Nou vir die heel grote.
Lees meerAlles vir Saterdag 11 Maart 2017
Die Sharks baljaar op eie bodem
Die manier waarop die Sharks Saterdagaand die Waratahs op Kingspark oorrompel het, het ’n duidelike boodskap aan ander besoekende spanne gestuur dat ’n besoek aan Durban vanjaar nie ’n maklike uitstappie gaan wees nie.
Leeus se skeidsregter sterf na wedstryd
Francois Smit, ʼn skeidsregter van die Goue Leeus Skeidsregtersvereniging, is Saterdagmiddag dood nadat hy ʼn wedstryd by die Carletonville High School beheer het.
Sunwolves teer op Cheetahs se foute
Die Cheetahs is moontlik ontsenu toe die Sunwolves na net 26 sekondes gaan druk het, en hulle het wel ʼn groot klomp beserings gehad, maar die Sunwolves is uiteindelik die span wat Saterdagaand kop omhoog van die Vrystaatstadion gestap het.
Man dood ná motor hom op hoofweg tref
ʼn Man is Saterdag oorlede ná ʼn bakkie hom op die N1-Suid in Randburg getref het.
Kings se durf nie genoeg teen meer afgeronde Stormers
Vir ’n goeie halfuur Saterdag het die Kings, ’n span wat uit die trekvoëls en stiefkinders van Suid-Afrikaanse rugby bestaan, die hoogaangeskrewe Stormers behoorlik opdraande in die Nelson Mandelabaai-stadion gegee.
Pasgebore baba onder boom gevind
ʼn Verbyganger het die baba onder ʼn boom aangetref.
Brits-man tydens padwoede-voorval vermoor
Die man is voor sy 11-jarige dogter vermoor. Sy het geskree: “‘Oom, help asseblief!’, maar toe ek aan sy pols voel, kon ek voel hoe raak die polsslag al flouer. Ek het haar in die oë gekyk en sy het weer geskree: ‘Lewe hy nog?’, maar hy het nie,” het ʼn verbyganger vertel.
Polisie waarsku teen kitsbank-slenter
Speurders van die Suid-Afrikaanse polisiediens het die publiek bedag gemaak op ʼn slenter wat daartoe lei dat kontant uit gebruikers se bankrekeninge gesteel word.
Toetsspan leen spelers by teenstander
Kan dit werklik gebeur dat `n toetsspan amper die helfte van sy lede by sy teenstander moet leen?
Kommer oor dissipline in KZN se klubrugby
Kommer oor die voorseisoense dissipline in KwaZulu-Natalse klubrugby word vandeesweek in die bond se gereelde klubnuusbrief uitgespreek.
Pta-man (58) kritiek ná huisrooftog
ʼn 58-jarige man van Pretoria is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Vrydagaand erg vermink en aangerand is tydens ʼn huisrooftog.
Inbraak aangemeld by sendeling se huis
Die sendeling wat gister in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn het ná hy glo ʼn werker raakgeskiet het toe hy hom as ʼn blouapie aangesien het, het ʼn inbraak by sy huis aangemeld.
[Video] Kleuters ʼn internetsensasie ná hulle pa se onderhoud kelder
Dit is veral die paniekbevange optrede van prof. Kelly se vrou wat duisende internetgebruikers op hol het.
Groot meevaller vir dierewelsynsprojek
Volgens Steenkamp was hulle diep besorg toe hulle op sosiale media lees hoe desperaat die organisasie op soek is na kosskenkings.
Nuwe Superreeks: slegte nuus vir twee SA spanne waarskynlik
Dis nou ʼn werklikheid: die Superreeks se formaat gaan verander en die besluit oor watter drie (miskien net twee) spanne uit die nuwe reeks weggelaat sal word, behoort in die komende week bekend te wees.
Duitsland voor strawwe toets teen Spanje
Duitsland kom Saterdag voor `n strawwe toets te staan wanneer hy Spanje in Keulen in die Rugby Europa-kampioenskap aandurf.
Windhoeksewes wys Blitsbokke van more uit
Lede van die SA Sewesakademie se o.18-span het by die Capricorn-groep en Windhoekgimnasium se sewestoernooi getoon hulle kan vorentoe vir die Blitsbokke uitdraf.
Baba steeds vermis ná kapingsdrama; beloning verhoog
Die ma, haar maand oue baba en ʼn agtjarige kind is deur twee gewapende mans gekaap. Die kapers het met die baba gevlug en ʼn beloning word tans aangebied.
Diepte ‘lekker probleem’ vir Alberton
Alberton kan vanjaar op toenemende diepte staatmaak nadat hy die afgelope paar jaar in die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagreeks gesukkel het.