Die leier van die EFF, Julius Malema, speel met vuur met sy uitsprake en voorgestelde plan om op 6 April vanjaar onbesette grond deur lede en ondersteuners van die EFF te laat beset, sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 Januarie 2017
Makelaar vas oor bedrog, vervalsing
Francois Labuschagne (49), ʼn voormalige versekeringsmakelaar van Sanlam, het Dinsdag vlugtig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville verskyn op aanklag dat hy die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS) oortree het.
Krejcir terug in die hof
Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir het Dinsdag weer in die hof verskyn in verband met sy poging om uit aanhouding te ontsnap en dat hy uitgelewer moet word aan sy land van herkoms.
ANC verwerp gerugte oor ‘geheime verkiesingsveldtog’
Die ANC het Dinsdag mediaberigte verwerp dat hy ʼn geheime veldtog van R50 miljoen van stapel gestuur het om die 2016 plaaslikeregeringsverkiesing te beïnvloed.
Sakeman in hof ná hy glo ‘dief’ op plaas skiet
Michael Tolou (70) het Dinsdag in die periodieke hof in Modjadjiskloof in Limpopo verskyn op aanklag van poging tot moord.
Beskuldigde in Poppie-saak probeer selfmoord pleeg
Poppie se stiefpa en haar ma moet Woensdag weer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met haar dood.
ToekomsVenster: God kyk anders na mense
Ek het goeie nuus vir jou: God word deur niks anders beïndruk as deur ʼn sagte toeganklike hart waarmee Hy kan werk nie, iemand waardeur Hy sy bedoeling vir hierdie wêreld kan uitleef.
Oscars 2017: Hier is die benoemings
Daar is vanjaar vir die eerste keer sedert ‘Titanic’ in 1997 nog ’n rolprent wat vir 14 toekennings benoem is.
Twee Switserse mans en twee VSA-vroue reeds in halfeind
Twee Switserse mans en twee Amerikaanse vroue het Dinsdag reeds na die halfeindronde van die Australiese Ope in Melbourne deurgedring.
Derde tragedie ruk Helpende Hand
“Ons sal Attie onthou as ʼn omgee-mens, iemand met ʼn goue hart en ʼn oop hand.”
Korrupsie by Jhb-lisensiekantore: ‘Nog inhegtenisnemings kom’
Altesaam 106 verdagtes word betrek by ʼn verslag oor bedrog en korrupsie in die lisensieafdeling.
[Foto’s] ‘Ek is nie ʼn hond-mens nie…’
Die webwerf, Bored Panda, het skreeusnaakse foto’s gepubliseer van pa’s wat geweier het om die honde, wat nou deel van die gesin is, te verwelkom…
[Foto’s] Kerkplein kry ʼn nuwe baadjie mét Oom Paul
Opknappingswerk het Maandag in en om Kerkplein, in Pretoria se middestad, begin om dié historiese plein ʼn nuwe baadjie te gee, met Paul Kruger se standbeeld wat bly.
Bloem-dansers se sokkie-video het almal aan’t dans
ʼn Video, waarin twee Bloemfonteinse dansers met ʼn sokkie- en Rumba-roetine die dansvloer aan die brand dans, versprei soos ʼn velbrand op sosiale media.
Man (84) aangerand, honde doodgeslaan in plaasaanval
Die polisie en veiligheidsgroepe is tans op die spoor van vyf verdagtes, wat vanoggend ʼn 84-jarige man op ʼn kleinhoewe buite Bela-Bela in Limpopo oorval en erg aangerand het.
Moord op 20-jarige vrou ruk Ysland
Die regering van Ysland het vandeesweek gesê die land is geruk deur die onlangse “raaiselagtige” moord op die 20-jarige Birna Brjansdottir.
[Foto’s] Verkeer erg ontwrig ná gru-botsing
“ʼn Mercedes-voertuig is heeltemal uitmekaargeruk. Verskeie ambulansdienste en die brandweer is op die toneel.”
Luister: Finansies met Wouter Snyman: Die 7 geheime tot welvaartskepping
In vandag se episode gesels Snyman oor “Die sewe geheime tot welvaartskepping”.
Judas Iskariot: Gemeenskapsteater op sy beste
Judas Iskariot – Die Passiespel is tans die grootste Afrikaanse gemeenskapsteaterprojek in Suid-Afrika waar meer as 70 akteurs, sangers, dansers en ekstras op die verhoog gaan wees.
Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.