Die polisie het Dinsdag bevestig vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat 14 liggame verlede week in Benoni, Gauteng, gevind is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 14 Maart 2017
Groot deurbraak na OR Tambo-rooftog
Lt.kol. Khomotso Phahlane, nasionale polisiekommissaris, het Dinsdagaand aangekondig ʼn groot deurbraak is gemaak in die ondersoek na die rooftog wat op 7 Maart by die OR Tambo internasionale lughawe in Johannesburg plaasgevind het.
Plaasaanval-debat: Politici se uitsprake gekap
AfriForum het ANC-lede se gedrag tydens Dinsdag se parlementêre debat oor plaasmoorde sterk veroordeel nadat ʼn ANC-LP na bewering tydens die debat “bury them alive” geskree het.
Sassa-krisis: LP’s eis Dlamini se kop
Terwyl LP’s Dinsdag in die parlement toenemend druk op Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, geplaas het om te bedank na aanleiding van die onsekerheid oor die uitbetaling van maatskaplike toelae, het die minister die blaam voor opposisiepartye se deur gelê.
Dokter wat glo Vergoedingsfonds bedrieg, weer in hof
Dr. David Michael Adams word daarvan beskuldig dat hy die Vergoedingsfonds van die departement van arbeid uit R396 660 bedrieg het.
Statebondspele: Soveel geld in die water
Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het gesê die verlies is betreurenswaardig, maar die land is nie in ʼn posisie om groot finansiële beloftes te maak wanneer hy so baie sosio-ekonomiese uitdagings moet hanteer nie.
Ras op voorgrond tydens debat oor plaasaanvalle
Die grootste twispunt tydens die debat oor plaasmoorde in die Nasionale Vergadering Dinsdag was waarskynlik of daar ʼn politieke of rasse-motief agter plaasaanvalle en plaasmoorde skuil.
ToekomsVenster: Wie is aan jou sy?
Here, dankie vir hierdie kragtige werking van u Gees in en deur ons elkeen.
Kleuter offer partytjie op vir haweloses
“Dit was lekker om gaaf te wees,” het Armani gesê.
‘Kunsveld eenvoudig goedkoper as gras’
Die koste om jaarliks die gras op sy rugbyvelde oor te plant, het eenvoudig só hoog vir `n Kaapse laerskool geraak dat `n kunsveld sedert sowat `n jaar gelede `n goedkoper uitweg bied.
Pta-polisie keer vier spoedig aan ná inbraak
Die polisie het vier verdagtes, drie mans en ʼn vrou, spoedig aangekeer ná ʼn inbraak by ʼn winkel in Centurion wat elektriese ware verkoop.
Man vas vir verkragting van bejaarde
“Die verdagte het haar gegryp, met ʼn skerp voorwerp gesteek en toe verkrag”.
Die wêreld in foto’s – 14 Maart 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ouers in hof oor ‘sadistiese verwaarlosing’ van kleuters
Die kinders, twee en drie jaar oud, is deur ʼn welsynwerker gevind waar hulle vir maande in ʼn vuil kamer toegesluit is. Hulle was besmeer met ontlasting en albei het snywonde en sere aan hul lywe gehad. Regter Bennett het dit as ‘sadistiese verwaarlosing’ beskryf.
‘Leeustropers’ met hoenders vol gif gevang
Twee verdagtes is op ʼn wildsplaas in Limpopo aangekeer waar drie leeus vroeër vanjaar vir hul koppe en pote gestroop is.
Piet Byleveld ernstig siek in hospitaal
Oudbrig. Piet Byleveld word in ʼn hospitaal in Roodepoort behandel nadat kanker Vrydag by hom gediagnoseer is.
Regstreeks: Debat oor plaasmoorde in parlement
‘n Debat word Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering oor plaasmoorde gehou.
Bulls verander agt vir Sunwolves
Agt veranderinge aan die beginspan. Hoeveel daarvan werklik rotering van die spelers is, is onseker, maar dít is wat die Bulls se afrigtingspan hoop die Pretorianers op die wenpad sal plaas
Malaria nou epidemie in Burundi
Die Burundiese departement van gesondheid het Maandag aangekondig dat malaria nou tot epidemie verklaar is in dié land.
[Video] Skreeusnaakse onderonsies in ‘Kampterrein’
Wanneer die Afrikaanse gesin, die Fouchés, by die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord opdaag ná ʼn lang jaar, sien hulle die woonwastaanplek waar hulle elke jaar staan, word deur die Khumalo’s beset – en dít sal nie deug nie.