Roubeklaers is vroeër die week tydens ʼn begrafnis van hul selfone, klere en kontant beroof.
Lees meerAlles vir Woensdag 18 Januarie 2017
Reuseskikking vir SAPD-lid ná regstellende aksie
“Ten spyte van die feit dat mnr. Van Heerden die beste en voorkeurkandidaat vir die geadverteerde pos was, is daar steeds teen hom gediskrimineer bloot oor sy ras, wat deur die Grondwet verbied word.”
Man sterf na ontsnapte leeu hom aanval
“Die afgelope paar dae was maar moeilik en die tragedie het ʼn leemte in ons harte gelaat.”
AfriForum begin strafregtelike klagte oor rassisme, haatspraak indien
“Onder die aanhitsers is verteenwoordigers van politieke partye, regeringsamptenare, gemeenskapsleiers, akademici en politieke kommentators.”
Verkragtings-, moordaanklag teruggetrek in Franziska-saak
Franziska se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie teruggekeer het nie.
SAUK verontwaardig oor uitlek van ‘voorlopige verslag’
Die dokument is Dinsdagnag uitgelek en daarin word onder meer aanbeveel dat ʼn nuwe tydelike raad onmiddellik ʼn ondersoek van stapel stuur na onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes van meer as R5,1 miljard by die SAUK oor die afgelope paar jaar.
ToekomsVenster: Was jy al hier?
Soek vandag nog hulp. Daar is mense wat kan help. Maak daarvan gebruik.
[Video] ‘Vaalrivier-monster’ uitgevis
ʼn Oënskynlike “moordvis” wat Maandag in die Vaalrivier opgemerk en deur ooggetuies as ʼn “vreemde watergedierte” of “reuse-krokodil” geïdentifiseer is, het groot opslae gemaak.
Tegniese kolleges gou tot stilstand gedwing
“Hulle werklose ouers en grootouers moet jaarliks lenings maak om vir hulle studies te betaal terwyl ander studente hulleself al tot prostitusie gewend het om vir hulle verblyf en vervoer te betaal.”
‘7de Laan’-tydgleuf bly; talle ander nie
7de Laan-kykers was woedend na dié sepie aanvanklik Woensdag ‘n nuwe tydgleuf vir die program op sosiale media aangekondig het.
Mark Scott-Crossley in hegtenis geneem
Mark Scott-Crossley, die man wat deur die Limpopo-polisie gesoek is nadat hy glo verlede maand ʼn man omgery het, is Woensdagmiddag in Pretoria in hegtenis geneem.
Steve sê Trump-besoek sal ‘voorreg’ wees
Steve Hofmeyr het Woensdag gesê hy het homself beskikbaar gestel om die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, te besoek met die oog daarop om sanksies teen die Suid-Afrikaanse regering in te stel.
Kaapse brande: Lugmag ingespan, brande dalk opsetlik
Die Suid-Afrikaanse Lugmag word ingespan om brandbestryders, wat tot die uiterste gerek is om minstens 19 veldbrande oor die Wes-Kaap heen te bestry, by te staan.
Ma geskikte skenker maar kort hulp
“Haar nier werk glad nie meer nie. Sy verswak en sy is baie moeg. Sy het vir my gesê sy wens Liewe Jesus wil haar kom vat. Ek het verlede week so gehuil.”
Ses van die een, ʼn halfdosyn van die ander
Wanneer die son nie skyn nie, reën dit
[Video] Motor wat in Nelspruit uitbrand nie ʼn Kuga nie
Die motor wat vanoggend voor die Nelspruit Mediclinc uitgebrand het, is blykbaar nie ʼn Ford Kuga nie.
Leisels oorgee
Dit sal ʼn groot toets vir die ANC wees sou hulle in die 2019 algemene verkiesing minder as 50% van die steun geniet. Sal hulle bereid wees om afstand te doen van die mag of gaan hulle soos Jammeh in Gambië daaraan klou?
[Foto’s] Bruid kies eensame bejaardes as strooimeisies
Vir Doriana Miclea van Roemenië, was haar troudag een van die beste dae van haar lewe. Nie net omdat sy met die liefde van haar lewe, Eugen, getrou het nie, maar ook omdat vier van haar goeie vriende dié spesiale dag saam met haar kon vier.
’n Geelgroen jaar
Die kleur simboliseer vernuwing.
Stappe om Klapperkop te beveilig
Die inwonersvereniging, Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat, het Woensdag stappe aangekondig om die reservaat te beveilig.