Twee persone is by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat doeanebeamptes twee sakke met 10 renosterhorings met ʼn geraamde waarde van R4,99 miljoen onderskep het.
Lees meerAlles vir Maandag 12 Junie 2017
Wes-Kaapse damvlakke styg slegs met 1,5%
Ondanks ʼn paar dae met swaar reën het damme wat die Kaapse Skiereiland van water bedien, slegs met 1,5% gestyg, het die Stad Kaapstad Maandag gesê.
Guptas se burgerskap ‘onregmatig’ toegeken, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandag aangevoer Malusi Gigaba het onwettig burgerskap aan die Gupta-familie toegeken terwyl hy die minister van binnelandse sake was.
Panayiotou se prokureurs wil hê regter moet onttrek
Die verdedigingspan vir die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou het aangedui hulle sal ʼn aansoek bring dat regter Dayalin Chetty uit die saak moet onttrek.
Junior Bokke: skakelpaar moet vlugvoetige snellers reg aanwend
Nog ver van afgerond af, maar baie effektief. Dis Georgië se pak voorspelers. En Argentinië, allermins ʼn hierjy-span, is met 11 drieë deur die Junior Springbokke dronk gehardloop.
Zuma bring voorwaardelike aansoek oor hersiening van Madonsela-verslag
Pres. Jacob Zuma het ʼn voorwaardelike teenaansoek gebring teen die DA se aansoek in die Pretoriase hooggeregshof vir ʼn bevel dat hy die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela se opdrag, om staatskaping te ondersoek, geïgnoreer het.
ToekomsVenster: Kom sit weer by die tafel
Here, help my om te onthou dat U die middelpunt is; dat ek altyd rondom U sal sirkel.
Kriel uit die tweede toets; Mapoe lyk na sy plaasvervanger
Die Springboksenter Jesse Kriel wat saam met Jan Serfontein in die middelveld een van die groot suksesse teen die Franse op Loftus was, sal nie Saterdag in Durban in die tweede toets kan speel nie.
SAUK-raad steek Motsoeneng in die pad
Die voormalige uitvoerende bedryfsbeampte van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, is Maandag afgedank ná ʼn aanbeveling deur die voorsitter van ʼn dissiplinêre paneel.
Paramedikus bedank ná uitlatings oor Knysna-brande
Die paramedikus wat geskors is na ‘n uitlating wat hy glo op sosiale media gemaak het rakende die verwoestende brande in Knysna, het bedank.
‘Keerpunt’ vir Pippie se herstel
Toe Maroela Media in Januarie vanjaar berig het oor hoe dit met Pippie Kruger (8) gaan nadat sy vyf jaar gelede erge brandwonde opgedoen het, het haar ma glad nie geweet dié berig sou tot ʼn keerpunt in Pippie se lang herstelpad lei.
Oom Herrie se kerrie: Hoe ry die trein!
Kyk, treinry het sy nadele gehad, veral as ’n mens die melktrein op ’n lang roete “geslaan” het. Maar min dinge was ook so lekker soos treinry…
Die wêreld in foto’s – 12 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Groot-Brittanje: skok-verkiesingsuitslag
Die groot vraag is natuurlik nou hoe die uitslag die Brexit-onderhandelinge gaan beïnvloed. May gaan nou swakker na die onderhandelinge, wat oor minder as twee weke moet begin. Heel moontlik gaan die onderhandelinge eers uitgestel moet word.
Motsoeneng glo skuldig bevind
Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, is glo skuldig bevind tydens ʼn interne tugverhoor.
Goud teen kanker ingespan
Goue nanopartikels kan ingespan word om kankergewasse meer soos deur ’n skerpskutter as deur ʼn haelgeweerskoot te teiken.
TV-en-radio-omroeper vertel van noue ontkoming
“Ek weet ek het seker alles gedoen wat ʼn mens nié in so ʼn situasie moet doen nie. Ek weet nie of dit skok, instink of adrenalien is nie, maar ek het dit net verloor en geweier om te gaan lê.”
Verkragting kom aan lig toe gestremde swanger raak
ʼn Man (40) is swaar gestraf vir die herhaaldelike verkragting van sy verstandelik gestremde familielid.
Nieu-Seeland sê gestremde kind (5) moet terug na SA
Die Suid-Afrikaanse gesin is “platgeslaan” oor die hof se beslissing.
Aarto-werkers staak oor werksure
“Ons lede by RTIA is vasbeslote dat hulle sal aanhou staak totdat hulle besware gehoor word. Ons nooi die bestuur uit na die samesprekingstafel om te verhoed dat dienste aan motoriste ontwrig word.”