Rugby hoef nie altyd volgens die handleiding gespeel te word nie, soos die kragmeting tussen Suid-Afrika A en die Franse Barbarians Vrydag in Durban getuig het.
Lees meerAlles vir Vrydag 16 Junie 2017
[Video] Maklike Vadersdag-geskenke
Sondag is Vadersdag en as jy nog nie ʼn idee het vir ʼn geskenk nie, kan jy nog vinnig self inspring en jou eie geskenke maak.
Cosby-jurie wil definisie hê van ‘bo redelike twyfel’
Die jurie is al vir vyf dae lank besig om te beraadslaag ná die komediant Bill Cosby se verhoor.
ToekomsVenster: ’n Sondag
Dankie Here vir die hoop van ’n môre. Dankie dat hierdie hoop in my leef. Help my om die hoop met ander te deel.
Nog ʼn hoë hekkie wag op die Leeus
Die Britse en Ierse Leeus kom Saterdagoggend (09:35) voor nog ʼn groot toets te staan wanneer hulle in Rotorua teen die Maori All Blacks speel.
4 000 Amerikaanse troepe na Afghanistan ontplooi
Die Pentagon sal byna 4 000 bykomende Amerikaanse soldate na Afghanistan stuur, het ʼn beampte in die Trump-administrasie Donderdag gesê.
Hierdie Bokke moet in moeilike Durban hul sege herhaal
Dit is ongewoon om onder die afrigting van Allister Coetzee twee weke na mekaar feitlik dieselfde Springbokfoto te kan plaas.
Staking by binnelandse sake afgeweer
Die vakbond Nehawu het ʼn ooreenkoms met die departement van binnelandse sake onderteken om ʼn dreigende staking oor werksure by die departement af te weer.
Tiener sit lank ná moord oor tabletrekenaar
ʼn 19-jarige is gevonnis nadat hy ʼn student aan die Universiteit van Limpopo in Polokwane (Pietersburg) vermoor het vir sy tabletrekenaar.
Zuma uitgejou by Jeugdagvieringe in Ventersdorp
Pres. Jacob Zuma is Vrydag uitgejou in Ventersdorp, Noordwes, toe hy met sy toespraak vir Jeugdag wou begin.
[Video] Vinnigste tyd vir vyf ballonvoorwerpe
Die 35-jarige Ryan Tracey was nog nie vantevore op enige verhoog voordat hy deelgeneem het aan ITV se gewilde program, Britain’s Got Talent nie.
Bokke moet die regte pad vorentoe wys
Die Engelse sê mos die bewyse lê in die poeding, of so iets. En wanneer die Bokke die Franse Saterdag op Kingspark in die tweede van drie toetse pak, sal daar nog groter duidelikheid oor die Bokke se vordering sedert verlede jaar se geploeter wees
Die wonderwerk-halfeind op Kingspark … 22 jaar later
Daar is sekere rugbydae wat ʼn mens nooit sal vergeet nie, soos Saterdag, 17 Junie 1995.
Ekonomiese uitskieter die teiken
Dit is juis wat die Suid-Afrikaanse boere doen. Hulle boer oor dekades heen, kundigheid is van geslag tot geslag oorgedra, hulle ken die klimaat en die boerderytoestande. En terwyl die res van die land geleidelik na die rommelhoop gly, blink die boere uit en toon die grootste enkele groei in die ekonomie.
Vadersdag: ’n Pa se mandaat
Sondag is dit Vadersdag, ’n baie goeie dag om dankbaarheid teenoor ons pa’s te betuig. Dit is egter ook ’n baie goeie dag vir ons as pa’s om mooi te besin oor ons mandaat as die pa van ons kinders en die hoofde van ons huisgesinne.
Vandag se sportnuus
Alles wat jy moet weet oor vandag en die naweek se sportgebeure.
Vakbonde verklaar dispuut teen werkgewers
Die vakbond Solidariteit het Donderdag saam met verskeie ander vakbonde ʼn dispuut teen werkgewers in die metaal- en ingenieursbedryf verklaar in die loononderhandelinge wat tans by die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) aan die gang is.
ANC-beleid laat jeug werkloos
“Op hierdie manier behandel die regering die jeug soos sampioene: Hou hulle oningelig in die donker en voed hulle op ʼn dieet van leuens en propaganda om die regering se mislukkings te verbloem.”
Vier van SA onder rekord-44 in Amerikaanse Ope
Ricky Fowler het Donderdag slegs die derde speler geword wat in 117 toernooie ʼn telling van sewe houe onder syfer in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope kon aanteken – en hy was die enigste van die toptien spelers wat beter as syfer gespeel het.
‘Rowers’ aangekeer ná hoëspoedjaagtog in Kaapstad
Twee mans is in hegtenis geneem wat in ʼn gehuurde motor gery het waar vermoedelik gesteelde eiendom en huisbraaktoerusting gevind is.