Die voorste spanne in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks is besig om hulself al hoe dieper in te grawe.
Lees meerAlles vir Saterdag 27 Mei 2017
Vrot veldwerk, boulwerk en veral spankeuse kos Proteas die reeks
Suid-Afrika het Saterdag in Southampton die tweede eendagwedstryd met twee lopies teen Engeland en daarmee ook die reeks van drie wedstryde verloor.
KZN-liga: twee honderdtalle in voorste reeks
Die KwaZulu-Natalse Premierliga het Saterdag twee honderdtalle opgelewer om weereens die kloof tussen die twee topspanne en die res uit te lig.
Tandlose Stormers ly vyfde neerlaag in ses wedstryde
Die Sharks het Saterdagaand in Durban ʼn swaarverdiende sege van 22-10 oor die Stormers behaal.
Nóg vas ná aanval by Grande-konsert
Nóg twee mense is in hegtenis geneem in verband met die selfmoordbomaanval tydens die Amerikaanse popster Ariana Grande se konsert Maandagaand in die Manchester Arena in Engeland.
LRU-liga: Zeerust slaan voorste aanslag af
Die verdedigende kampioen, Zeerust, het Saterdag die aanslag van sy vernaamste uitdager in die Luiperdsrugbyunie (LRU) se Jaap Steynreeks afgeslaan.
Buurtwaglede red polisieman uit wrak
Verskeie Bloemfonteinse buurtwaglede het Vrydagaand tot die redding van ʼn polisiebeampte gekom. Joseph Renaud, AfriForum se streekskoördineerder van die Oos- en Noord-Vrystaat, het gesê dit…
Bulls lyk beter, maar te veel dinge haper steeds
In vele opsigte het die Bulls aangenaam met hul verbeterde spel verras en hulle moet ʼn pluimpie kry dat hulle die Hurricanes, voorste puntemakers in die Superreeks, Saterdag op Loftus tot ʼn oorwinning van 34-20 beperk het.
Kind kritiek nadat hy byna verdrink
ʼn Tweejarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Saterdag byna in ʼn swembad verdink het.
Motorfietsongeluk eis Pta-tiener
ʼn 17-jarige leerder aan Hoërskool Garsfontein in die ooste van Pretoria is Vrydagmiddag dood toe hy ná skool in ʼn motorfietsongeluk betrokke was.
Diere gered ná brand by Onderstepoort
“Ek het beeldmateriaal gesien wat deur omstanders geneem is en wat ek gesien het, het my hoendervleis gegee.”
[Foto’s] Kleuters kikker bejaardes se dag op
‘Baie bejaardes vereensaam, maar ʼn vriendelike kindergesiggie beur ʼn swaar hart gou weer op. Die interaksie is altyd baie positief.”
SAUK-baas geskors
James Aguma, die SAUK se finansiële hoof wat in Mei vanjaar as waarnemende bestuurshoof aangestel is, is geskors.
Valkeliga: Kempton kry bonuspuntsege teen Sasol
Kemptonpark het met ʼn bonuspunt gewen in sy jongste kragmeting teen Sasolburg in die Valkerugbyunie (VRU) se Merlinliga.
Cheetahs keer hulle rits neerlae om teen die Sunwolves
Die droogte is ná nege neerlae verby. Die Cheetahs het Saterdagoggend in Tokio, Japan, hul rampspoedige Superreeks ʼn katspoegie van ʼn ligpunt gegee deur die Sunwolves met 47-7 te klop.
Man sterf in Roodepoort-ongeluk
“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna die motor ongeveer 60 m ver gerol het. Die motor het op sy dak in die veld langs die pad tot stilstand gekom.”
Vermoorde man se liggaam in straat gekry, naasbestaandes gesoek
“Die man is lig van gelaat. Hy is met twee steekwonde aan sy bors aangetref en het ook ʼn steekwond aan sy regterpalm gehad.”
Toulon se halfeind-sege maak Duane laat vir die Bokke
Duane Vermeulen sal nou beslis eers in die loop van die Maandag voor die eerste toets by die Springbokgroep aansluit.
Vrystaatse polisiekommissaris verbied glo polisie om met gemeenskap saam te werk
“Hy het glo gedreig om die polisiebeamptes wat hulle hieraan skuldig maak, te dissiplineer.”
Gedagte vir die dag: Geloof kweek entoesiasme
(W)erk as slawe van Christus wat met volle oorgawe God se wil doen. Doen julle werk entoesiasties asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. (Efesiërs 6:6–7, NLV)