Louwrens Engelbrecht (23) het Dinsdag vir homself ’n aandeel in R1 miljoen verseker deur ’n vangskoot met een hand in die paviljoen tydens die T20-wedstryd tussen die Warriors en die Highveld Lions in Port Elizabeth.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 Desember 2016
Nuwe spinnekopspesie kry naam uit ‘Harry Potter’
Wetenskaplikes in Indië was so betower deur die ontdekking van ʼn nuwe spinnekopspesie dat hulle dié agtpotige gedierte ʼn naam uit die Harry Potter-reeks gegee het.
Vrystaat-boere geloof vir veediefstal-bekamping
Marius Henning, ʼn boer in die gebied, het gesê hy voel bemoedig deur die vordering wat tot dusver gemaak is.
Man gevonnis oor porno met jong seuns
Dylan Gouws (23) is Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth gevonnis.
‘AfriForum nie saam met McBride by braai nie’
Mokotedi beweer dat AfriForum en Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektortaat (Opod), onder meer saam “gebraai” en teen hom en andere saamgesweer het.
SAUK-joernaliste ontvang glo dreig-SMS’e
“You are warned, we don’t kill blacks but sit and watch the blood flow.”
ToekomsVenster: Beelddraers van God
Wanneer gaan ons ophou baklei? Wanneer sal die Kersvrede van ons besit neem?
Seun verdwyn spoorloos
Die Noord-Kaapse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help soek na ʼn 12-jarige seun wat verlede week spoorloos verdwyn het nadat hy saam met maats gespeel het.
Boek: Lugkasteel
En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende… Annelie Botes deel haar ervaring as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies.
Uitdagings hoop op vir pragmatiese Merkel
Soos sake nóú staan – let op die voorbehoud – sal Merkel Duitsland aanstaande jaar weer met haar interessante mengsel van beginselvastheid en pragmatisme lei, skryf Leopold Scholtz.
Inbraak lei tot noodlottige fratsongeluk
ʼn Inbraak by ʼn gewilde kettingwinkel in KwaZulu-Natal het tot ʼn fratsongeluk gelei waarin ʼn jong man dood en nog een beseer is.
Vier sterf tydens ‘kapingspoging’
Vier vermeende kapers, onder meer ʼn polisiekonstabel verbonde aan die Nigel-polisiestasie aan die Oos-Rand, is Woensdagoggend dood nadat hulle glo probeer het om ʼn motor tussen Tafelkop en Motetema in Limpopo te kaap.
[Resep] Hoenderrol
Die gereg smaak die lekkerste wanneer dit pas voorberei is, maar dit kan vir 24 uur verkoel word. Dit kan vir 30 dae gevries word.
Nuuskommentaar: Sassa siesa simptomatiese skuinsneuk
Die nuus dat Sassa inderdaad nie die spertyd gaan haal om aan ʼn opdrag van die konstitusionele hof beslag te gee nie, is bloot die jongste nuus wat daarop dui die regering is onbeholpe oor ʼn breë front en ploeter selfs ongrondwetlik voort. Die SAUK-onthullings help ook nie juis om negatiewe perspektiewe so kort voor Kersfees te verdryf nie.
Amerikaanse sterftesyfers toon nasie in krisis
Amerika is toenemend ’n land in krisis en sy mense ’n nasie sonder hoop. Die land se sterftesyfers vir 2015 bevestig hierdie krisis.
Fanie du Preez gevonnis
Fanie du Preez (40) is Woensdag in die rondgaande hof in Vereeniging gevonnis vir die moord op sy vrou, Thea (43) en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14).
Seksuele aanrandingsaak teen radio-aanbieder laat vaar
ʼn Saak van seksuele teistering, teen ʼn voormalige aanbieder van ʼn radiostasie in Port Elizabeth, is Dinsdag in die plaaslike landdroshof terugtrek.
Video: “Karoonag” kry nuwe lewe op Zoid Afrika
“As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld, en die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê; as die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes, en die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet…”
SAUK-voorsitter glo Hlaudi doen ‘uitmuntende werk’
Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, kon Dinsdag nie aan LP’s sê wie die SAUK besit of befonds nie, maar het volgehou hy glo Hlaudi Motsoeneng doen “uitmuntende werk” by die uitsaaier.
Video: Ouers ontstoke oor pastoor se Kersvader-uitlatings
Hy het in ʼn inkopiesentrum teen die kinders en ouers uitgevaar en ouers daarvan beskuldig dat hulle hul kinders verkeerd grootmaak deur vir hulle “leuens” te vertel. “Ouers, julle moet ophou om vir jul kinders te lieg deur te sê Kersvader bestaan wanneer hy nie bestaan nie.”