Die stryd Sondag in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carlton-A-liga tussen Rustenburg Impala en Quins-Bobbies-rugby op Rustenburg kan ʼn rillerstryd oplewer.
Lees meerAlles vir Vrydag 26 Mei 2017
Word Senatla nie te vroeg ryp gedruk nie?
Is Seabelo Senatla, een van internasionale sewesrugby se heel grootstes, werklik op meriete in die SA A-span in die plek van die beseerde Jamba Ulengo opgeneem?
Proteas moet nie afgeskryf word ná neerlaag
Is ʼn span regtig net so goed soos in sy laaste wedstryd?
Maimane soek antwoorde ná Zambië hom weier
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê hy sal terugkeer na Zambië al is hy Donderdagaand by sy aankoms in die land op die lughawe toegang geweier.
Twee mans oorleef noodlanding
Twee mans het Vrydag ʼn noodlanding in ʼn ligte vliegtuig tussen Wakkerstroom en Dirkiesdorp in Mpumalanga oorleef.
Soektog ná sakeman op plaas doodgeskiet is
Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na vyf gewapende mans wat Donderdagaand ʼn sakeman, in sy 60’s, op sy plaas oos van Pretoria doodgeskiet het.
ToekomsVenster: Die kerk het al minder mag in hierdie land
As ek en jy in Afrika wil heers, gaan ons waarskynlik al minder tuis voel, maar as ons besef dat God ons hier gesit het om as dienaars sy liefde sigbaar en tasbaar te maak, kan die lewe skielik baie meer sin begin maak.
Oudlanddros in hof vir ‘slenter’
“Sy het na bewering in 2011 met dié streke begin en nagenoeg R5 miljoen van slagoffers gesteel.”
Mededingingskommissie-hoë in gewapende roof
Die Mededingingskommissie het Vrydag bevestig dat sy adjunkkommissaris die slagoffer van ʼn gewapende rooftog was.
Nóg ʼn speler uit SA maak buiging vir Duitsers
Die soveelste speler uit Suid-Afrika maak Saterdag sy buiging vir Duitsland wanneer dié in Nairobi met Kenia kragte meet.
Man ernstig beseer tydens gasontploffing
“Twee blokke verder het die vensters van huise gebars. Die skroewe, bakstene en sinkplate van die motorhuis het so ver as 400 m van die toneel af gelê.”
[Video] Bekkige dogtertjie gee raad
Mia Claassens (8) van Laerskool Voorwaarts in Riversdale, Meyerton, het ʼn bekkige video op haar ma se foon geneem waarin sy raad met mense deel. Dié video het sy weg tot Facebook gevind en mense kan nie genoeg van Mia kry nie.
Graad 6-seun sterf tragies by skool
ʼn Graad 6-seun is Donderdag in ʼn fratsongeluk by ʼn Kaapstadse laerskool dood.
Opknapping kom by Grootfontein
Maroela Media kon daarin slaag om kontak te maak met die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF) om terugvoer te kry oor die bewerings.
Nóg ʼn wending in Parys-boere-saak
Nadat die sogenaamde Parys-boere-moordsaak vroeër vandeesweek onverwags vertraag is, het die saak Vrydagoggend nóg ʼn skielike wending geneem.
Hoop vir gesinne met kinders met uitdagings: fisiek, emosioneel en kognitief
“Alles sterf in jou, dit is asof jou familie ʼn doodsvonnis kry die oomblik dat jy die realiteit van die uitdagings van ʼn breinbeseerde kind in die gesig staar.” Lees die merkwaardige verhaal van twee mammas se stryd om hul breinbeseerde kinders ʼn beter lewe te probeer gee.
Reservis, patrolleerders vas vir afpersing en ontvoering
Hulle het glo ure lank met die man rondgery en R10 000 geëis.
Oppas as jy jou motor verpand
Verbruikers moet uiters versigtig wees vir skemas waarin hul voertuie en eiendom as sekuriteit gebruik word, omdat hulle die risiko loop omdit te verloor indien hulle nie betaal nie.
Eskom-werker (vrou) verdwyn spoorloos
Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn Eskom-vrouewerker wat verlede week spoorloos in Springs aan die Oos-Rand verdwyn het.
SA akteur vas ná klopjag by bordeel
Die Suid-Afrikaanse akteur staan saam met sowat 16 ander mense tereg op aanklag van mensehandel en seksuele uitbuiting.