ʼn Losskakel, wat verlede jaar nog Curriebekerrugby gespeel het, het Saterdag 19 punte met die skopskoen vir sy span in die Spaanse Liga van Eer behaal.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Februarie 2017
Franse waarsku Bokke met klipharde sege oor Skotland
Nie altyd aanskoulik nie, maar deurgaans klip, kliphard en interessant. En met nog drie wedstryde in die Sesnasiesreeks om te slyp en drie maande se groepoefeninge, gaan Frankryk die Springbokke al hul dae in Junie se drie toetse gee.
[Foto’s] ‘Bang brakkie’ bedaar danksy babaseun
Weezy, ʼn klein Italiaanse windhond, was tot onlangs toe bang vir alles, van mense, raserige speelgoed en selfs vlieë, maar toe word haar “boetie” gebore en verander alles.
Jongman sterf in jagongeluk
ʼn Jongman is Saterdagaand tydens ʼn vermeende jagongeluk op ʼn plaas in Limpopo doodgeskiet.
Varsitybeker: Maandag sal ʼn hele klompie vrae beantwoord
Daar is sommer ʼn hele klompie vrae oor Maandag se Varsitybeker-wedstryde wanneer die derde ronde in die reeks gespeel word.
Bejaarde-egpaar op Limpopo-kleinhoewe oorval
“ʼn Mens kan sien die voorval het die man diep geraak. Ons was later terug na hom en hy het daar deurmekaar met rooi oë gesit en gesê die polisie het sy vrou na ʼn hospitaal geneem en hy weet nie wanneer sy terugkom nie.”
Vrou ry twee dood ná sy glo bewussyn verloor
Twee mans is dood nadat ʼn 70-jarige motoris glo haar bewussyn verloor en oor hulle gery het.
Vrou raakgery terwyl sy draf, motoris jaag glo weg
ʼn Vrou, in haar vroeë 30’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem, nadat sy Sondagoggend in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval raakgery is toe sy gaan draf het.
Oud-Pretorianer druk vir Amerika in wegholsege
`n Oud-Pretorianer het een van Amerika se agt drieë gedruk in sy wegholsege van 51-3 Saterdag op die Dell Diamond in Round Rock, Texas, oor Brasilië in die Amerikas-rugbykampioenskap.
Bejaarde wewenaar op Lydenburg-kleinhoewe aangeval
“Johan Prinsloo (73) is vasgebind in ʼn stoel aangetref. Hy was magteloos, het ʼn oop wond aan sy kop gehad en sy hele gesig was blou en geswel.”
Bulls verloor in Brisbane se tiene-halfeind
Die Bulls het Donderdag 28-7 met die Chiefs in ʼn opwarmwedstryd, nogal in Brisbane in Australië, afgereken, maar dit was nie die einde van hierdie twee spanne se tweestryd nie.
5 dood, 1 kritiek in gru-botsing
Vyf mense, waaronder ʼn kind, is dood en ʼn vrou kritiek beseer, nadat twee voertuie Sondag in die vroeë oggendure reg van voor in KwaZulu-Natal gebots het.
Gemeenskapslede steek ‘verkragter’ aan die brand
Die Limpopo-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Saterdag in Waterval in ʼn voorval van bende-geregtigheid aangerand en aan die brand gesteek is.
Twee Afrikaanse opleidingsinstellings groei al sterker
“Hierdie studente neem verantwoordelikheid en leer vir hulself ʼn toekoms oop.”
Man sterf, motor brand uit na dit voetganger tref
ʼn Motor het Saterdagmiddag in die Vrystaat uitgebrand nadat dit ʼn voetganger getref het.
Is die SA spanne op peil vir die Superreeks?
Die afskop van die 2017 Superrugby-seisoen is nou oor minder as twee weke, en die meeste van die Suid-Afrikaanse spanne het die afgelope naweek vir oulaas aan hulle kombinasies in opwarmwedstryde geskaaf.
Is Engeland werklik beter as die All Blacks?
Die Engelse rugbyafrigter, Eddie Jones, het nie meer baie hare oor nie, maar dié wat daar is, is vinnig besig om grys te word.
[Video’s] Chaos op Loftus toe span verloor
“Met die veiligheidbeamptes wat oorweldig is, moes die spelers en beamptes vir hul lewens vlug toe die ontstoke skare op hulle afgestorm het.”
Gedagte vir die dag: Verblind deur die las
Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie! (Jesaja 42:16)
Oud-Stormer wys weer staal van SA slotte oorsee
Met van die wêreld se beste toetsslotte wat vir die Springbokke speel, het ʼn gewese slot van die Stormers Saterdag opnuut getoon watter staal en diepte daar ook tussen die rykdom Suid-Afrikaanse slotte oorsee gevind word.