Suid-Afrika het na ʼn gelykop eerste helfte in hulle laaste groepwedstryd teen Kanada die tweede helfte oorheers en eerste in groep B van Wêreldrugby se sewesreeks in Hongkong geëindig.
Lees meerAlles vir Saterdag 8 April 2017
Stormers wen skitterstryd; Sharks bo na gesukkel
Die onoorwonne Stormers het hulle eerste stryd teen Nieu-Seelandse teenstand Saterdagmiddag gewen toe hulle die Chiefs in ʼn skitterende wedstryd tussen twee spanne wat wóú en kán hardloop met 34-26 gewen het.
Vier op pad na begrafnis in ongeluk
Vier vroue, onder wie een bejaarde, is in ʼn ongeluk beseer toe die motor waarin hulle op pad was na ʼn begrafnis, in ʼn ongeluk betrokke was.
Motorfietsryer se been deurboor
ʼn Motorfietsryer se been is Saterdag deur stukke van sy motorfiets deurboor nadat hy in ʼn botsing betrokke was.
Polisie, gemeenskapsleiers in Limpopo ontmoet oor misdaad
Die polisie en gemeenskapsleiers in Limpopo het beraadslaag om saam misdaadsvoorkomingstegnieke te ontwikkel.
5 vas vir sakeroof
ʼn Toyoya Avanza is gewaar en ná ʼn hoëspoedjaagtog het die verdagtes op die hoek van Landsdowne en die Thuku-pad op die polisie losgebrand.
Debat oor geskiedenis as skoolvak vlam weer op
Nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, onlangs gereageer het op ʼn vraag in parlement of geskiedenis as skoolvak verpligtend gaan wees tot op matriekvlak, het dié debat weer opgevlam.
Clooneys vergoed bure ruim vir ongerief
George en Amal Clooney het hul bure met ʼn reusebedrag gepaai om jammer te sê oor die ongerief wat die aanbouwerk aan hul huis vir hulle veroorsaak.
‘Tsoenami van roekeloosheid spoel oor SA’
Reaksie op tweede agentskap se besluit om Suid-Afrika na rommelstatus af te gradeer.
Man doodgesteek in plaasaanval
“Daar het ʼn struweling tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan en die man is met ʼn onbekende skerp voorwerp gesteek en is op die toneel dood”.
Strawwe stryd in Mpumalanga te wagte
Die deelnemers aan die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) se Burgermeestersliga spook nog om ʼn pikorde te vestig en ʼn klompie strawwe kragmetings kan Saterdag verwag word.
Daar’s toe nie ʼn slang in die gras nie…
… maar wel in ʼn supermark in Komatipoort.
Blitsbokke teen Fidji of All Blacks in kwarteind
Die Blitsbokke is reeds deur na die kwarteind van wêreldrugby se sewesreeks nadat hulle Saterdagoggend met 35-10 met Kenia klaargespeel het.
[Foto’s] 3 ontsnap uit aanhouding
Dié drie mans word dringend deur die polisie gesoek nadat hul oornag uit die aanhoudingselle by die Haenertsburg-polisiestasie ontsnap het.
Bottervinger-Bulls grawe hul eie Tokio-graf
Die Cheetahs en die Stormers het effens gespartel en gesukkel maar die Sunwolves oorwin, maar die Bulls het Saterdag in Tokio met stukkies goeie spel maar hopeloos te veel basiese foute teen die Sunwolves verloor.
Tye van niks ʼn belangrike iets
Ek sê “slat ʼn blank”! Jou kop en jou hart het ʼn lugleegte nodig – God het spasie vir inspraak in jou lewe nodig, skryf Lindie Strydom.
SWD-liga: Kan NMMU die ondenkbare regkry?
Die Suidwestelike Distrikte se Premierliga, is nie net een van die strafste klubligas in die land nie, maar gewis die onvoorspelbaarste, en een waar reputasies hoegenaamd nie tel nie.
Jong man verdrink in KZN-swembad
“Die mense wat die man gekry het, het hom op die bodem van die swembad aangetref en sy liggaam uit die swembad gehaal.”
3-jarige opgespoor
Hy het onder bosse langs die Kromrivier gelê.
[Foto’s] Stockholm-aanval: Vier dood, talle beseer
Vier mense is dood en talle beseer toe ʼn gekaapte vragmotor in ʼn gewilde inkopiesentrum ingejaag het. Daar word vermoed dat dit ʼn terreuraanval was.