby die Howick-waterval in KwaZulu-Natal waar twee vroueparamedici van ER24 aangehou en beroof is.
Henri en sy meisie weer in hof
Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, het weer Woensdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag van dwelmbesit.
Adjunkhoof vermoor toe hy siek meisie huis toe neem
Dr. Anton Diedericks (57) is Dinsdagmiddag vermoor nadat hy ʼn siek leerling by haar huis gaan aflaai het.
Video: Lomp klant verwoes 4 TV’s binne 3 sekondes
ʼn Winkel wat elektroniese toestelle verkoop, het kringtelevisiebeeldmateriaal op sosiale media gedeel van ʼn lomp klant wat vier televisies, ter waarde van ongeveer R85 000, binne drie sekondes verwoes het.
Polisieman red veldwagters van ‘gewisse dood’
Twee veldwagters wat vermeende renosterstropers in die Groter Lebombo-bewaringsgebied in Mosambiek gevang en na hul basis vervoer het, het ernstige beserings opgedoen toe hulle deur ʼn groot groep plaaslike inwoners aangeval en erg aangerand is.
Pta-tiener brand erg in fratsongeluk
ʼn Tienerseun, van Akasia in die noorde van Pretoria, is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in ʼn hospitaal in Centurion, nadat hy Maandagmiddag erg in ʼn fratsongeluk gebrand het.
AfriForum en Paul O’Sullivan lê korrupsie bloot
AfriForum het vandag sy teenkorrupsie-eenheid in samewerking met Paul O’Sullivan, forensiese speurder en gesertifiseerde bedrogondersoeker, tydens ʼn mediakonferensie in Centurion bekend gestel.
Video: Zoid en Leon Schuster sing “Boetebessie Briek Dans”
Die tweede episode van die jongste Republiek van Zoid Afrika-reeks het Dinsdagaand vir gróót pret gesorg met gaste soos Leon Schuster en Nik Rabinowitz.