Eskom het Vrydag gesê hy neem met spyt kennis van Standard & Poor’s se aankondiging om die maatskappy se langtermyn korporatiewe kredietgradering na rommel- oftewel nie-beleggingstatus af te gradeer.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 November 2016
[Video] Dís nou vir jou ʼn verkeersknoop!
Beeldmateriaal van ʼn verkeersknoop tydens Danksegging in Los Angeles, is reeds deur miljoene persone gekyk en word beskryf as moontlik die ergste verkneersknoop ooit in Kalifornië se geskiedenis.
[Foto’s] Matrieks skenk hul skoolskoene
Verskeie skole se matrieks het Vrydag hul skoolskoene ná hul eindeksamen, aan minderbevoorregte kinders geskenk.
Numsa verwerp Cosatu se steun vir Ramaphosa as ANC-president
Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het Vrydag die vakbondfederasie Cosatu se steun vir adjunkpres. Cyril Ramaphosa om die leisels van die regerende party oor te neem, verwerp.
Perlemoen van R6,5 miljoen op Caledon-plaas gevind
Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag beslag gelê op perlemoen ter waarde van ongeveer R6,5 miljoen tydens ʼn klopjag op ʼn plaas in Caledon in die Overberg-omgewing.
Proteas trek swaar in derde kriekettoets
Suid-Afrika het na ʼn goeie begin op die tweede dag van die derde kriekettoets in Adelaide swaargekry teen die Australiese kolwers en was ondanks drie laat paaltjies met die nuwe bal teen uitskeityd reeds 48 lopies agter met nog vier Australiese paaltjies in hulle eerste beurt staande.
SA regering by VN verkla oor gebrekkige droogtehulp
AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë en onbereidwilligheid om voldoende hulp aan droogtegeteisterde kommersiële boere in Suid-Afrika te verskaf, aan die groot klok gehang.
ToekomsVenster: God antwoord sonder voorwaarde
Toe die digter roep, antwoord God, sonder voorwaarde, sonder manipulasie of voorbehoud. Daar is ʼn aangrypende gedeelte in 2 Samuel 22. Lees dit gerus. God is ʼn toevlug in die nood.
‘The Brady Bunch’ se ma sterf
Florence Henderson, die aktrise wat Carol Brady, die altyd-vrolike ma in die televisiereeks “The Brady Bunch” gespeel het, is oorlede.
Ouers herinner aan sluitingsdatum
Die Gautengse departement van onderwys het in ʼn verklaring gesê hy wil ouers aan die sluitingsdatum vir laat aanlynaansoeke herinner.
Familie soek steeds antwoorde ná moord
Ané Jacobs se halfnaakte liggaam is op 1 November in ʼn veld naby ʼn sokkerklub in Alberton gevind nadat sy die Saterdagaand vermis geraak het.
Só ry die trein na die ATKV
Kort voor jy weer by jou bestemming afklim besef jy met ʼn effense skok: Die lewe het toe nie gaan stilstaan in tyd soos jy gedink het nie. En met die afklimslag vat jy jou reistas, maar ʼn stukkie van jou hart bly op die treinspoor agter.
Hoe duur is universiteitstudie werklik?
Dit is waar dat dit duurder geword het om te studeer. Gegewe die ekonomiese vooruitsigte van Suid-Afrika lyk dit onwaarskynlik dat die staat baie meer kan bydra tot hoër onderwys. Dit beteken dat klasgeld in die toekoms by openbare universiteite sal moet styg.
[Video] Troonslang steek kop uit in Pta-woonstel
ʼn Kobra van nagenoeg 2,3 m laat inwoners van ʼn woonstelblok in Pretoria twee keer in die toilet loer nadat dié gedierte Donderdag sy kop daar uitgesteek het.
Israel-brandstigters as ‘terroriste’ bestempel
Reusebrande in Israel het tot gevolg gehad dat nagenoeg 80 000 mense in Haifa, die land se derde grootste stad, versoek is om hul woonplekke te verlaat.
Loop lig hier vir kapings in Gauteng
Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke was daar van 1 April 2015 tot 31 Maart 2016 meer as 7 300 aangemelde kapings in Gauteng. ʼn Lys is intussen beskikbaar gemaak van sogenaamde hoërisiko-kapingsareas.
Video: Drama, intriges van ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax
Jy was vas oortuig dat hy die rooikop by hom op die plaas gaan laat aanbly, en toe kies hy die blondine. Nou staan daar ʼn week van naels kou tussen jou en Boer soek ʼn vrou, en wag is mos geen man se maat nie. Nou hóéf jy gelukkig ook nie meer te wag nie, aangesien jy die episodes in die jongste reeks sommer direk na mekaar kan kyk.
Panayiotou se gesprek met ‘middelman’ opgeneem
“Hulle het gesê ek moet Chris kry om te erken [hy was by sy vrou se moord betrokke], sodat daar ʼn rede is om hom in hegtenis te neem, omdat ek geld by hom gekry het.”
Pretoria-laerskool sluit deure vir Afrikaanse leerlinge
Met minder as twee weke voor die skole vir die Desembervakansie sluit, moet ouers van ʼn laerskool in die hoofstad dringend planne beraam om in 2017 Afrikaanse onderrig vir hul kinders te bekom.
Video: Padtoets: Mitsubishi Pajero Legend II SWB
Die motor-wêreld is opgedeel in ʼn paar verskillende genres. Een van dié genres is ʼn klein nismark: die regte, egte 4×4. Hierdie voertuie moet nie verwar word met moderne softroaders nie. Hulle skrik vir byna niks. Dís presies wat die Pajero is, skryf Brendon Staniforth.