ʼn Tweede hofskok het die Oos-Kaapse Super 12-reeks, die toonvenster van klubrugby in dié provinsie, Saterdag tot stilstand geruk.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Maart 2017
Bosch en Sharks se pak kelder die Cheetahs
Die Sharks het die Cheetahs in Bloemfontein met kragtige voorspelerspel in die tweede helfte oortuigend geklop met goeie verdediging en die jong Curwin Bosch op losskakel wat ook sterk bygedra het tot die oorwinning.
Lions en Stormers dis albei lustelose vertonings op
So gevaarlik soos die Lions Saterdag in die eerste helfte van hulle wedstryd teen die Kings in Port Elizabeth gelyk het, net so versukkeld het hulle in die tweede helfte voorgekom.
[Video] O, dié donkie … steel almal se harte
Patat, oftewel Donka, is ʼn 18 maande oue donkievulletjie van Suid-Afrika wat oornag ʼn internetsensasie geword het.
Maserati-boewe ontvoer twee werkers
Twee werknemers van ʼn Maserati-handelaar in Johannesburg is Saterdagoggend ontvoer toe een van dié luukse voertuie by die handelaar gekaap is.
Schurter-hulle steeds in geel truie
Nino Schurter en Matthias Stirnemann het vriend, vyand én hulself verras deur Sondag op die laaste dag van die Absa Cape Epic as algehele voorlopers te kan begin.
Plaasaanvalle: Deurbraak ná moord op egpaar
Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn deurbraak gemaak in sy ondersoek na die dubbelmoord op Roger (66) en Christine (57) Solik. Die egpaar is in Februarie op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval, ontvoer en vermoor.
[Video] Aarduur: ‘Sit die liggies af’
Eskom het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die krag vir ʼn uur lank af te skakel as deel van Aarduur wat vandag wêreldwyd gevier word. Aarduur in Suid-Afrika is vandag van 20:30 tot 21:30.
Man vas oor daggaplantasie tussen mielies
Die Vrystaatse polisie het ʼn man in hegtenis geneem wat glo dagga geplant het en dit tussen mielies probeer versteek het.
Te veel leemtes – en Bulls kry yslike pak slae
As jy nie wil of kan verdedig nie en jy kry nie eens 40 persent van die besit nie, moet jy maar vir jou kry.
Bolandliga: kollig op Villagerstryd
Die kollig in die Bolandse Rugbyunie (BRU) se Grootuitdaagreeks val Saterdag skerp op die stryd in die BreëLangebergstreek tussen twee klubs wat die naam Villagers voer.
[Foto’s] N3-verkeer vertraag weens botsing
Minstens 17 mense is beseer en verkeer erg ontwrig nadat twee vragmotors en ʼn bus Saterdagoggend op die N3-snelweg naby Mooirivier in KwaZulu-Natal gebots het.
Hoe lojaal is jou lojaliteitsprogram?
Verbruikers het dikwels meer kaarte vir lojaliteitsprogramme as wat hulle plek in hul beursies het.
[Foto’s] Reusebrand woed deur nag voort
Brandbestryders het gisteraand en regdeur die nag gespook om ʼn reusebrand in ʼn pakhuis by die Durbanse hawe onder bedwang te bring en mense in ondernemings moes die gebied verlaat.
Amla kolf die Proteas uit vroeë moeilikheid uit
Suid-Afrika kan, nadat hy aanvanklik die knyp was, redelik tevrede voel na die reën-onderbreekte eerste dag van die derde kriektoets teen Nieu-Seeland in Hamilton.
‘ANC se arrogansie oorskry sy intelligensie’
“Die probleem is nie meer apartheid nie, maar die regering se regressiewe ideologie.”
Sakeman sterf in aanval
Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn sakeman Vrydag in ʼn voertuig doodgeskiet is.
Gedagte vir die dag: Vader, vergeef hulle
Daarop het Jesus gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” Hulle het ook sy klere verdeel deur die lot te werp. (Lukas 23:34)
KwaZulu-Natalse ligarugby skop feestelik af
Kingspark in Durban is Saterdag die feestelike fokuspunt van klubrugby in die bond wanneer die meeste Premier- en Eerste Ligaspanne by die Wahl Bartmann-rugbydag in aksie is.