Dis wel ʼn ander soort krieket, maar tog is dit ʼn kans vir die Proteas om hul verlore aansien en gekrenkte ego’s te red.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 Junie 2017
BBRU-liga: kampioen nie maklik onttroon
Met die rondomtalie van die Carlton-A-liga wat end se kant toe staan, is dit duidelik dat die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se kampioen, Centurion, nie maklik sy kroon sal afstaan nie.
20-jarige skuldig bevind ná tiener se selfmoord
Michelle Carter, wat haar kêrel deur telefoonoproepe en teksboodskappe aangemoedig het om homself om die lewe te bring, is skuldig bevind aan die tiener se dood.
DA staan OB se bevel teen Absa en SARB teen
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê die openbare beskermer oortree haar magte met die opdrag dat Absa ʼn bedrag van R1,125 miljard, wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank geskenk is, aan Bankorp moet terugbetaal.
Man gevonnis ná sewejarige se dood
Jan Bester (36) is in die De Aar-hooggeregshof gevonnis op aanklag van moord van die sewejarige William Duiker.
Rowers het man van bank agtervolg voor Sandton-skietery
Vier rowers het ʼn man Dinsdag van ʼn bank agtervolg voordat hulle hom by ʼn verkeerslig in Sandton doodgeskiet het.
Dwelmmuile by OR Tambo aangekeer
Twee vermeende dwelmmuile en drie persone wat goedere na Suid-Afrika wou smokkel, is by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg in hegtenis geneem.
ToekomsVenster: Twyfel jy soms?
Here help my om te twyfel. Help my om U waarlik te leer ken.
Man glo tydens rusie doodgeskiet
“Ons het ons verskille gehad Pa, maar een ding is verseker – ons het mekaar altyd lief gehad.”
Vrou sluk ringe tydens rooftog
“Niemand kan verduidelik wat tydens só situasie in jou kop aangaan nie. In daardie oomblik het ek net my komberse oor my getrek en gehoop die Here beskerm my.”
Die wêreld in foto’s – 20 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Man op Magoebaskloof-kleinhoewe oorval
ʼn Man, in sy 50’s, is Dinsdag helder oordag op ʼn kleinhoewe in die Magoebaskloof-omgewing in Limpopo oorval.
KZN-liga: College Rovers stu onstuitbaar voort
Daar is eenvoudig geen keer nie aan College Rovers, die verdedigende kampioen in die KwaZulu-Natalse Premierliga.
Die Moorbekerhouer het Richardsbaai in die jongste weekronde met 80-0 opgefrommel.
OB maak ʼn fout, sê kenners
“Ons moet alles in ons vermoë doen om die land se ekonomie uit sy rommelstatus te lig en die kommentaar van die OB is net so jammer as onverantwoordelik omdat dit ons aandag van hierdie belangrike taak aflei.”
Cronjé uit derde toets, maar Kriel sal speel
Jesse Kriel sal Saterdag vir die Springbokke op buitesenter uitdraf waar hy saam met Jan Serfontein so blink in die eerste toets teen Frankryk vertoon het, maar die skrumskakel Ross Cronjé sal nie speel nie.
Oudskoolhoof wat glo skolier verkrag, wil borgtog vra
ʼn Voormalige skoolhoof van ʼn private skool in Limpopo wat in hegtenis geneem is vir die beweerde verkragting van ʼn 15-jarige meisie, het Dinsdag in die hof verskyn.
Polisie waarsku teen dié snelweg
Patrollies is op ʼn gedeelte van die snelweg verskerp nadat die metropolisie inligting ontvang het dat motoriste deur misdadigers geteiken word.
Absa oorweeg regstappe teen OB
“Die bank is nou besig om die verslag te bestudeer en oorweeg om regstappe te neem om die OB se aanbevelings tersyde te laat stel.”
DG daag nie op vir parlementêre sitting
LP’s was warm onder die kraag toe Mkuseli Apleni, direkteur-generaal (DG) van binnelandse sake, nie vandag opgedaag het by ʼn voorlegging oor waarom die Gupta-familie vroeë naturalisasie toegestaan is nie.
[Video] Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek
ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi.