Los die skolebekers in die kas, en hervorm Suid-Afrika se rugbystelsel ingrypend van heel onder tot heel bo, glo een van die land se suksesvolste o.19-afrigters.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 Januarie 2017
Weerlig slaan drie dood
Weerlig het drie mense, waaronder twee kinders, in die Vrystaat doodgeslaan.
Storm storm voort, maar Rory en twee van SA op sy hakke
Die Engelsman, Graeme Storm, het Vrydag die Glendowerbaan in die tweede ronde aan die brand gespeel en met 63, gelyk aan die baanrekord, die voortou geneem met ʼn telling van 132. Dit is 12 houe beter as syfer.
Jong man sterf in motorfietsongeluk
“Paramedici het die jong man in ʼn kritieke toestand gevind en lank gespook om hom te probeer bybring voordat hy op die toneel dood verklaar is.”
Minister waarsku amptenare na kru taal-inskrywing
“Dit is deel van die spel. Maar moenie k*k praat oor haar nie.”
Sri Lanka in knyp ná SA kolwers sukkel
Suid-Afrika se kolwers het Donderdag se goeie kolfwerk, van Hashim Amla en JP Duminy, grootliks ongedaan gemaak toe die Proteas op die tweede dag van die derde kriekettoets teen Sri Lanka, sewe paaltjies vir 88 lopies verloor het.
Man in hof na polisieman se lyk in veld gevind is
ʼn 28-jarige man het in die Kimberley-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n polisiebeampte.
Seun kritiek na ongeluk op skaatsplank
“Volgens ooggetuies het die seun op sy skaatsplank gery toe hy deur ʼn motor raakgery is.”
Kunsuitstalling wat wit mense beledig ‘skok’
“Uit die kunstenaar, Dean Hutton, se eie vertelling by die kunswerk, beskryf sy wittes sonder uitsondering as rassiste.”
ToekomsVenster: Dis nie hoe kinders van die Here praat nie
Het jy al onder iemand se venynige tong deurgeloop. Dan sal jy weet waarvan die digter praat. Nog belangriker, het mense al onder jou venynige tong deurgeloop?
[Video] Só groot is Noord-Kaap sinkgat nou
Die reuse sinkgat, langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap, het nou tot teenaan die pad ingeval en begin om die grond onder die teer uit te kalwe.
Padblokkade-skietery: Beampte hoor oor borgtog
Die verkeersbeampte, wat daarvan beskuldig word dat hy verlede Vrydagoggend ʼn motoris by ʼn padblokkade in Pretoria doodgeskiet het, het Vrydag weer in die hof verskyn, waar uitspraak oor sy borgtogaansoek gelewer is.
SAUK: ‘Zuma beskerm nie vir Hlaudi’
“Hlaudi is in 1995 by die SAUK aangestel. Hlaudi was ʼn straatkind sonder ouers en sonder ʼn huis. Hy het tot op matriekvlak gevorder, maar hy kon dit nie klaarmaak nie. Ons het hom gevat omdat hy vaardighede het en hom deel gemaak van die SAUK.”
[Video] R31 nog oop ná reusesinkgat inval
Die Noord-Kaapse departement van openbare werke en paaie het gesê ingenieurs is op die toneel waar ʼn reusesinkgat langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman ingeval het, maar die pad is nog nie amptelik gesluit nie.
Gewilde akteur “verlief, verlig, opgewonde” oor nuwe pienkvoet
“Ons wil hê dat ons seuntjie, net soos sy sussie, weet dat daar vir hom geen beperking in die lewe is nie – geen hoogte wat hy nie kan bereik nie.”
Die 8 Januarie-verklaring maak voorbrand vir ʼn vrouepresident
President Jacob Zuma se 8 Januarie-verklaring, tydens die ANC se 105de verjaardagvieringe, het baie kritiek ontlok. Opposisiepartye sê dit was ʼn blote herhaling van vorige verklarings en bevat niks nuuts nie.
Die APA: Geesteswetenskappe in klassieke styl
Watter loopbane kan my kind volg ná ’n BA-graad by die APA?
Verhore oor ‘eksamenkullery’ begin
Die departement van basiese onderwys het Donderdag bevestig dat die dissiplinêre verhore van leerders van die High Quality Independent High School in Limpopo, wat daarvan verdink word dat hulle tydens verlede jaar se matriekeindeksamen oneerlik was, begin het.
Nuuskommentaar: SA nie uniek met klowe wat groei
Die publisiteit wat ’n verslag oor die Kovsiegeweld wat Kovsies nié uitgereik het nie, nou kry, beklemtoon dat rassespanning in die land minstens persepsiegewys aan die toeneem is. Maar Suid-Afrika staan nie alleen nie – ook ander lande spook daarmee en soek na oplossings.
Vermiste pa en dogter (6) veilig ná 27 dae op see
Alan Langdon was sedert Desember baie in die nuus nadat sy eksvrou, Ariane Wyler, vermoed het dat hy met hul sesjarige dogter weggeloop het en ʼn soektog na die twee van stapel gestuur is.