Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig vyf nuwe voltydse kommissarisse is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aangestel.
Lees meerAlles vir Vrydag 2 Desember 2016
Student vas oor kamermaat se moord
ʼn Derdejaarstudent wat landbou aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer, is in hegtenis geneem in verband met sy kamermaat se dood.
[Foto’s] 1 dood, 3 beseer toe trok hulle tref
ʼn 23-jarige vrou is dood en drie persone beseer toe ʼn vragmotor Vrydagmiddag klante by ʼn supermark in Verulam, KwaZulu-Natal getref het.
Vrou sterf tydens gewapende huisroof
Lo-Anne Koekemoer (41) is Vrydagoggend dood toe vyf mans die gesin in hul huis in Glen Donald, Meyerton in Gauteng, oorval het.
Kaapstad waarsku weer oor damvlakke
Die stad Kaapstad het weer ʼn waarskuwing uitgereik oor damvlakke in die stad.
ToekomsVenster: Omvattende sorg en beskerming van die Here
Die ervaring van die beskerming wat die berge bied, is ʼn metafoor van die veiligheid wat die geloofsgemeenskap by God beleef. Die woorde “van alle kante” is betekenisvol. Dit is asof God se kinders die berge soos toevouende hande beleef, sagkens gedra deur ʼn ontfermende God.
F1-kampioen skok met aankondiging
Nico Rosberg, die 2016 Formule Een-wêreldkampioen, het Vrydag sy uittrede uit die sport aangekondig.
Doodskis-video: Twee hoor eers dán oor borgtog
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek is Vrydag in die Middelburg-landdroshof afgehandel.
Video: DZL verwelkom sonskyn met video
Wiaan Fourie, een van die DZL-duo, sê hul persoonlikhede kom deur in die musiekvideo en hulle wys dat hulle die lewe nie te ernstig opneem nie.
[Foto’s] Lekker verjaar, ‘Intiem’
Op 30 November het Intiem, die Afrikaanse huwelikstydskrif, sy tiende verjaardag gevier met ʼn Griekse tema-partytjie by Casa Toscana in Pretoria.
Taalontwikkeling: wanneer en wat?
My suster is ’n gr. R-onderwyseres en is van mening dat ons nie genoeg met ons twee maande oue baba “praat” nie.
Bekende Afrikaanse aktrise, aanbieder verloof
“Hy het my heeltemal onkant gevang met die vraag, maar ek het natuurlik dadelik die jawoord gegee. Ek weet elke vrou sê dit altyd wanneer haar droomman haar vra om te trou, maar ek is regtig die gelukkigste vrou in die wêreld vandag.”
Boer gedreig ná doodskis-video
Die hof het ook inligting oor die beskuldigdes se persoonlike omstandighede gehoor.
Sleutelverliese laat Durban Collegians struikel
Die verlies van vyf van sy uitblinkers ná die klub se puik sege in die KwaZulu-Natalse uitklopreeks om die Murraybeker het Durban Collegians se Goue Bekerveldtog erg gestrem.
Foto’s: ‘Jou Romeo’-première: ʼn Fliek vir die hele gesin
Hoe gemaak wanneer jy al maande droom om Romeo & Juliet op die planke te bring en dan skielik die nuus ontvang: Die skool se dramabegroting is gesny en sou jy wou voortgaan, lê die verantwoordelikheid by jou. Jy kry natuurlik die gewildste seun in die skool, die regte hartebreker en krieketheld om die hoofrol te vertolk.
[Resep] Kerskoekies
ʼn Blik vol van dié tradisionele Switserse speserykoekies is die ideale Kersgeskenk.
Nuwe skoonheidsalon vir die alternatiewe vrou (of man)
ʼn Nuwe skoonheidsalon het pas sy deure oopgemaak by Menlyn Maine in Pretoria. Tenfold fokus nie net op skoonheid nie, maar doen dit met ʼn natuurlike inslag.
Boervrou vertel van aanval, verkragting
Alison Oates (59) is op 4 Oktober 2015 op haar plaas buite Harrismith in die Vrystaat aangeval en verkrag. Sy het met Maroela Media haar storie gedeel om bewusmaking te skep midde die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.
Woord: filet
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “filet”
Bakterie eis drie pasgebore babas in hospitaal
“Ons hoor ook dat soos die getalle styg, die hoogs aansteeklike pasiënte na ander hospitale oorgeplaas word.”