ʼn Meer kliniese Stormersspan het Saterdagaand op Nuweland die Superwedstryd teen die Bulls reeds teen rustyd in die sakkie gehad toe hulle 24-0 voor was.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Februarie 2017
Beter Kings het nog baie werk wat wag
Die Kings het soos ʼn mens verwag het Saterdag hulle eerste wedstryd teen die Jaguares in Port Elizabeth verloor, maar het plek-plek belofte getoon van ʼn beter seisoen as verlede jaar.
Cheetahs en Lions: blaps bepaal amper die uitslag
ʼn Yslike blaps deur die wedstrydbeamptes sewe minute voor die eindfluitjie het so byna die uitslag van Saterdag se Superwedstryd tussen die Cheetahs en die Lions in Bloemfontein bepaal.
[Video] Boerseun wat dans versprei soos veldbrand
ʼn Video waarin ʼn boerseun van Tzaneen behoorlik litte losmaak, word wyd op sosiale media gedeel.
Franziska-saak: Twee mans gevonnis oor foon
Twee mans, in besit van gesteelde eiendom wat aan die vermoorde Kaapstadse tiener Franziska Blöchliger behoort het, is gevonnis.
Stellenbosch-moord: Nog ʼn verdagte vas
Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Marie Verwey (80) van Paradyskloof.
DA wys waarnemende Wes-Kaapse leier aan
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het onlangs as partyleier in die Wes-Kaap bedank.
Jiba, Mrwebi nie nou geskors
Jiba en Mrwebi is steeds met spesiale verlof.
Sewe sterf in botsing
Sewe mense is op die toneel dood verklaar, insluitend twee tieners.
Crusaders en Brumbies maak stemme dik; Hurricanes verniel Japanners
Die eerste Saterdag se Superrugby in 2017 het uiteenlopende indrukke gelaat: twee vorige wenners is weer honger vir sukses; die verdedigende kampioen het die Sunwolves verslind; en daar was ʼn getjommel tussen twee Australiese spanne.
Seun kom op pa se liggaam af
Lede van die polisie se forensiese eenheid was teen 12:50 steeds op die toneel nadat die seun omstreeks 7:00 op sy pa se liggaam afgekom het.
Twee sterf in Potch-botsing
Twee mense is dood en vyf beseer in ʼn botsing reg van voor op die N12 buite Potchefstroom.
Alberton span meestal nuwes in, wysig spelstyl`
Slegs `n handjievol van die spelers wat verlede jaar vir Alberton gespeel het, draf Saterdag in die klub se eerste vriendskaplike wedstryd van die seisoen teen Wes-Rand Harlequins uit.
Jong Ruben verloor sy stryd
“Dankie dat jy tot die einde nie jou mooi glimlag verloor het nie.”
Assupol: Impala, NWU Vaal behaal grootste sukses
Rustenburg Impala (Luiperds), die internasionale Goue Bekerkampioen, en NWU Vaal (Valke) het die grootste sukses in die eerste ronde van die Noorderbonde se Assupolreeks behaal.
Proteas kry neus voor in die eendagreeks
Met een oorwinning elk, albei net-net, was Saterdag se derde eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland van groot belang in die reeks van vyf. En dié keer was dit amperse eenrigtingverkeer in die tweede kolfbeurt.
Man in hof ná moord op burgemeester se seun
Die 22-jarige man wat aangekla word van die moord op ʼn Noordwes-burgemeester se seun, het Vrydag in die hof verskyn.
Verdagte in hof ná man sterf in kroegaanval
Die 52-jarige man wat Ludi Vink (30) glo in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek het, het Vrydag in die hof verskyn.
Polisieman gevonnis vir moord op meisie
ʼn 29-jarige polisiekonstabel is vroeër die week gevonnis vir die moord op sy vriendin.
Dullstroom-plaasmoord: Verdagtes dán in hof
“Ons probeer ook tans vasstel of die verdagtes moontlik ook by ander misdade betrokke was.”