Twee Johannesburgse universiteite, albei met ’n oog op die die uitspeelronde, is die keur van Maandag se wedstryde, terwyl ’n Bloemfonteinse universiteit moet wen om hulle kanse lewendig te hou.
Lees meerAlles vir Sondag 19 Maart 2017
Bothma lank gestraf; nou vir Quade Cooper …
Die Bulls se vuurvreterflank, Renaldo Bothma, wat Vrydagaand teen die Sunwolves vir ’n hoogvat van die veld gejaag is, is swaar gestraf.
Hulp stroom in ná hospitaalbrand
“ʼn Kerksaal is beskikbaar gestel waar sommige pasiënte gehuisves is voordat hulle na ander hospitale oorgeplaas kon word. Gemeenskapslede het komberse en ander voorraad aangedra vir die mense wat geraak is.”
24 vas ná leerders skoolhoof glo gyselaar hou
Altesaam 24 mense sal Maandag in die Lichtenburg-landdroshof in Noordwes op aanklagte van openbare geweld, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en opsetlike saakbeskadiging verskyn.
Kerkgangers tydens diens beroof
Een verdagte is kort na die rooftog naby die kerk in hegtenis geneem. Altesaam 20 van die gesteelde selfone is in sy besit gevind.
Twee vas vir George-vrou se moord
ʼn Wenk uit die gemeenskap het daartoe gelei dat twee mans Saterdagaand in hegtenis geneem is vir die moord op Isabella Kruger (77) wie se liggaam in ʼn bad vol water in haar huis in George gevind is.
Talle veroordeel inbraak by hoofregter se kantoor
“Vuurwapens wat uit polisiestasies gesteel word en rekenaars wat uit die kantoor van die hoofregter gesteel word, dui daarop dat misdaad in ons gemeenskappe ongekende afmetings aangeneem het.”
Strawwer halfeindstryde kon Oos-Kaap kwalik vra
Vir ʼn strawwer halfeindronde as Saterdag sʼn in die Super 12-reeks kon die Oos-Kaapse rugbygemeenskap kwalik vra.
[Video] Onderwyskongres afgestel toe chaos uitbreek
“Hulle het ook in ons gesigte die kreet ‘one settler, one bullet’ geskree en die ‘Kill the Boer’-liedjie gesing. Daar het ʼn groot bakleiery uitgebreek – mense het mekaar met stoele gegooi en lede van AfriForum Jeug is aangerand.”
Drie dood ná beweerde liefdestwis
Benjamin Dorfling (42) is na sy vervreemde vrou se huis waar die tragedie hom afgespeel het.
Bejaarde se liggaam in bad water gevind
ʼn Vrou het Saterdagmiddag op haar bejaarde ma se liggaam in ʼn bad water in haar huis in die Kraaibosch Country Estate in George afgekom.
Studente deur onstuimige see meegesleur
Die twee mans, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, het glo saam met ʼn kerkgroep van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in die see geswem.
Rock ʼn’ roll-legende sterf
Die rock ʼn’ roll-legende Chuck Berry is Saterdag in die ouderdom van 90 by sy huis in St. Charles, Missouri, in die VSA oorlede.
Vrou, kleuter sterf toe bakkie brand
ʼn Vrou (25) en vierjarige kind is dood nadat twee voertuie in ʼn trompop botsing betrokke was en albei voertuie aan die brand geslaan het.
[Foto’s] Pasiënte oorgeplaas ná hospitaal brand
“Die brand het by Saal A begin en na die noodgevalsentrum en teaters versprei voor dit onder beheer gebring kon word.”
Cheetahs se moed was nie genoeg
As ʼn uitslag bloot van moed afhang, moes die Cheetahs Saterdagaand baie naby aan ʼn sege teen die Jaguares in Buenos Aires gekom het. Maar ongelukkig speel foute en vaardigheid ook ʼn rol.
Gedagte vir die dag: Bestem om te ly en te sterf
Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem toe gaan. Daar moet Hy baie ly onder die familiehoofde, die leierpriesters en die skrifkenners, en doodgemaak word, maar God sal Hom op die derde dag weer lewendig maak. (Matteus 16:21)