Die Stormers-senter Shaun Treeby is geskors ná ʼn gevaarlike duikslag in sy span se Superrugbywedstryd Saterdag teen die Blues op Nuweland.
Lees meerAlles vir Sondag 21 Mei 2017
Loffie se span in Amerikaanse halfeindstryd
Die Suid-Afrikaanse afrigter Eugene (Loffie) Eloff se Austin Huns het Saterdag in Tucson, Arizona, vir die halfeindstryd van die Amerikaanse Nasionale Eerste Liga gekwalifiseer.
Specman sluit Blitsbokke se reeks op wennoot af met skitterdrie
Die Blitsbokke het die teleurstelling verwerk dat hulle in die kwarteind uitgeskakel is, en het die volgende twee wedstryde gewen om darem vyfde in Wêreldrugby se Londense toernooi te eindig.
Antieke verlore stad weer begrawe
ʼn Merkwaardige 5 000 jaar oue stad waar die inwoners oor spoeltoilette beskik het, en ’n baie doeltreffende afvoerstelsel vir reënwater gehad het, gaan weer begrawe word – om dit te bewaar.
Wêrelddag vir kulturele diversiteit gevier
Unesco se Wêrelddag vir Kulturele Diversiteit word Sondag in Suid-Afrika en baie ander lande gevier.
Ramaphosa hernu versoek vir ondersoek oor staatskaping
Dit is noodsaaklik dat ʼn onafhanklike geregtelike kommissie van ondersoek ingestel moet word om deeglik alle bewerings van “staatskaping” te ondersoek, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa Sondag gesê.
Pta-tiener al byna ʼn week lank soek
Marchain Mulder, ʼn 17-jarige meisie van Pretoria, word ná byna ʼn week steeds vermis.
Tuks, Maties tree aan vir Varsityhokkie se eindstryd
Die eindstryd van die Varsity-hokkiereeks word Maandag (18:45) tussen Tukkies en Maties op Tuks se Astro gespeel – en die gehalte van die reeks en belofte van hierdie stryd staan vir niks in Suid-Afrikaanse hokkie terug nie.
SA’ner behaal tweede plek in skoonheidskompetisie
Die Suid-Afrikaner Gerrie Havenga is Sondag in die tweede plek aangewys tydens Mister Global, ʼn skoonheidskompetisie vir mans.
Foute, dissipline kos Blitsbokke plek in halfeind
Vier uit vier keer het die Blitsbokke in Londen 12 punte aangeteken. Sondag was dit vir die tweede opeenvolgende keer nie genoeg nie en is hulle in die kwarteindronde uitgeskakel.
Vlieënier sterf tydens ligtevliegtuig-ongeluk
ʼn Vlieënier is Sondagoggend dood toe sy ligte vliegtuig naby die R59 in die rigting van Vereeniging neergestort het.
Tweejariges in Kaapstad vir rookinaseming behandel
ʼn Tweejarige tweeling word vir rookinaseming behandel nadat ʼn luguitsuier-waaier Sondag by ʼn huis in Table View in Kaapstad aan die brand geslaan het.
Helikopter-ongeluk: Twee sterk aan in hospitaal
Louw Deale en Douw Wentzel jr. sterk aan in die Unie-hospitaal in Alberton ná ʼn helikopter-ongeluk Vrydagaand.
Polisie moet selfbeheersing toepas tydens betogings, sê Sanco
Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep op die polisie gedoen om selfbeheersing te toon tydens gemeenskapsbetogings.
Ja, dit lyk of die Blou Bulle dit dalk nog het
In die Noorder- en Sentrale Afdeling lyk dit of daar interessante dae in tweede ronde van die Supersportreeks voor lê, maar in die Suide is die Westelike Provinsie nie te stuit nie.
Superrugby: Crusaders en Lions bly die beste
Dis sal darem baie onregverdig wees as die twee voorste spanne in vanjaar se Superrugbyreeks, die Crusaders en Lions, nie in die eindstryd teen mekaar speel nie.
30 vas in Limpopo oor onwettige vuurwapens, gesteelde motors
Die polisie in Limpopo het beslag gelê op ʼn groot hoeveelheid onwettige vuurwapens en gesteelde motors en verskeie persone is in hegtenis geneem tydens ʼn teen-misdaadoperasie die afgelope naweek.
Poging op Mpuma-burgemeester se lewe
Die polisie in Piet Retief stel ondersoek in ná ʼn poging tot moord op die uitvoerende burgemeester van Mkhondo-munisipaliteit.
Tiener veilig gevind ná drie weke
Die soektog na ʼn 13-jarige meisie wat drie weke gelede as vermis aangemeld is, is afgelas nadat haar niggie haar gevind het.
Kultuur van korrupsie nou deel van ANC, sê Maimane
ʼn Kultuur van korrupsie het deel geword van die ANC en dit kan nie reggestel word nie, het DA-leier Mmusi Maimane Saterdag gesê.