Die onoorwonne Hillcrest Villagers se stukrag in die KwaZulu-Natalse Eerste Liga is steeds aan die toeneem.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 Mei 2017
Wêreldbeker: loting hou vir Bokke min goeie nuus in
Vir die Springbokke sal aanstaande Woensdag se loting vir die 2019-Wêreldbekertoernooi in Japan weinig goeie nuus inhou.
Gauteng-skoolaansoeke stroom in
Die departement het vroeër gesê talle verbeteringe is op die stelsel aangebring om ʼn soortgelyke voorval te voorkom, maar daar is wel vandag ʼn paar kleiner probleme in die aanlynstelsel geïdentifiseer.
Coligny-moordsaak: ‘Seun is uit voertuig gegooi’
“Toe hulle besef iemand het hulle gesien, het hulle omgedraai, die oorledene opgetel en hom agter op die bakkie gelaai. Hulle het ook die ooggetuie gekonfronteer en hom gevra of hy gesien het wat gebeur het.”
Hofstryd kom oor sportkwotas
“Dit is skreiend dat die ANC sulke strawwe rassekwotas afdwing. Dit is egter nie verrassend nie. Vir die ANC is plaaslike rassewetgewing en internasionale ooreenkomste maar net lippetaal.”
‘Sluipmoorde’-saak: ‘Geen bewyse van beplande staatsgreep’
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê daar is geen bewyse dat die man wat daarvan beskuldig word dat hy beplan het om verskeie regeringsbeamptes en ander prominente Suid-Afrikaners te vermoor, deel was van ʼn beplande staatsgreep nie.
Vier sterf in gru-botsings
Die provinsiale polisiewoordvoerder het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.
Coligny-moordsaak: Twee vra borgtog
Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, die twee mans wat beskuldig word van die moord op ʼn 16-jarige seun, se aansoek om borgtog is vandag in die Coligny-landdroshof aangehoor.
ToekomsVenster: So moet julle bid
Die vraag is dus nie net wat sou Jesus gedoen het nie (WWJD), maar wat “verheerlik Jesus”, ja, die drie-enige God, die meeste.
Parys-boere: Nuwe hofaansoek gebring
Die ses beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak het Dinsdag op die eerste dag van die verhoor net vlugtig in die hof verskyn.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 1 Mei 2017
Jo Black behou die gesogte nommer een posisie met sy liedjie “Bring die hoop weer terug” vir die derde week.
[Video] Kreatiwiteit word getoets in Kunsvlyt
Kreatiewe siele spook dit uit met papier, potlode, gom en kryte in Kunsvlyt, ’n realiteitsprogram waarin 10 deelnemers kragte meet om hulle kreatiwiteit te toets. Die verf gaan behoorlik spat!
Padtoets: JMC Boarding Euro IV 2.8 TD Lux
Die JMC Boarding is dalk ʼn tree agteruit vir dié motorvervaardiger, skryf Brendon Staniforth.
Meidag, ʼn dag om te vermy
Behalwe as jou sentimente by die sosialiste lê, behoort Werkersdag 1 Mei jou koud te laat, skryf Sebastiaan Biehl.
Polisiebeampte sedert Sondag vermis
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek die verdwyning van ʼn polisiebeampte.
Groot deurbraak met stokou DNS
In wat as ’n groot deurbraak beskou word om die menslike oergeskiedenis na te speur, het die Max Planck-instituut in Duitsland ’n metode ontwikkel om menslike DNS asook die DNS van soogdiere uit grotte te herwin, selfs al is daar nie beendere in die grotte gevind nie.
Vergeet van Mars – begin nader tuis
Te midde van groot planne om mense op Mars te vestig, met die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk wat selfs van ’n miljoen koloniste praat, meen ander dit sal meer sin maak om mense in reuse-sfere in wentelbane naby die aarde te laat woon.
Beraders na hoërskool gestuur waar Pta-juffrou sterf
Die Gautengse departement van onderwys het ʼn span beraders na die Pretoriase hoërskool gestuur waar ʼn 60-jarige onderwyseres Dinsdag ineengestort en gesterf het.
[Video] Kuier saam om die kampvuur met Kampkos
Beaté en John-Henry Opperman kuier om die kampvuur met Suid-Afrikaanse bekendes in Kampkos. Hulle kampeer en leer die kampkos-geheime van lekker mense ken, en smul aan goed wat op die vuur gaargemaak is.
‘‘Isidingo’ word misbruik om anti-wit rassisme te bevorder’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die openbare reaksie wat gevolg het op ʼn onlangse episode van Isidingo op SABC3 waarin wit-op-swart rassisme uitgebeeld is.