Sestig jaar gelede het die haaie amok gesaai in die rustige vakansiewêreld van Uvongo aan die KwaZulu-Natalse Suidkus – Swart Desember het hulle dit destyds genoem.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Mei 2017
Liggaam van vermiste meisie (3) moontlik gevind
Honderde vrywilligers soek al langer as ʼn week saam met die polisie na die vermiste driejarige dogtertjie wat in die eerste week van Mei naby haar huis vermis geraak het.
Blitse ruk reg ná vele foute en ʼn neerlaag teen Skotland
Die Blitsbokke het hulself Saterdag in Wêreldrugby se sewesreeks in Parys onder kwaai druk geplaas toe hulle in hulle eerste wedstryd teen Skotland vasgeval het.
Kings klop Sharks en maak dit drie ná mekaar
Drie na mekaar. En hierdie oorwinning teen die Sharks op die Kings se tuisveld in Port Elizabeth sou vir die Kings ongetwyfeld die soetste gewees het.
Bulls oorheers, maar laat glip ʼn sege teen die einde
Soos teen die Cheetahs verlede week het die Highlanders die Bulls teen die einde van hulle wedstryd op Loftus onverhoeds betrap en ʼn drie kort voor die einde van die wedstryd gaan druk om met 17-10 te wen.
18 beseer in ongeluk
ʼn Vrou is ernstig beseer toe die bakwerk van die voertuig waarin sy gesit het, geknak het.
Stander benoem vir Europese eer
Ierland se Suid-Afrikaanse flank, CJ Stander, is een van vyf spelers wat benoem is vir Europese Beroepsklubrugby (EPCR) se toekenning as Europese speler van die jaar.
Koalisiepolitiek in SA die toekoms, sê Maimane
“Ons mense het genoeg gehad van ANC-geborgde armoede, werkloosheid, korrupsie, misdaad, dwelms en swak dienslewering.”
Man sterf toe vragmotor bo-op motor beland
Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was, was onder die vragmotor vasgekeer nadat dié vragmotor omgeval het met die impak.
Karlien deel nóg groot nuus
Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld deel nóg groot nuus.
Energieminister gaan nié appelleer teen hofuitspraak oor kernkragplan
Die minister van energie het Saterdag gesê sy sal nie teen die Wes-Kaapse hooggeregshof appelleer dat die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram onwettig en ongrondwetlik is nie.
78-jarige vrou ‘wreedaardig’ op plaas vermoor
Die 78-jarige vrou se liggaam is deur haar kleindogter gevind.
Renosterstropers kry 18 j.
Twee mans is Vrydag deur die Modimolle-streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens sonder ʼn lisensie, die onwettige besit van ammunisie en die onwettige jag van beskermde diere.
20-jarige ‘sonskynkind’ skielik dood: ‘Net God bring troos’
“ Ek het die gevreesde oproep 04:20 die oggend gekry. Hy is oorlede – die dokters kon niks vir hom doen nie. Dit breek jou – jy is só stukkend. Maar dan troos God se genade en sy woord. Dis net belangrik dat ouers wéét en ingelig is.”
Mediaveertjie-wenners aangewys
Die gesogte ATKV-Mediaveertjies is Vrydagaand by die Lyric-teater by Gold Reef City in Johannesburg uitgedeel.
WP-liga: Valsbaai in rillerstryd teen Maties
Twee van Suid-Afrika se heel voorste rugbyklubs het in hul jongste kragmeting in die Westelike Provinsie se Superliga A vir ʼn rillerstryd van die eerste water gesorg.
Een verkool, ander man kritiek ná gru-ongeluk
Bystanders het daarin geslaag om een man uit die vlamme te ruk.
TV-evangelis was onwettig in Suid-Afrika, hoor hof
Die bekende TV-evangelis het na bewering meer as 30 meisies en vroue na ʼn huis vervoer waar hy hulle glo seksueel misbruik het.
Vrou dood tydens henneparty
ʼn 27-jarige man soek antwoorde nadat sy vrou (27) vroeër vandeesmaand tydens ʼn henneparty oorlede is.
Polisieman in hof vir omkoopgeld
Landdros Sabrina Sonnenberg het gesê dit is gevalle soos dié wat die hele Suid-Afrikaanse Polisiediens ʼn slegte naam gee.