Verskeie kanniedoodlede van Johannesburg Polisie gaan aanstaande jaar hand bysit om angel in die klub se spanne te sit.
Lees meerAlles vir Woensdag 7 Desember 2016
Marx die diamant in Teine se skitterblink jaar
Vir die veelsydige agterspeler Rudi Marx het sy klub se erkenning aan sy rol die kroon gespan op `n skitterblink seisoen waarin Randfontein die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagskild gewen het.
Groen lig vir polisiereserviste om te help
AgriSA het gesê hy doen ʼn beroep op alle kwalifiserende lede van die plaasgemeenskap om van dié geleentheid gebruik te maak en dit te oorweeg om by die naaste polisiestasie as ʼn reservis aan te sluit.
Wrak van vermiste Pakistanse vliegtuig gevind
Owerhede het bevestig die wrak van ʼn Pakistanse vliegtuig, wat Woensdag van die radar verdwyn het, is gevind.
Dodetal styg skerp ná aardbewing
Reddingswerkers deursoek nog die puin vir moontlike oorlewendes ná ʼn aardbewing Woensdagoggend in Aceh, Indonesië.
Kwarteeufees met swier bekend gestel
Dit beloof `n gedenkwaardige kwarteeufees te wees wat uit die staanspoor by `n swierige formele geleentheid bekend gestel word.
SAUK-voorsitter se gedrag is ‘walglik’, sê ANC
Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het Woensdag Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK se raad, veroordeel nadat hy uitgestap het tydens die parlementêre ondersoek oor die openbare uitsaaier se sake.
Nuwe burgemeester vir Krugersdorp
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag ʼn nuwe burgemeester aangestel vir Krugersdorp nadat Lynn Pannall verlede week weens gesondheidsredes bedank het.
Man verdrink by Llandudno
ʼn Man het Woensdag by Llandudno-strand naby Houtbaai in Kaapstad verdrink.
ToekomsVenster: Die verantwoordelikheid om ander te seën
Ag, ons moet mekaar baie meer seën. Daar gebeur iets wanneer mense in die naam van die Here geseën word.
WP-kampioen bedag op uitdagers in 2017
Die Westelike Provinsie se klubkampioen, Valsbaai, is bedag op `n klompie uitdagers wat in 2017 `n bedreiging vir hom kan bied.
PhD-projek pak indringer-wespes
Om veertig keer in vier jaar deur perdebye gesteek te word, is meer as wat die meeste mense kan verduur. Dit is egter wat Carolien van Zyl deurgemaak het om haar doktorsgraad in entomologie te behaal.
Vrou geskors ná ‘rassistiese’ Facebook-skrywe
Vanessa Hartley, die vrou van Houtbaai in die Wes-Kaap, wat opslae gemaak het toe sy glo rassistiese uitlatings op haar Facebook-blad gemaak het, is by haar werkplek geskors.
Vliegtuig met talle aan boord verdwyn
ʼn Vliegtuig, met minstens 40 passasiers en bemanningslede aan boord, het oor die noorde van Pakistan verdwyn.
Pta-man ná drama van ses uur gered
Die Pretoriase polisie het Maandag ure lank by ʼn gewapende 51-jarige man deurgebring wat gedreig het om selfmoord te pleeg.
Trump is ‘Time’ se Mens van die Jaar
Die nuutverkose president van die VSA, Donald Trump, is aangewys as die tydskrif Time se Mens van die Jaar vir 2016.
[Foto’s] Die ‘oorspronklike sportmotor’ op ʼn veiling verkoop
ʼn 102 jaar oue Vauxhall, wat beskou word as die wêreld se oorspronklike sportmotor, is vandeesweek op ʼn Bonhams-veiling in Londen verkoop.
Die wêreld in foto’s – 7 Desember 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Spring gou vir Kaapse Bobbies se rugbydag
Spanne wat vir die Kaapstadse Polisie-rugbyklub se gewilde rugbydag die komende seisoen wil inskryf, moet hulle haas, want daar is vir slegs 20 plek.
Gesin saam doodgeskiet
ʼn Egpaar van Noordwes en hul twee kinders, onderskeidelik drie en 22 jaar oud, is Dinsdagaand saam in hul huis doodgeskiet.