Supersport se Kaapse rugbyfees in die Groenpunt-atletiekstadion kon toe slegs sewe drieë oplewer teenoor die 27 wat in die vorige dag se twee kwarteindstryde gedruk is.
Lees meerAlles vir Sondag 2 Julie 2017
Ontvoerde SA’ner in Al-Kaïda-video
ʼn Stem op die video sê: “Geen werklike onderhandelinge het nog begin om jul kinders te red nie.”
‘Inhegtenisnemings kom’ ná BLF joernaliste dreig
Black First Land First het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle joernaliste by die naam noem wat hulle “voortaan sal teiken in hul protesaksies teen wit media”.
Vyf sterf op paaie in Mpumalanga
Vyf mense is Sondag in verskillende voorvalle op Mpumalanga se paaie dood.
[Foto’s] Kletsrymer vas ná nagklub-skietery
“Ek het net my oë toegeknyp, op die grond gelê en my hande oor my kop gesit.”
Nuwe datum vir mosie van wantroue vasgestel
Die parlement het Sondag gesê die datum wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma gedebatteer sal word, is verander.
Twee geskors ná handgemeen
Twee spelers is Sondag deur Sanzaar geskors nadat hulle Saterdag in ʼn Superrugbywedstryd handgemeen geraak het.
Vermiste NW-vrou se liggaam gevind
Elsa Erasmus, die vrou van die Schweizer-Reneke-distrik in Noordwes wat sedert Saterdag vermis was, se liggaam is gevind.
Twee brand dood, 15 beseer toe taxi rol
“Met ons aankoms op die toneel was dit absolute chaos.”
Vermiste kind (5) se lyk ná twee maande gevind
Volgens die polisie het hulle na die gebied teruggekeer om “bykomende bewyse te vind” toe hulle op die seuntjie se liggaam afgekom het.
Soektog duur voort ná meisie (7) in see verdwyn
Tot dusver is daar nog geen teken van die meisie nie, maar daar is wel van haar klere in die water gevind.
Uitgedunde Namibië ransel Tunisië deeglik af
ʼn Uitgedunde Namibiese span het Saterdag in Monastir, Tunisië, getoon hy sal vanjaar nie maklik sy titel as Afrika-kampioen afstaan nie.
NW-vrou ná vermoedelike inbraak vermis
Iemand is na die plaas, waar die vrou alleen woon, om ondersoek in te stel en het gesien dat die huis binne omgekeer is asof daar ʼn inbraak was.
VSA Arende se rekordsege terugslag vir Kanada se WB-deelname
Kanada het Sondagoggend met 16-52 teen die VSA Arende pak gekry in die twee spanne se tweede kwalifiserende wedstryd vir die 2023 Wêreldbekertoernooi en loop gevaar om hul eerste toernooi nóg mis te loop.
Brand by munisipale gebou ondersoek
Die voorval kom nadat brande vroeër vandeesweek by twee premierskantore uitgebreek het.
Bokke kán die All Blacks klop … of praat ons gans te gou?
Die All Blacks se neerlaag in Saterdag se tweede toets in Wellington teen die Britse en Ierse Leeus moet die hoop in die Springbokkamp laat opvlam vir die komende Rugbykampioenskap.
Reddingsboei aan SAL ‘sal geen verskil maak’
Die DA het Saterdag gesê die jongste reddingsboei wat die regering na die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) uitgooi, sal niks doen om die lugredery se geldkrisis op te los nie.
Twee van SA voor vuilspelkomitee ná rooi kaarte
Twee Suid-Afrikaanse spelers moet Sondag voor Sanzaar se vuilspelkomitee verskyn nadat hulle Saterdag rooi kaarte in die Superrugbyreeks op die lyf geloop het.
SA vrou bereik Everest-piek ná vorige poging in nagmerrie ontaard
Wilmien van der Merwe het onlangs haar droom bewaarheid om een van die min Suid-Afrikaanse vroue te word om die piek van Everest te bereik – dit nadat dié droom in 2015 in ʼn nagmerrie ontaard het.
Man vas wat ouma glo vir erfporsie vermoor
Nadat ʼn 79-jarige vrou van Limpopo in Mei “brutaal vermoor” is, is haar 18-jarige kleinseun pas in verband met haar moord in hegtenis geneem.