Vier mense is dood en minstens 20 beseer in ʼn terreuraanval Woensdag naby die Britse parlement in Londen.
Lees meerAlles vir Woensdag 22 Maart 2017
Baba met vier bene, twee ruggrate ondergaan operasie
ʼn Babadogtertjie wat gebore is met twee ruggrate en ʼn ekstra stel bene en voete, herstel goed ná ʼn suksesvolle operasie in ʼn kinderhospitaal in Chicago in die VSA.
PE-man skuldig bevind vir polisieman se moord
Oomblikke nadat Charles Nqaba (26) Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind is vir die moord op ʼn polisiebeampte, het hy sy hande in die lug gesteek en vuurwapentekens vir sy vriende in die openbare galery gewys.
Sterftes langs kuslyn aangemeld
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag gesê verskeie mense is die afgelope paar dae langs die land se kuslyn dood.
[Foto’s] Polisie op soek na hiérdie ontsnaptes
“Nadat die hof verdaag het, is die drie beskuldigdes terug na die polisieselle vergesel. In die proses het hulle na bewering ontsnap.”
DA bevestig eerste dissiplinêre stap teen Zille
Zille het verlede week in ʼn reeks twiets bevraagteken of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Haar uitsprake het wyd kritiek uitgelok.
Aanvaller glo by Britse parlement geskiet
Niemand word tans by die Britse parlement in Londen in- of uitgelaat nadat ʼn beweerde aanvaller glo deur polisiebeamptes geskiet is nie.
Gru-moord op Polokwane-ma: Twee hoor oor borgtog
Die twee mans wat in verband met die moord op Tanya Wiers (44) van Polokwane in hegtenis geneem is, het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn waar uitspraak gelewer is rakende hul borgtogaansoeke.
ToekomsVenster: Om tot langs iemand geroep te wees
Gees van God, dankie dat U ons wys en leer hoe om self parakleet te wees
[Foto’s] Só groot was Afrikaans in Kaapstad
Ons deel van die mooiste foto’s van die afgelope naweek se Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad.
Die wêreld in foto’s – 22 Maart 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Versonke vastelande toe nié ’n mite
Die onlangse aankondiging dat ’n versonke vasteland in die oseaan oos van Australië ontdek is, en waarvan Nieu-Seeland die grootste deel is wat steeds kop bo water hou, haal steeds die nuus.
Dowe vrou moet wéér ʼn aanvaller afweer
“Ek het uit my voertuig geklim en het hom weer geskok en dalk nog ʼn keer, ek kan nie onthou nie.”
Spur-video: ‘Ons weet nou wie was verkeerd’
Spur het Woensdag weer ʼn verklaring uitgereik nadat kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan is van die voorval wat Sondag by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het.
Drie vas wat bejaarde glo ontvoer, besteel
Twee mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 74-jarige pensioenaris in Port Shepstone ontvoer en probeer indoen het.
Fotograaf gevonnis oor kinderporno
“Ek aanvaar daar is geen verskoning vir my optrede nie.”
Hond se geblaf red peuter
Peanut, ʼn hond van Michigan in die VSA, se onophoudelike geblaf het haar eienaars gelei na ʼn peuter wat kaal in ʼn sloot gelê het.
[Video] Kamera vang kleuters se middernag-kaskenades vas
Dié video was ʼn ‘Toy Story’-verhaal in regte lewe. Die kamera het die tweeling se middernagtelike kaskenades vasgevang.
Sauser nader veertig Cape Epic skofseges
Skofseges by die Absa Cape Epic is lekker, maar vir Christoph Sauser gaan alles oor die algehele sege in dié meerdaagse bergfietstoer.
Angus Buchan: ‘Die Here voorsien vir dié biddag’
“Jy wil nie hê jou kinders moet jou eendag vra: ‘Pa, was jy daardie dag daar toe die Here Suid-Afrika kom besoek het?’ en jy moet nee sê nie”.