Damvlakke in die Wes-Kaap het effens gestyg.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Junie 2017
Groep verdagtes soek ná aanval op vulstasie
ʼn Hilux-bakkie, Toyota Fortuner en BMW is gebruik tydens die aanval waarin ʼn kitsbank en kluis opgeblaas is.
KZN-liga: wegholseges kenmerk weekronde
Wegholseges het het weer Saterdag se wedstryde in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga gekenmerk.
[Foto’s] Polisiebeampte, verdagtes vas ná sakeroof
“Die rooftog het Saterdag plaasgevind. ʼn Groep van sewe mans het ʼn bakkery binnegestorm en die eienaar en sy vrou beroof terwyl hulle geld getel het. Hulle het van die toneel gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant,” het Hlathi gesê.
Botha-skorsing knou Sharks se feitlik onhaalbare kanse
Die skorsing van die Sharks se slot Ruan Botha het die reeds baie skraal kanse van sy span om hul Superkwarteind in Suid-Afrika te speel, waarskynlik ʼn laaste knou gegee.
Man ernstig beseer ná sy hand in snippermasjien vassit.
’n Man (22) is vanoggend ernstig beseer in ʼn industriële ongeluk in Vanderbijlpark.
Geliefde Afrikaanse skrywer verloof
“Miskien sal ek eendag ’n boek daaroor skryf: hoe ons afsonderlik moedeloos en gekwel was, hoe ons ontmoet het, hoe ons verlief geraak het.”
ToekomsVenster: Bekyk die ewige lewe deur ’n vergrootglas
Ek wil graag U hand vat en saam met U deelneem aan U bevrydende werk in die wêreld.
Die wêreld in foto’s – 26 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
“Ons is jammer,” sê Spur
“Ons het besef dat ons die afgelope paar maande nie na ons kliënte geluister het nie. Die onlangse konfrontasie tussen twee kliënte en die gevolglike reaksie, het ʼn kragtige boodskap tuisgebring en dit is dat ons gehoor moet gee aan ons kliënte se behoeftes en hul frustrasies.”
Coligny-moordsaak ‘moet vinnig afgehandel word’
Die oorledene se pa het Maandag ʼn paar keer voor die hofverrigtinge begin het aan die mans gesê om hul koppe op te lig. “Hou julle koppe op, hoekom kruip julle weg?”
Man kritiek ná hond hom aanval
“Die hond het die man aan die arm gebyt en grond toe geruk, waarna die hond hom in die gesig gebyt het.”
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 26 Junie 2017
Elvis Blue behou die nommer 1-posisie vir ʼn vierde week met sy nuutste enkelsnit, “Die Brug”.
Balfour-plaasmoord: Twee hoor dan oor borgtog
Twee mans het Maandag weer in die Balfour-landdroshof verskyn in verband met die gru-plaasmoord waarin vier gesinslede vroeër vandeesjaar vermoor is.
Wiskunde-winterskool vir matrieks aangebied
“Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hulle deeglike hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen.”
Aanhangers gons oor dié foto van Manie en sy nooi
“Ongelukkig het my dogter se hand gebewe en nou blur die foto so bietjie. Gelukkig is die idee darem daar.”
[Video en foto’s] Betogers maak amok in Benoni
ʼn Groep betogers het Maandag in die strate van Benoni aan die Oos-Rand ingevaar en onder meer erge skade aan die plaaslike brandweerstasie aangerig.
Gevangenes in tronk deur ontkleedansers vermaak
James Smalberger, waarnemende hoofkommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Maandag tydens ʼn mediakonferensie die egtheid van die foto’s bevestig.
Verhaal van drawwer en weggooihondjie in fliek, boek omskep
“Dit was definitief die noodlot wat ons bymekaar gebring het, en ek is so bly sy het my gekies. Sy het baie vreugde vir mense reg oor die wêreld gebring met haar storie.”
Man sterf op Wes-Kaapse strand
ʼn Man is Sondagoggend op ʼn strand in Witsand in die Wes-Kaap dood nadat hy skielik bewusteloos geraak en inmekaargesak het.