Namibië het ʼn ervare o.20-span gekies vir die Afrika-o.21-toernooi om die Barthésbeker wat Donderdag in Madagaskar begin en tot Sondag duur.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 April 2017
Sê jou sê oor Madiba-standbeeld
Die Stad Kaapstad het met ʼn openbare deelnameproses begin oor die voorstel om die lewe van wyle president Nelson Mandela te gedenk met ʼn standbeeld en uitstalling by die stadsaal.
Kaapstad-droogtekrisis: Verbruik uiteindelik laer as teiken
Damvlakke het tot 24,1% gedaal, dit is 1% laer as ʼn week gelede. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks nie bruikbaar is nie, beteken dit dat die damvlakke tans op 14,1% staan.
Brandbestryders in Kaapstad aangeval
Brandbestryders is die afgelope Paasnaweek met klippe bestook en ʼn brandweerwa is beskadig toe hulle op ʼn brand in Kaapstad reageer het.
Springbok se gewese span kelder Loffie se Huns
ʼn Amerikaanse span wat tot verlede jaar deur ʼn Springbok afgerig is, het Saterdag met Eugene (Loffie) Eloff se Austin Huns in dié land se Senior Rugbykampioenskap (SRK) afgereken.
Ons gaan nie ophou nie, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die golf van betogings deur opposisiepartye en die burgerlike samelewing wat eis dat pres. Jacob Zuma bedank, sal toeneem.
Tesourie distansieer homself van meningstuk
Die nasionale tesourie het homself Dinsdag gedistansieer van ʼn meningstuk deur prof. Chris Malikane, ʼn ekonomiese raadgewer van die minister van finansies, en dit benadruk dat die nasionalisering van banke nie regeringsbeleid is nie.
Babaporno: ‘Elke foto is ʼn misdaadtoneel’
William Beale (38) van Plettenbergbaai wat skuld beken het op meer as 18 000 aanklagte van die besit van kinderpornografie, het Dinsdag in die landdroshof in Knysna in die Wes-Kaap verskyn.
ToekomsVenster: Die vastyd
As ons weer ʼn keer na die Woord luister, vra jouself af in watter mate jou begrip van God en sy plan vir jou lewe en die wêreld bepaal word deur reëls, wette en regulasies. Moenie daaraan toegee nie. Asem die vryheid wat Jesus vir jou gekoop het, opnuut in.
Ma wroeg steeds oor dogter (16) se raaiseldood
Cora-Lee Jansen van Vuuren (16) se ma, Aileen, het die oggend van 12 Maart op haar dogter se liggaam in haar bed afgekom.
Die Heuwels se nuwe musiek is ‘Okay’
“Met die skryf en opneem van die liedjies het ons elke liedjie op sy eie meriete aangepak. Elke liedjie is ʼn eiland op sy eie, hoewel die liedjies saam in ʼn album leef,” sê hulle.
HuffPost by persombudsman verkla
The Huffington Post SA is by die persombudsman verkla in verband met ʼn omstrede meningstuk wat die nuuswebwerf gepubliseer het waarin die skrywer voorstel dat wit mans hul stemreg ontsê word.
[Foto’s en Video] Jhb-kantoorblok in ligte laaie
Talle brandbestryders is op die toneel waar ʼn brand Dinsdagmiddag by ʼn kantoorblok in Johannesburg uitgebreek het.
Poskantoor waarsku teen bedrog
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het mense gewaarsku om bedag te wees op bedrog met pakkies.
[Foto’s] Padtoets: Jeep Renegade Limited 1.4 MultiAir AWD outo
Ek was redelik skepties toe die eerste Renegade bekendgestel is. Hoekom sou Jeep wegbeweeg van dit waarin hulle goed is – groot en sterk 4×4’s? Die motor het talle aangename verrassings, maar is moeilik om op te som, skryf Brendon Staniforth.
Die wêreld in foto’s – 18 April 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Dee Dee laat hoop opvlam om Planeet 9 te vind
Hoop het onlangs weer opgevlam dat die tegnologie wel bestaan om die ontwykende Planeet 9 op te spoor.
Ontsnapte olifante terug in reservaat
Die trop olifante wat Sondag in die vroeë oggendure uit die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria gebreek het, is veilig terug in die reservaat.
Britse premier versoek vervroegde verkiesing
Theresa May, Britse premier, het Dinsdag ʼn vervroegde verkiesing versoek.
Slegte nuus vir padgebruikers in Mei
Die Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika het Dinsdag gesê hy verwag die brandstofprys is die eerste van vele uitgawes wat gaan verhoog nadat Suid-Afrika na rommelstatus afgegradeer is.