Die presidensie het Sondag gesê die regering is gereed om vergoeding aan die slagoffers van die geweld in Augustus 2012, by die Lonmin-platinummyn in Marikana naby Rustenburg in Noordwes, te betaal.
Lees meerAlles vir Sondag 11 Desember 2016
Sokkerbaas gee homself oor ná moord
ʼn Sakeman van Limpopo het homself Sondagmiddag by die Leboeng-polisiestasie, ongeveer 65km vanaf Burgersfort, oorgegee, nadat ʼn man gisteraand in Kgautswane in sy motor doodgeskiet is.
Zuma wil Nkandla-burgemeester wees
Pres. Jacob Zuma wil die burgemeester van Nkandla word wanneer hy uittree as president.
Drie sterf in vliegtuigongeluk
Drie mans is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Saterdag in ʼn krans tussen Ngodwana en Nelspruit vasgevlieg het.
Right2Know: ‘Hlaudi en Muthambi moet gaan’
“In die lig van wat met die SAUK8 gebeur het, is dit net ʼn bewys van hoe ver die mafia-taktieke in die SAUK ingesypel het onder Hlaudi Motsoeneng se mag.”
Ses vas vir moord op polisieman
Die Valke in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, het ses verdagtes vasgetrek in verband met die moord op ʼn polisiebeampte, wat Woensdagaand in sy huis doodgeskiet is.
Fossiel van geveerde dinosourus ontdek
Wetenskaplikes het Vrydag in Beijing aangekondig ʼn gedeelte van die stert van ʼn dinosourus, kompleet met bene en vere, is in ʼn ambersteen ontdek.
Man kritiek ná aanval op kleinhoewe
ʼn Man is in ‘n kritieke toestand nadat hy op ʼn kleinhoewe buite Vereeniging deur gewapende rowers oorval en twee keer geskiet is.
Vrou dood in huis aangetref
“Inwoners het bekommerd geraak toe hulle die vrou nie deur die dag buite haar huis gesien het soos gewoonlik nie. Een van die inwoners het uiteindelik deur haar venster geloer en die vrou se liggaam in die huis gesien.”
‘Wonderwerk’ toe staalpyp seun (10) deurboor
“Gideon het self later vertel hy het eers gedink die pen is net by sy broek en onder sy t-hemp in. Hy het ook nie dadelik besef die pen is deur sy lyf nie.”
Vyf ontsnap uit polisieselle
Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van vyf verdagtes wat Saterdagoggend uit die aanhoudingselle van die Acornhoek-polisiestasie ontsnap het.
Twee pastore vas oor verkragtings
Twee pastore, een van Kaapstad en die ander van Butterworth in die Oos-Kaap, is in hegtenis geneem in verband met twee voorvalle van verkragting.
Vyf dood, 21 beseer in N1-botsings
Vyf mense is dood en 21 beseer in twee verskillende botsings Saterdagaand op die N1-Noord.
Gedagte vir die dag: Jy mag die lewe geniet
Dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet … Dit kom ’n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk … Dit is ʼn gawe van God. So ’n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur … (Prediker 5:17b-19)