Duisende werknemers in die pluimveebedryf gaan ‘n onseker toekoms tegemoet met werkgewers wat toenemend sukkel om kop bo water te hou.
Lees meerAlles vir Maandag 23 Januarie 2017
Honderde donkies glo lewend geslag
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag gesê ʼn ondersoek na vermiste donkies in die Olifantshoek-gebied in die Noord-Kaap het gelei tot die ontdekking van ʼn perseel waar donkies glo op grusame wyse met hamers doodgeslaan of lewend geslag is.
Damvlakke in Wes-Kaap ‘uiters kommerwekkend’
Die minister het gesê ondanks die harde werk wat gedoen word om waterverbruik te beperk, bly die gebruik van water hoog en is damvlakke besig om vinnig te val.
Williams-susters weer op pad na eindstryd teen mekaar
Die derde gekeurde Milos Raonic het Maandag deurgedring na die mans-kwarteindronde van die Australiese Ope-tennistoernooi deur Roberto Bautista Agut (13) in vier stelle te klop. Intussen lyk dit of die twee Williams-susters mekaar dalk weer in die eindstryd kan pak.
Man dood, 2 beseer ná motor ‘om boom vou’
ʼn Man is dood en twee ander mense beseer toe ʼn motor Maandagmiddag teen ʼn boom in Mondeor in die suide van Johannesburg gebots het.
Nuwe OB ‘was ʼn fout’
“Suid-Afrika, ons is spyt ons het haar ondersteun. Sy is ʼn Gupta-marionet reg uit die Guptas se kombuis. Eens ʼn spioen, altyd ʼn spioen.”
Wag sterf, vier gewond in ‘haelstorm van koeëls’
ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet en vier ander mense ernstig gewond tydens ʼn transito-rooftog Maandagmiddag buite Elukwatini naby Badplaas in Mpumalanga.
ToekomsVenster: ʼn Lewensverbintenis aan God
Wat potensieel die dood kon veroorsaak, is in sy offer aan die kruis opgeneem. Die angel van die dood is die sonde. Daar is nou geen veroordeling vir hulle wat in Christus Jesus is nie.
Modimolle-grondbesetting: ‘Dis ʼn politieke spel’
Marlene van Staden, burgemeester van Modimolle, het gesê die munisipale grond waarop die erwe uitgemeet is, is geoormerk vir toekomstige residensiële ontwikkeling. Daar is egter geen basiese dienste soos water en sanitasie op die grond nie.
Munisipaliteit reageer ná seun doodskok
Die Thaba Chweu-munispaliteit het Maandag sy voorlopige bevindinge bekend gemaak nadat Jaden Landsberg, ʼn gr. 5-leerder aan Laerskool Lydenburg, Vrydag doodgeskok is toe hy saam met maats gaan fietsry het.
Gemeenskap rou ná seun op fiets doodskok
“Sy pa het aangehou en aangehou om noodhulp toe te pas, hy wou net nie aanvaar dat sy seun dood is nie.”
Navorsingstudie: ‘Sê totsiens vir matige weer’
Navorsers voorspel ʼn wêreldwye verlies van vier of vyf matige dae per jaar teen 2035. Hierdie verandering affekteer nie net die temperatuur nie, maar hou ook gevolge in vir vervoer, konstruksie en landbou.
N17-ongeluk: Pa, tweede kind sterf ook
Nadat ʼn ma en haar vierjarige dogter Sondag in ʼn ongeluk op die N17-snelweg in Brakpan aan die Oos-Rand op slag dood is, het die pa en tweede kind wat ook in die motor was ook intussen in die hospitaal gesterf.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 23 Januarie 2017
Jo Black se liedjie “Skepe” bly vir die derde week in die eerste plek.
Ontvoerde SA fotojoernalis ‘leef’
“Ons pogings om verdere vordering te maak, word in die wiele gery deur lugaanvalle en interne verdeeldheid tussen sekere groepe.”
Aksiegroep pleit vir behoud van Afrikaans by universiteit
“Die taalstryd is nie ʼn konvensionele stryd nie, maar ʼn guerrillastryd.”
Maak jou jongspan só meer geld-slim
Dit is van uiterste belang dat kinders reeds op ʼn jong ouderdom leer hoe om te spaar en effektief met hul geld te werk. Hier is ʼn paar nuttige wenke.
Die wêreld in foto’s – 23 Januarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Politieke skietgoed
Die nuwe OB besef blykbaar ook nie dat geld wat weens korrupsie verlore gaan, nog minder hulpbronne bied om die werklike behoeftiges en slagoffers te help nie. Sy kan nie tegelykertyd die openbare beskermer én die staatsbehoeder wees nie.
Nog vyf renosters gestroop: ‘Ons is besig om stryd te verloor’
“Dit is natuurlik ʼn reuse slag vir die park om vyf renosters op een dag aan stropers te verloor.”