Die vroeë aanduiding is dat die vonke kan spat in vanjaar se Oos-Kaapse Super 12-reeks, met net een van die eersterondewenners wat in die tweede ronde weer bo was.
Lees meerAlles vir Sondag 29 Januarie 2017
SA puntemasjien skop nog 11 vir Rovigo
Rovigo se SA puntemasjien het Saterdag nog elf punte vir die Italiaanse kampioen in dié land se Super 10-reeks aangeteken.
Noodlanding by Wonderboom-lughawe
ʼn Privaat vliegtuig het Sondagmiddag ʼn noodlanding gedoen by Wonderboom-lughawe in Pretoria.
‘Rower’ doodgeskiet tydens Nigel-rooftog
Een vermeende rower is dood en ʼn lid van die gemeenskap en ʼn polisiebeampte is geskiet tydens ʼn rooftog by ʼn internetkafee Saterdagaand in Nigel, Gauteng.
Federer klop Nadal in vyf rillerstelle in Aussie Ope
Roger Federer het Sondag in Melbourne sy 18de Grand Slam en sy vyfde Australiese Ope-titel gewen toe hy Rafael Nadal in vyf stelle geklop het, 6-4, 3-6, 6-1, 3-6, 6-3.
Beste polisiestasie in die land aangewys
Die land se beste polisiestasie is een van die toekennings wat Vrydag tydens ʼn glansryke seremonie in Sun City tydens die vierde nasionale uitnemendheidstoekennings oorhandig is.
Chris braai eerder as om groente ‘dood te maak’
“’n Mens moet probeer om groener te wees. En nou praat ek nie van meer gereeld jouself oorlewer aan jaloesie of te hard aan jou eerste sigaret trek nie.”
Twee vas oor Luckhoff-plaasaanval
Twee persone, onderskeidelik 35 en 41 jaar oud, is Saterdagaand in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Luckhoff in die Vrystaat.
Minstens agt beseer tydens Pta-grondkwessie
Minstens agt persone is beseer tydens ʼn onderonsie die afgelope naweek oor die oprig van nuwe plakkershuise langs Bremerstraat in Pretoria.
Vrou beseer ná aanval op Rayton-kleinhoewe
ʼn 32-jarige vrou sterk aan in die hospitaal ná ʼn aanval op ʼn kleinhoewe Saterdagaand in Elandshoek net buite Rayton in Gauteng.
Oud-Bulls-slot druk twee drieë in Frankryk
‘n Gewese slot van die Bulls en die Blou Bulle het Saterdag twee drieë in die Franse Top14-liga gedruk.
VSA regter sit stokkie voor Trump se reisverbod
ʼn Federale regter se noodbevel verbied tydelik die VSA om persone van lande te deporteer onder pres. Donald Trump se reisverbod. Die regter het gesê reisigers wat aangehou word, het ʼn sterk argument en hul wettige regte word misken.
Varsitybeker: spanne sal vroeg kleim wil afsteek
Die 2017-Varsitybekerreeks skop Maandagaand in sy tiende jaar af in ʼn toernooi wat die eerste keer nege spanne in die rondomtalieronde sal hê.
SA weer Fidji se tier; wen titel eerste keer sedert 2002
Die Blitsbokke het Sondagoggend in Wellington die eerste keer sedert 2002 die titel van die Nieu-Seelandse been van Wêreldrugby se sewesreeks gewen toe hulle Fidji oortuigend 26-5 geklop het.
Beseerde treindrywer bestuur na stasie vir hulp
Willem Spence (52), ʼn treindrywer van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het met stukke glas in sy oë na veiligheid gery nadat ʼn aanvaller die voorste venster van sy trein met ʼn baksteen stukkend geslaan het.
Nuwe tenderstelsel sal korrupsie, bedrog hokslaan
Herman Mashaba, DA-burgemeester, het gesê ʼn nuwe, oop tenderstelsel vir die Stad Johannesburg sal bedrog en korrupsie hokslaan wat met geheime tenders gepaardgegaan het.
Snuffelhond vind liggaam van drenkeling
Chaz, ʼn lid van die polisie se honde-eenheid, het die liggaam van ʼn drenkeling op ʼn diepte van 4 m in Inanda-dam in Hillcrest, KwaZulu-Natal, uitgewys.
Een sterf tydens gewapende roof by trouvenue
ʼn Man is Saterdagaand dood toe gewapende mans op ʼn trouvenue in Umhlali, KwaZulu-Natal, toegeslaan het.
Standbeeld vir prinses Diana opgerig
ʼn Standbeeld vir Diana, prinses van Wallis, sal op die gronde van die Kensington-paleis opgerig word, op versoek van haar seuns, die hertog van Cambridge en prins Harry.
Lephalale-sakeman vas oor onwettige renosterjag
ʼn 55-jarige sakeman is by Ring-Beult Steenbokpan-plaas in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem in verband met die onwettige jag van beskermde wilde diere.