Die versameling sluit seldsame eksemplare in van die 1938 Action Comics No. 1 waar Superman vir die eerste keer ʼn verskyning maak en die 1939 Detective Comics No. 27 waar Batman vir die eerste keer verskyn.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 Maart 2017
Senatla-hulle se afwesigheid pla Powell nie te veel nie
Vier uit vier eindstryde dusver in Wêreldrugby se sewesreeks waarvan drie gewen is, sal die naweek in Las Vegas aan die Blitsbokke die selfvertroue gee om hul voorsprong van 17 punte op die puntelys te vergroot.
Meer as 7 000 Pajeros herroep
Mitsubishi Motors SA het bevestig dat hy 7 449 Pajeros in die Suid-Afrikaanse mark herroep.
Voorlegging aan departement oor stortingsterreine
AfriForum het ’n voorlegging aan die departement van omgewingsake se provinsiale lisensiëringstaakspanne gedoen ten einde die toestand van Suid-Afrika se stortingsterreine te verbeter.
Zuma wil wette oor grondhervorming wysig
“Daar kan geen ekonomiese transformasie wees sonder grondhervorming nie en wette, insluitend die Grondwet, moet gewysig word om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.”
Brand gestig waar ma, vier kinders slaap
ʼn Vrou is Vrydag in die vroeë oggendure ernstig beseer en vier kinders het verkool nadat die plakkershuis waarin hulle geslaap het, aan die brand gesteek is.
Minister verseker publiek oor Sassa-betalings
Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag die regering se versekering benadruk dat alle begunstigdes wat in aanmerking kom vir welsynstoelaes, betyds hul geld sal ontvang.
Trekvoëls se vere gepluk
Spelers wat vir oorsese rugbyklubs speel sal nie sondermeer vir die Springbokspan oorweeg kan word nie.
Grensposte gesluit weens vloede
Die departement van binnelandse sake het Vrydag bevestig dat drie grensposte in Limpopo gesluit is weens vloede in die gebied.
ToekomsVenster: Om God se kleur en geur aan hierdie wêreld te bring
Here, dankie vir u Woord, nou kan ons verstaan en weet waarvoor ons hier is.
Krag-teen-krag Curriebekerrugby ook op weeksdae
Daar sal vanjaar net sewe spanne in die Curriebekerreeks se Premierliga speel en van die wedstryde sal deur al die spanne in die middel van die week gespeel word.
Senutergende twee jaar lê vir Duitse rugby voor
ʼn Senutergende twee seisoene lê vir die Duitse rugbyspan met sy talle Suid-Afrikaners in die Rugby Europa-kampioenskap voor.
Misdaadstatistieke: ‘Suid-Afrikaners moet hulsélf beveilig’
“Die minister voer aan dat hulle die stryd teen misdaad geleidelik wen, terwyl misdrywe soos kapings, huisroof en die roof van ondernemings met sowat 6,1% toegeneem het.”
Mans wat met duisende krewe betrap is in hof
Die vier mans wat in hegtenis geneem is in verband met duisende krewe wat in hul besit gevind is, het in die Strand-landdroshof verskyn.
Spotprent 3 Maart 2017
Jerm se spotprent vir 3 Maart 2017
Die wêreld in foto’s – 3 Maart 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Pleegkinders beleef ‘sprokiesland’ saam met Doringrosie
“Ons kinders moes soveel keer baklei teen omstandighede net om te oorleef dat hulle eintlik vergeet het hoe om kind te wees.”
Seun(16) sterk aan in hospitaal ná rooftog
Charl Jan Bosch, die 16-jarige seun wat gister raakgeskiet is toe aanvallers op die bakkie waarin hy gery het skote afgevuur het, is steeds in die hospitaal.
Misdaadstatistieke: Moord neem toe in vier provinsies
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Vrydag die polisie se jongste misdaadstatistieke vir 1 April tot 31 Desember in die parlement bekend gemaak.
ʼn Kop vol stories
Dit gebeur gereeld dat ek jong lesers ontmoet wat duidelik effens teleurgesteld is as hulle hoor Tania Brink is eintlik ’n man.