ʼn Mens kla mos nie met ʼn witbrood onder die arm nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Junie 2017
Skuldige agter wêreldwye kuberaanval bekend
Nadat duisende rekenaars wêreldwyd vroeër in Meimaand deur kuberaanvalle geteister is, het kundiges van die VK en VSA nou glo die skuldiges vasgetrek.
4 sterf, 17 beseer in botsing
Die wrakstukke van die ongeluk, wat laat Vrydagaand gebeur het, het oor die pad versprei gelê. Talle beseerdes het ook rondom die voertuie in die pad gelê.
Skerpskutter dood ISIS-rebel oor verste afstand nóg
’n Kanadese skerpskutter het ’n rebel van Isis oor die verste afstand nóg doodgeskiet, en so ’n nuwe wêreldrekord opgestel.
Warren Whiteley nié in toets teen Franse
Die Springbokkaptein Warren Whiteley sal nié aan Saterdagmiddag se kragmeting teen Frankryk deelneem nie.
Hof genader na heraanstelling van polisielid ná rasherrie
Die polisielid het rassistiese uitlatings op Facebook gemaak.
Pa van moord verdink ná seun vermis raak
“My enigste afleiding is dat ek aangeval is, veral omdat ek bewusteloos daar gelê het. Ek en my familie is gebroke omdat hy vermis is en dalk seergemaak kan word,” het die pa voor hy in hegtenis geneem is, laat hoor.
Akteur sê jammer ná sluipmoord-grap oor Donald Trump
“Ek vra om verskoning vir die swak grap oor president Trump. Dit het nie uitgekom soos ek dit bedoel het nie, en ek het geen kwaad daarmee bedoel nie. Ek wou niemand daarmee benadeel het nie.”
Vrou sterf ná trein haar tref
Die vrou was reeds dood met die aankoms van die nooddienste op die toneel.
Ouma en kleinseun wat alles in brand verloor, se projek roer harte
Selfs al moes sy te voet van haar brandende huis vlug nadat haar motor tydens die Knysna-brande onklaar geraak het, het dié ouma en haar kleinseun nou ʼn projek begin wat duisende harte roer.
All Blacks speel Leeus voorlangs kis
Dit is afgesaag om dit te sê, maar jy het die bal nodig om mee te speel. Dit het die Britse en Ierse Leeus nie gehad nie, en hulle het Saterdag die eerste toets teen die All Blacks op Edenpark met 15-30 verloor.
[Foto’s] Familie groet boer wat in helikopter-ongeluk sterf
“Ons mis jou op aarde my lief. Ons sien uit na die weer sien, en kan nie wag nie. Jy was die beste man vir my en jy was die beste pa vir ons kinders. Ek was elke dag van my lewe lief vir jou.”
Karabo Mokoena se kêrel in hof vir borgtogaansoek
ʼn Ondersoekbeampte het in die Johannesburgse landdroshof oor die gru-moord gepraat waarop Mokoena se kêrel glo aanvanklik skuld beken het. Meer besonderhede is bekend gemaak.
18 gewapende mans beroof sentrum, skiet man dood
Sommige van die swaar gewapende mans het omliggende paaie versper, terwyl die res van die groep die veiligheidswagte en ander lede van die publiek met wapens beveel het om op die grond te lê. Een man is dood in die voorval.
Waarskuwing aan grondeienaars uitgereik
ʼn Dringende waarskuwing teen nuwe grondbesettingstrategieë wat eienaars moontlik onkant mag tref en eienaars duisende uit die sak kan jaag, is Vrydag aan grondeienaars uitgereik.
Twee van Pta kritiek ná aanval by kitsbank
Die een man is drie keer in die bors gesteek, terwyl die ander man twee keer in die rug gesteek is. Albei is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal.
Ouers gewaarsku teen ‘fidget spinners’
Talle gevalle waar kinders in die hospitaal beland het as gevolg van die gevare van dié ‘speelding’, het ʼn waghondgroep nou genoop om ʼn waarskuwing aan alle ouers oor dié sogenaamde ‘fidget spinner’ uit te reik.
Gedagte vir die dag: Vlug kan oorwinning wees
U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil. (Psalm 144:2)