Dit het ʼn rillerstryd soos min opgelewer toe Vryheid en Piet Retief Saterdag aanmekaar gespring het om die tweede ronde van die Noord-KwaZulu-Natalse Subunie (NKZNRSU) se Eerste Liga af te skop.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Mei 2017
Homo naledi se ouderdom bekend gemaak
Wetenskaplikes het Dinsdag bekend gemaak die nuwe fossielvonds, Homo naledi, het saam met vroeë bewoners van Afrika, die Homo sapiens – wat die direkte voorouers van die moderne mens is, gewoon.
Nuwe regulasie vir bakkies
Nuwe verkeersregulasie vir bakkies tree Donderdag in werking.
‘Eerste oorwinning in stryd teen sportkwotas’
Thulas Nxesi, die nuutverkose minister van sport, het vandag aangekondig dat die verbod wat op sportfederasies (SA Rugby, Krieket SA en Netbal SA) gelê is om internasionale toernooie aan te bied weens die feit dat hulle nie voldoende transformeer nie, opgehef is.
Massaklag teen rassisme by MRK ingedien
Die klag, wat deel vorm van die #StopRassisme-veldtog, fokus op die MRK se eensydige hantering van rassisme in Suid-Afrika.
Spanning in Coligny: Snelweg versper
Die Noordwes-polisie moes Dinsdagmiddag van traangas gebruik maak om betogers uit mekaar te dryf wat die N14-snelweg versper het.
Vier ontsnapte Kruger-leeus weer gevang
Vier van die vyf jong leeumannetjies wat vermoedelik uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is Dinsdagmiddag weer gevang.
ToekomsVenster: Waarom neem ons so maklik aanstoot?
Op die regte tyd sal die Here die deurbraak gee.
OP-liga: Despatch aan die opstaan
Sy vertoning Saterdag in die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se Grootuitdaagreeks laat dit lyk of die meermalige SA klubkampioen Despatch aan die opstaan is.
Bejaarde (83) waarsku ander ná 2 rooftogte in 2 dae
“Ek het albei kere om hulp geskree, en daar was talle mense, maar niemand het op my krete gereageer nie. Niemand het ná die tweede rooftog eens kom hoor of ek oukei is nie.”
SA’ner vas wat Everest sonder permit klim
“By die basiskamp is ek so erg geteister dat ek eerlikwaar gedink het ek gaan net daar gestenig word. Ek oordryf nie eens nie. Ek is soos ʼn moordenaar behandel.”
Pendoring-inskrywings nou oop
Opwindende en verrykende ervarings is vir vanjaar se Pendoring-wenners beskore, aangesien dié toekennings se hoogste eerbewyse vanjaar elk ʼn oorsese studiereis ter waarde van R100 000 behels.
Nuttige skakels vir ouers en onderwysers
Soek jy hulp met take of hersiening, of kom jy inspirasie kort? Het jy raad nodig met lesplanne of wil jy sommer nou al die wonderwêreld van leer speel-speel vir jou kleinding ontsluit?
Die wêreld in foto’s – 9 Mei 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Faf weer nie in Lions se 23-tal nie
Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk, wat volgens die Sale Sharks van Engeland ʼn driejaar-kontrak met hulle gesluit het, is weer nie in die Lions se 23-tal vir Vrydag (11:45) se laaste toerwedstryd in Australië nie.
[Foto’s] Oorsaak van haaie se dood bekend
Drie witdoodhaaie het die afgelope week onder verdagte omstandighede aan die kus in die Wes-Kaap uitgespoel. Al drie haaie se lewers was weg.
Akteur wat Jaguar glo dronkbestuur, verskyn in hof
Die akteur en radiopersoonlikheid wat oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem is nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het, het Dinsdag in dié stad se landdroshof verskyn.
Blitsbokke se fokus op Skotland-stryd wat die momentum moet bring
Die Blitsbokke kan in die naweek se toernooi in Parys feitlik seker maak dat hulle die 2016/’17-reekswenner van Wêreldrugby se sewesreeks is – maar dit is nie hulle onmiddellike fokus nie.
Afrikaanse sangeres ‘ontsteld, ontsenu’ ná misdaadvoorval
“Hy kon haar geskiet het, so dit kon erger gewees het. Ons is dankbaar dat sy nog vir ons en die kinders hier kan wees.”
Baba-ontvoeringsdrama: Ma, minnaar terug in hof
ʼn Volskaalse soektog is op 10 Maart na baba Siwaphiwe van stapel gestuur nadat haar ma se motor, met haar daarin, as “gekaap” aangemeld is. Haar ma het beweer sy en haar agtjarige seun is tydens die kaping uit die voertuig gegooi, waarna die kapers met die baba weggejaag het.