ʼn Suid-Afrikaanse gay egpaar het wêreldwyd nuus gemaak toe hulle ʼn drieling ryker geword het met behulp van ʼn surrogaat-ma.
Lees meerAlles vir Maandag 21 November 2016
‘Geen E.coli in Bloem se drinkwater’
Die departement van waterwese het Maandag gesê daar steek geen waarheid in die gerugte dat daar tekens van E.coli in Bloemfontein se drinkwater is nie.
‘Rassistiese’ generaal amptelik aangekla
“Bo en behalwe die onvanpaste opmerkings oor die geselekteerde groep personeellede se kleredrag en gewig, is die rassistiese uitsprake wat sy gemaak het selektief en onaanvaarbaar.”
Harties-bootramp: ‘Gemeenskap staan saam in tyd van nood’
“Op die Kosmos-oewer was lede van die publiek reeds besig om een van die drenkelinge se lewe te probeer red met mond-tot-mond-asemhaling.”
Video: Onderonsie met Faf gekritiseer
“Dit is die derde voorval waar ʼn verslaggewer aggressief ons spelers teister.”
[Foto’s] ‘Doom-profeet’ gekap; ondersoek begin
Sosiale media is behoorlik aan die gons nadat foto’s aan die lig gekom het van ʼn profeet wat sy gemeentelede met die insekdoder Doom spuit.
Huishulp vas ná moord op ma
Wilma van Tonder, ʼn ma van twee, is op 12 Oktober wreed vermoor in ʼn veiligheidskompleks in Scealesweg in Lonehill in Johannesburg.
ToekomsVenster: Hy verhoor smeekgebede
Die digter het dit meermale beleef. Sy ervaring is egter “die Here hoor, die Here luister”.
Bordeeleienaars tot 869 jaar tronkstraf gevonnis
“Mensehandel is een van die wêreld se skandelikste misdade. Wat hierdie meisies moes verduur was moeilik en pynlik.”
[Foto’s] ‘Liefde onbeskryflik’, sê akteurspaar oor eersteling
“Die eerste maand was bloed, sweet en trane. Ek is in awe van wat die menslike liggaam kan doen. Enigiemand wat al die wonderwerk van nuwe lewe eerstehands beleef het, kan nie anders as om in God te glo nie,” het die aktrise geskryf.
Oud-ANC-jeugligaleier slaan vrou met sambok dood
Patrick Wisani, ʼn voormalige ANC-jeugligaleier, is Maandag in die hooggeregshof in Randburg daaraan skuldig bevind dat hy sy vriendin verlede jaar met ʼn sambok doodgeslaan het.
Die wêreld in foto’s – 21 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Miljoene vir Marilyn Monroe se ‘Happy Birthday’-rok
Die rok wat Marilyn Monroe aangehad het toe sy “Happy Birthday” aan pres. John F Kennedy gesing het, is pas vir ʼn wêreldrekordbedrag op ʼn veiling in Los Angeles verkoop.
Video: Brandoorlewende Sean vertel hoe gebede hom red
“Ek onthou ek het daar in die bed gelê en gevoel ek kan nie meer nie, maar toe voel ek iemand vir my bid en toe voel ek weer hoe krag deur my liggaam kom.”
Spur wakker nostalgie aan in buiteland
Koeksisters, biltong, braaivleis… en natuurlik ook een van Suid-Afrika se gewildste kettingrestaurante, Spur, is van die goed waarna Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon die héél meeste verlang.
Lephalale-plaasaanval: ‘Grusaamheid moeilik om te verwerk’
“Vir Oupa Poem was daar nooit ʼn ander plek waar hy wou wees as die plaas nie. Hy was ʼn boer in murg en been en niks sou hom ooit kon wegskeur van die plaas af nie.”
Faf sal straks in die toets kan speel
Die stof rondom Faf du Plessis se beweerde balknoeiery en die herrie wat dit ontketen het, het nog lank nie gaan lê nie. Du Plessis…
Is die Bokke nog die beste span in Afrika?
Allister Coetzee se Springbokspan is die swakste Bokspan ooit. Ná Saterdag se skokneerlaag teen Italië (wat deur baie ondersteuners voorspel is), is daar geen salf meer aan hierdie Bokke te smeer nie.
Rommelkuns vertel stories
Van blink post-moderne winkelsentrums tot die besige strate van die Bo-Kaap, van die boomryke middelklas-woonbuurte tot verlate skeepsvrag-erwe laat hierdie karakters raakpunte met historiese trajekte herleef.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 20 November 2016
Georic Lomas se liedjie, “Bazaruto”, is die week se nommer 1.