Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Alles vir Vrydag 21 April 2017
TV-evangelis vas: Dringende aansoek ingedien
Die Nigeriese pastoor wat Donderdag op die Port Elizabeth-lughawe vasgetrek is vir mensehandel ná hy glo meer as 30 vroue en meisies seksueel misbruik het, se regsverteenwoordigers het Donderdagaand ʼn dringende aansoek ingedien om hom te mag sien.
[Foto’s] Padtoets: Toyota Corolla 1.4D Prestige
Alles loop al 50 jaar reg vir Corolla. Vir 50 jaar bly Toyota getrou aan die DNS van die Corolla – ʼn bekostigbare gesinsmotor. Die 11de generasie stel nie teleur nie, skryf Brendon Staniforth.
Paasfees: Meer sterf op paaie
Die afgelope Paasnaweek het meer lewens op die land se paaie geëis as in dieselfde tydperk verlede jaar.
Reis met troeteldiere: Voordele en Raad
Moes jy dié Paasvakansie weereens koebaai waai vir Wagter wat jou met verlangende oë agter die hondeherberg se tralies dophou soos jy op die horison verdwyn? As troeteldier-eienaar is dié besluit wanneer jy ’n vakansie beplan waarskynlik keer op keer ’n taamlike tameletjie.
Huffington-debakel: Verifieer eers die feite
Hoe ook al, die Garland-Roodt-kwessie is vir die joernalistieke beroep ’n uitstekende voorbeeld van wat om nié te doen nie. Dit kan met groot vrug onder sowel praktiserende joernaliste as joernalistiek-studente bestudeer word.
Skoonseun gevonnis: ‘Moord was sinneloos en lafhartig’
Die hof het gru-besonderhede van die nadoodse verslag gehoor.
Wie kan Pollard vervang?
Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, sit in tamatiestraat, hoewel die Bokspens ver van leeg is.
[Foto’s] KKNK 2017: Bont, betowerend en ʼn groot sukses
Die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) was vanjaar weer ʼn bont en betowerende Afrikaanse makietie wat verlede jaar se fees byna op elke vlak getroef het, volgens die organiseerders.
Netbal se Premierliga skop die naweek af
Die vierde jaarlikse Brutal Fruit Netbal-premierliga (BFNPL) begin Vrydag in Durban waar die nege provinsies en ʼn tweede span van Gauteng vir die volgende ses naweke teen mekaar sal meeding.
Kroegmoord: Man weer in hof
Die 52-jarige man wat teregstaan weens die moord op Ludi Vink, wat in Februarie dood is nadat hy in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek is, het Vrydag weer in die hof verskyn.
Welwitschias span 12 toetsspelers teen Valke in
Die Welwitschias het 12 toetsspelers ingesluit in die 22-tal wat Saterdag in die Barnardstadion op Kemptonpark in die Supersport-uitdaagreeks teen die Valke speel.
Pastoor-moord: Skoonseun gevonnis
Stefan Visser (29), wat skuldig bevind is aan die moord op sy skoonma, past. Elsabe van Niekerk (55), is Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.
Boer, huishulp op plaas vermoor
ʼn Boer en sy huishulp is Donderdag koelbloedig vermoor op ʼn plaas in die Wepener-distrik in die Vrystaat.
[Foto’s] 1 000 km, 1 000 sleehonde oor Alaska-wildernis vir gedenkrit
ʼn Kakofonie het weergalm oor die Alaska-wildernis terwyl meer as 1 000 honde weggespring het in vanjaar se Iditarod-honderesies wat jaarliks in dié deelstaat van die VSA gehou word.
Nuwe Afrikaanse aanlyn boekwinkel
Varsgedruk stel nuwe aanlyn boekwinkel bekend. Nou kan lesers die allernuutste Afrikaanse boeke moeiteloos aanskaf – selfs op die platteland!
Nadia Beukes vertel openhartig van hartseer én vreugde
Nadia Beukes praat openhartig oor haar loopbaanhoogtepunte, ʼn liefdesteleurstelling in die vorm van ʼn egskeiding, haar verhouding met haar ouers en haar nuwe man, David de Villiers.
Hof se besluit ʼn ‘stap nader’ rakende Zuma-klagtes
“Die appèlhof se besluit bring ons egter ʼn stappie nader om te verseker dat die reg sy loop kan neem en dat Zuma uiteindelik moet antwoord rakende die aanklagte teen hom.”
UJ-prys se kortlys bekendgemaak
Die kortlys vir vanjaar se UJ-prys vir sowel skeppende skryfwerk as dié van die UJ-debuutprys is pas bekend gemaak.
Vyf dood ná voertuig rol
ʼn Woordvoerder van ER24 het gesê die insittendes is uitgeslinger toe die voertuig gerol het.