ʼn 32-jarige vrou van Wisconsin in die VSA gaan moontlik van wanordelike gedrag aangekla word nadat sy glo grondboontjiebotter op 30 voertuie by ʼn dorpsvergadering gesmeer het.
Lees meerAlles vir Sondag 23 Oktober 2016
Motorfietsryer sterf in bergpas
ʼn Motorfietsryer, in sy 30’s, is dood toe hy Sondag in ʼn bergpas buite Villiersdorp in die Wes-Kaap verongeluk het.
Hengeluitstappie eindig tragies
Twee mans is Sondag dood tydens ʼn hengeluitstappie by Virginia-strand in Durban.
Metropolisie keer rowers aan in Centurion
Twee verdagtes verskyn Maandag in die hof nadat metropolisiebeamptes van die Tshwane-metro hulle in Centurion in hegtenis geneem het in verband met ʼn sakeroof.
Kaapstad-inwoners kan hier vuurwerk skiet
Die Stad Kaapstad het 12 plekke goedgekeur waar vuurwerk vanjaar tydens Guy Fawkes en Diwali asook op Oujaarsaand afgevuur kan word.
Storm maak amok ná Radio Raps-konsert
“Toe kom daar ʼn wind so sterk soos Durban curry en blaas die tent weg!”
Dokters buite Tzaneen gekaap, kaal uitgetrek
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn bende wat glo twee mediese dokters, ʼn man en ʼn vrou, buite Tzaneen in Limpopo gekaap en beroof het voordat hulle later naak langs die pad afgelaai is.
Man, vrou, baba sterf in NW-botsing
Twee volwassenes en ʼn baba is Saterdag in ʼn botsing op die N4 in Noordwes dood en talle is beseer.
Twee vas vir dwelms in kattebak
Die Kaapstadse polisie het ʼn jong man en vrou in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van nagenoeg R900 000 in hul besit gevind is.
Piet Byleveld: Bewerings kring verder uit
Maroela Media het vroeër die maand eerste berig oor bewerings teen oudbrig. Piet Byleveld, wyd geag as een van Suid-Afrika se topspeurders, wat glo die geliefdes van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingedoen het.
Man se lyk in Kliprivier gekry
Die liggaam van ʼn man, vermoedelik 30 jaar oud, is Saterdag in die Kliprivier buite Meyerton in Gauteng gevind.
Pta-tiener wurg glo oupa; ouma vind ontbinde lyk
ʼn 18-jarige tiener van Pretoria is in hegtenis geneem en moet Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op sy oupa.
Gedagte vir die dag: Entoesiasme is aansteeklik
As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met ’n vrolike hart. (Romeine 12:8)