Dit was die vyfde opeenvolgende jaar dat Majestics die Noordwestestreek en die Boland se Gemeenskapskild gewen het, maar gewis een van die moeilikste en uitdagendste om die spelers gemotiveerd te hou.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Desember 2016
Tienerseuns se heldedaad red Jhb-vrou
Twee plaaslike tienerseuns van Port Alfred in die Oos-Kaap het Woensdag tot die redding van ʼn 40-jarige vrou van Johannesburg gekom toe hulle haar van verdrinking gered het.
Bejaarde vrou sterf in perdryongeluk
ʼn Vrou is Donderdagoggend dood toe sy vermoedelik van ʼn perd afgeval het in Shongweni buite Durban.
Beampte, hond trek twee vas ná inbrake
ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie en ʼn patrolliehond het Woensdag in die vroeë oggendure as ʼn gedugte span saamgewerk om twee vermeende inbrekers vas te trek.
‘Lughawerowers’ slaan toe op Pta-gesin
ʼn Gesin is Woensdagaand in Capital Park in Pretoria deur sogenaamde lughawerowers geteiken. Dié rowers agtervolg hul slagoffers van ʼn lughawe en slaan dan by hul eindbestemming op hulle toe.
Trompopbotsing in Vrystaat eis lewe van 3
Drie mense is dood en 21 beseer toe twee minibustaxi’s Donderdag reg van voor in die Vrystaat gebots het.
ToekomsVenster: Ontvang God se Kersgeskenk dankbaar en in geloof
Het jy die geskenk al geneem, “oopgemaak” en in verwondering by die kruis gestaan?
11-jarige se terapiesessies baie gewild
ʼn 11-jarige bied al die afgelope nege weke lank, elke Sondag, terapiesessies vir New Yorkers wat graag sy raad wil hoor.
‘Die rand kan maar val’, sê ANC-jeugligaleier
“Ons voel die heeltyd bedreig deur rommelstatus. As die rand moet val, dan moet dit val. Wanneer dit weer versterk, moet dit ons wees wat in beheer is.”
Verdagte in boud gewond ná rooftog op Pta-kleinhoewe
ʼn 33-jarige verdagte is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat hy glo met ʼn haelgeweer in die agterstewe geskiet is ná ʼn huisroof op ʼn kleinhoewe buite Pretoria.
SA hotelle is goud werd
Conde Nast Traveler stel jaarliks sy goue lys van top-hotelle bekend en vanjaar se lys strek oor ses vastelande en sluit 46 stede, van Marrakesh tot New Orleans, in.
Moordbeskuldigde boer hoor oor borgtog
Josef van Eeden is aanvanklik in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn man wat hy van veediefstal verdink het, doodgeskiet het. Hy is in Oktober weer in hegtenis geneem omdat hy na bewering ʼn 60-jarige man met opset op ʼn plaas naby Bethlehem raakgery het.
Goeie nuus: Brandoorlewende Sean kry ‘vyfdag-pas’
Die brandoorlewende Sean Smith se dokters het vir hom ʼn “vyfdag-pas” gegee sodat hy sy komende 17de verjaardag en Kersfees by sy ouerhuis in Pretoria kan deurbring.
Familie veg terug teen plaasaanvallers
“Ek dink nie die aanvallers het verwag dat die slagoffers hulle só sou teësit nie.”
Lise Brink ‘ernstig maar stabiel’ ná amputasie, ondersteuningsgroep gestig
“Ons, en veral Danie, wil vir almal bedank vir hul ondersteuning en gebede. Daar lê egter nog ʼn lang pad van genesing voor, so moet asseblief nie ophou bid nie.”
Nege Vrystaatse munisipaliteite se krag gesny
Eskom het Donderdag inwoners van nege Vrystaatse munisipaliteite ingelig dat hul krag van 5 Januarie af twee keer per dag weens wanbetaling onderbreek gaan word.
Ongehoorsaam skryfreëls
Dié 24 Afrikaanse taalreëls laat selfs veterane struikel. Kyk na die misbruik – en hou koers!
Survivor Wittebrood – Deel 2
Ek dink ek het weer gehuil. Manlief belowe net daar om ons eersgeborene na die Ierse dokter te vernoem, skryf Marianne Styan.
Publiek oor feestyd-slenters gewaarsku
Die owerhede het waarskuwings aan die publiek uitgereik oor verskeie slenters wat nou weer die ronde doen en poog om niksvermoedende mense te mislei om persoonlike inligting te verskaf of onregmatige betalings te maak.
Rassie op Ben Smith se spoor
As Rassie Erasmus eers op jou spoor is, laat hy nie los nie.