In Texas, word gesê, doen hulle dinge groot, maar nou wil dit lyk of Suid-Afrikaners dáár dit selfs gróter doen.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Februarie 2017
‘Eksperimentele’ Duitse span kry groot slae
Skaars `n week ná Duitsland se leeutemmersege oor Roemenië het die span `n deftige drag slae teen Georgië in die Rugby Europa-kampioenskap op die lyf geloop.
Kinders gevind ná massaontvoering in Gauteng
Die polisie het Sondag teen ongeveer 18:00 bevestig ʼn groep van 15 kinders, tussen 13 en 15 jaar, is gevind nadat hulle na bewering ontvoer is.
Massaontvoering in Gauteng ondersoek
Minstens 15 kinders het Saterdag verdwyn nadat ʼn sportafrigter hulle vermoedelik ontvoer het.
Ses vas oor geweld in Pretoria-Wes
Ses persone is in hegtenis geneem ná geweld op uitlanders, veral Nigeriërs, wat Saterdag in Pretoria-Wes uitgebreek het.
Oud-Durbaniet help Amerika punterekord slaan
`n Gewese Durbaniet het geen geringe aandeel daarin gehad nie dat Amerika Saterdag die meeste punte dusver in `n toets teen Kanada aangeteken het.
Twee stappers verdwaal in KZN-natuurreservaat
ʼn Soektog duur voort na twee stappers wat tydens slegte weer in die Umtamvuna-natuurreservaat naby Port Edward in KwaZulu-Natal verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.
Proteas staan bont in eerste eendagwedstryd
Suid-Afrika was Sondag in die eerste eendaagse krieketwedstryd teen Nieu-Seeland skynbaar heeltemal in beheer toe eers eina-boulwerk teen die einde, en toe hulle middelkolwers, hulle in die steek gelaat het.
Man steeds vermis ná KZN-plaasaanval
Roger Solik (66) word steeds vermis nadat hy en sy vrou Vrydag in die Nottingham Road-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval is. Christine (57) se liggaam is later die dag gevind.
Egpaar kritiek ná Dullstroom-plaasaanval
Robert Lynn is in ʼn kritieke toestand en sy vrou, Sue Howarth, in ʼn bedenklike toestand in die Life MidMed-hospitaal in Middelburg, hospitaal ná hulle gemartel is tydens ʼn aanval op hul plaas in Dullstroom.
[Video] Vyfjarige wys maklikste manier om jou veters te knoop
Die vyfjarige Colton se tegniek om sy skoenveters te koop, het die internet gaande en die video is reeds deur meer as 13,5 miljoen mense op Facebook gekyk.
Varsitybeker: heelwat op die spel in Maandag se wedstryde
Met twee spanne wat hulle Varsitybeker-veldtogte na neerlae verlede week weer op koers wil kry, twee spanne wat steeds segeloos is en ’n span wat sy onoorwonne status wil beskerm kan Maandag se wedstryde kwalik as vervelig beskou word.
Kostes vir Zuma-standbeeld kan Marikana-ondersoek finansier, sê DA
ʼn Multimiljoen rand se standbeeld van Zuma is “ʼn nasionale skande”, sê die Demokratiese Alliansie.
VSA-ondersoek lei tot inhegtenisnemings in SA
Owerhede het gesê ʼn kinderpornografieondersoek in Noord-Carolina in die VSA het tot die inhegtenisneming van ʼn 14-jarige meisie se ouers in Suid-Afrika gelei.
SA lughawens ontvang stiptelikheidstoekenning
Dipuo Peters, minister van vervoer, het die Lughawensmaatskappy (Acsa) gelukgewens nadat drie lughawens in Suid-Afrika aangewys is as van die toptien stiptelikste lughawens ter wêreld.
Ex-Wallaby en Junior Bok Dan Vickermann oorlede
Die voormalige Wallabyslot Dan Vickermann, wat die Junior Springbokke twee jaar verteenwoordig het voordat hy na Australië verhuis het, is Saterdagaand oorlede.
China skort steenkoolinvoere op van Noord-Korea
China het gesê hy het alle steenkoolinvoere van Noord-Korea vir die res van die jaar opgeskort, om verder druk te plaas op sy kommunistiese buurman om sy kernwapen- en missielprogramme te staak.
Gautrain-ontsporing was hoofsaaklik ‘menslike fout’,
Kesagee Nayager, woordvoerder van Gautrain, het Saterdag gesê die voorlopige ondersoek het drie sleutelfaktore geïdentifiseer.
ADF veroordeel xenofobiese aanvalle in Pretoria
Die African Diaspora Forum (ADF) het Saterdag die Suid-Afrikaanse regering versoek om al die nodige stappe te doen om seker te maak dat aanvalle op uitlanders verhoed word.
Rekord-kokaïen-vonds by OR Tambo
Doeanebeamptes by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg het Saterdag die grootste kokaïen-vonds ooit vir Suid-Afrikaanse doeanebeamptes gemaak.